CFJ
Oct 30th 2007, 08:47 PM
Die volgende inligting is verkry uit 'n boek, Die Wederkoms van Christus, deur ds. Hennie Prinsloo, bl. 11,
En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
(Mat 24:6-7)
Jesus het voorspel dat die wêreld in die eindtyd 'n kookpot van oorloë, revolusies en opstande sou word namate ons nader aan Sy werderkoms beweeg. Die grootste oorloë wat ooit ooit op aarde geveg is, het in die 20ste eeu voorgekom:
Wêreldoorlog I, 1914 - 1918. 27 Nasies het mekaar die stryd aangesê en ongeveer 10 miljoen mense is in hierdie oorlog dood.
Wêreldoorlog II, 1939 - 1945. Tussen 53 en 60 miljoen mense is in hierdie oorlog dood.
Sedert 1900, m.a.w. net in hierdie eeu (tot 2000), het meer as 100 miljoen mense in oorloë gesterf.
In 1993 alleen het daar 29 groot oorloë in die wêreld gewoed.
Geweld is 'n teken van die eindtyd:
En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:
(Luk 17:26)
Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.
(Gen 6:11)