PDA

View Full Version : Die doel en aard van die Bybelskool

Philip dT
Mar 18th 2008, 02:33 PM
Hierdie nuwe forum-afdeling het ontstaan vanuit gesprekke tussen my (Philip du Toit), Ferdi Alberts (CFJ) en Anton Van Straaten (Antonvs). Daar het 'n behoefte ontstaan na 'n aanlyn bybelskool waarin gebruikers basiese eksegetiese en teologiese vaardighede kan bekom, asook om 'n basiese kennis van die grondtale waarin die Bybel geskryf is, op te doen. Ek en Anton is die modereerders van die forum.

Die doel en aard van hierdie subforum:

1. Die bedoeling is om kort kursusse of lesings aan te bied wat die gebruiker in staat sal stel om 'n basiese teologiese kennis op te doen en hom / haar die vaardigheid sal gee om self by antwoorde in die Bybel uit te kom, deur middel van metodes van eksegese en interpretasie van die Bybel.

2. Die subforum is dus nie bedoel as debatsforum of forum waar ons ons standpunte teenoor mekaar gaan afspeel nie. Daar is genoeg ander subforums daarvoor.

3. Hier is wel ruimte om verskillende interpretasies aan die orde te stel, maar dit gaan op 'n objektiewe manier aangebied word. Die doel is die verskaffing van informasie en / of metodes van interpretasie.

4. Hier is ook geleendheid vir vrae wat ons so objektief as moontlik wil probeer beantwoord. Die oomblik wanneer die onderwerpe meer in die rigting van diskussie beweeg, sal dit verskuif word na die toepaslike subforums.

5. Vir die begin gaan ek en Anton ons eie onderwerpe inlei en hanteer (met wedersydse insette). Ons sal sien hoe dit ontwikkel en die styl moontlik dienooreenkomstig aanpas.

6. Ons sal ook 'n tipe gradering plaas op die lesings (basies, gevorderd, tegnies). Die leser kan dan self kies hoe diep hy / sy wil delf.

Enige voorstelle sal waardeer word.

protea
Mar 18th 2008, 06:30 PM

Dis n WONDERLIKE idee en ek is seker almal sal met my saamstem! Skuif die boeke OOR Jesus van die tafel af en bestudeer GOD SE WOORD! Of is ek nou darem bietjie radikaal? Ek het net so n DING oor almal wat dagstukkieboeke skryf , vandaar my reaksie...

Mag die Bybelskool geseend wees!

Yolande~
Mar 18th 2008, 08:30 PM
Baie goeie idee!
Wie gaan die inhoud publiseer.
Ek het idees as julle sou wou hoor...ons kan bietjie gesels af lyn.

Julle ouens doen wonderlike werk!

Ta-An
Mar 18th 2008, 09:06 PM
"Skool": Gaan ons toets skryf?? :hmm: :D

Phil Fourie
Mar 19th 2008, 05:40 AM
Dankie Philip en Anton, ons weet ons kan hierdie in julle bekwame hande los en sien uit na dit wat julle ons gaan bring. Sou julle enige hulp nodig h (met hulp bedoel ek modereringshulp, want ek dink julle is meer as bekwaam in die veld ;) ), laat weet net, ek help graag.

Ek bid julle die Here se sen toe in hierdie projek

Groete
Phil

Philip dT
Mar 19th 2008, 12:05 PM
Dankie Phil.

ACCM.

"Skool": Gaan ons toets skryf?? :hmm: :D

Ek het nogal daarin gedink... Maar hoe gaan ons seker maak dat niemand koekeloer nie?

Ta-An
Mar 19th 2008, 06:11 PM
ACCM.

Ek het nogal daarin gedink... Maar hoe gaan ons seker maak dat niemand koekeloer nie? 'n Mens koekeloer net as jy wegkruipertjie speel ;)

Ek dink dit is 'n puik idee vir 'n forum :idea:
Sterkte!!

CFJ
Mar 26th 2008, 10:01 AM
Net iets wat ek sommer so sit en dink. In alle waarskynlikheid sal meeste mense nie hier kom lees nie, maar die wat ernstig oor 'n bediening is, kan mens aanvaar sal veel eerder 'n forum soos hierdie besoek.

Al word hier net een mens opgelei, kan mens nooit bepaal hoe groot vis dit is, wat vir die Here gevang is nie. Abraham Kuyper het vele visse (duisende) vir die Here gevang, omdat hy gawes gehad het en teologies dinge vir mense kon uitklaar, wat meeste mense nie instaat is, om te kan doen nie. 'n Ou wasvrou het hom egter na die Here gelei, na hy al 'n doktor in godsgeleerdheid was. Sy het bloot ges dat hy nog nie God se Gees het nie en daardie woorde het hom tot God gelei. Sy het net een vis vir die Here gevang, maar die vis wat sy gevang het, het duisende ander visse gevang. Al daardie duisende sal haar ook toegereken word. :)

Miskien is dit hoe mens moet kyk na hierdie forum, om mense op te lei in die Here en om hulle diensbaar te maak en by te staan, in sovrre teologie 'n bydrae kan maak, saam met al die ander geestelike toerusting wat elders in Lighuis en op Bibleforums is. Die moderators wat verantwoordelik vir hierdie forum is, het ons almal se bemoediging nodig. Wat hulle hier doen is die vrug van 'n forum soos hierdie, want gelowiges moet kan bedien en hier kan mens die nodige struktuur verskaf, aan sulke gelowiges. Mense het vrae en iemand wat verantwoordelik in hul bediening staan, gaan iewers met suiwer teologiese begrippe te doen kry, inteendeel, gaan gereeld met teologiese begrippe te doen kry. Teologie is aan die einde van die dag onlosmaaklik verbind aan enige bediening. Selfs leke-predikers maak suiwer gebruik van teologie en mens hoop dat soveel as moontlik mense dit wat hier verskaf word, sal benut tot volle voordeel.

EngelHart
Mar 27th 2008, 08:36 AM
Mag God hierdie forum sen!

MrT
Mar 30th 2008, 12:19 PM
Beslis 'n briljante idee! Dankie en mag God die aktiwiteite seen!

koekoes
Apr 10th 2008, 04:48 PM
Waar doen ek aansoek.Dit is presies wat ek gesoek het,maar nou is ek baie dom met rekenaars en forums maar bereid om te leer soos julle kan sien.Laat ek net se ek het al baie ure op die internet en op webblaaie gespandeer om n forum te soek soos julle.Party se taal gebruik was so kru dat ek onmiddelik die blaaie toe gemaak het en verder gesoek,party was ooglopend deur dwaalleer deurspek dat jy maar padgegee het en verder gesoek het.Ek het net geweet ek sal die regte blad eendag raakloop en deur God se groot genade het ek toe by julle uitgekom.Want God se woord leer ons wie soek sal vind.Ek is baie dankbaar want dit voel vir my ek het tuis gekom .. kan julle my asb verder help?
Groete in Jesus..Koekoes:D

Antonvs
Apr 10th 2008, 06:59 PM
Waarom spring jy nie weg met ons Bybelstudie maraton - gaan na die skakel Bybelstudie Maraton 2008

Welkom, en klik net hier http://bibleforums.org/showthread.php?t=120525

Willem
Sep 9th 2008, 11:09 PM
Hi Anton,

Ek probeer duer forums volg, en wil die files dload, maar word vir login gevra ( het IE7 ) en wou weet of die files nog beskikbaar is?

Besef het seriouuuus studie nodig:idea: Kort baie help met die struktuur en rigitng van die studies.. dink ook dat die basic ? doctrines ? goed sal wees sodat ek kan verstaan wat Woord se behalwe dat ek in Jesus moet glo as God se seun wat mens geword het en ons sondes op Hom geneem het om ons met God te versoen, deur Sy kruisdood ons van sonde verlos het en dat ons in Hom geheilig word.

Antonvs
Sep 10th 2008, 06:39 AM
Hi Willem

Ek sal jou begelei deur die Kursus - laat weet my deur
kort-boodskap (personal message) jou email en dan
werk ons dit so deur.

MercyChild
Oct 29th 2008, 08:53 AM
Ek sal graag deel wil hieraan om meer te leer, het maar min insig oor die bybel en brand om meer te kan verstaan.

Ek het Johannes begin lees, maar alles maak nie altyd sin nie. Ek wil regtig meer weet, en brand om meer van Jesus te weet en verstaan.

Ek is 'n afrikaner in hongarye, en ons verstaan glad nie mekaar nie. Dus is dit moeilik vir my om iemand te benader om verduidelikings te gee aan wat ek nie verstaan nie.

Regtig gretig om meer te weet.

Antonvs
Oct 29th 2008, 11:31 PM
Hi Linda

As ek dink aan Hongarye dink ek aan Hongaarse Goulash Sop - mMMMM

Linda, kom ek begely jou deur die Boek van Kolossense - dis dalk 'n bietjie makliker - al wat ek vra is een uur ses dae per week.

Hoe klink dit?

MercyChild
Oct 30th 2008, 03:20 PM
Hi Linda

As ek dink aan Hongarye dink ek aan Hongaarse Goulash Sop - mMMMM

Linda, kom ek begely jou deur die Boek van Kolossense - dis dalk 'n bietjie makliker - al wat ek vra is een uur ses dae per week.

Hoe klink dit?

Ek dink ons het 'n deal. Ek begin sommer van vandag af! :)

Antonvs
Oct 31st 2008, 05:43 AM
Ek maak 'n Draad oop Kolossense Studie

Volg net die opdragte en instruksies.

Groete
Anton

MercyChild
Oct 31st 2008, 07:00 AM
Ek maak 'n Draad oop Kolossense Studie

Volg net die opdragte en instruksies.

Groete
Anton

Dankie ek sal dit beslis volg. Ek het regtig 'n honger na die Woord en wil dit baie graag verstaan. Ek lees redelik baie en leer ongelooflike inligting, sal oor die naweek my tyd neem om Kolosense beter te leer ken.

Baie dankie vir die leiding!:D

MercyChild
Nov 1st 2008, 02:37 PM
Het Kol seker tien maal deur gelees alreeds, en begryp nog nie alles nie, maar ek sal solank begin volg.

Dit was vir my nogal mooi uiteengesit. Ek het werklik van die boek gehou!:)

CFJ
Nov 1st 2008, 05:47 PM
Het Kol seker tien maal deur gelees alreeds, en begryp nog nie alles nie, maar ek sal solank begin volg.

Dit was vir my nogal mooi uiteengesit. Ek het werklik van die boek gehou!:)

Linda,

Die draad wat Anton oopgemaak het vir hierdie studie, kan jy op hierdie skakel kry... (http://bibleforums.org/showthread.php?t=145550)

Al jou werkopdragte en ook agtergrond oor hierdie boek, Kolossense, sal jy op die skakel vind. Sterkte!

MercyChild
Nov 1st 2008, 07:44 PM
Dankie vir die hulp glo ek sal hiervan af regkom.:pp

ChristoN
Dec 15th 2008, 12:33 PM
Hallo Vriende,
Alhoewel ek nog maar nuut is in hierdie gespreksgroep, ken baie van julle my wel vanuit die bediening waarin God my landswyd en internasionaal gebruik tans.

Toerusting van God se mense, en om hulle te lanseer in bediening is my hart en passie.

Dus, as ek op enige wyse van hulp kan wees, praat gerus!

Om prakties te wees: Ek het massas en massas opleidingsmateriaal in Afrikaans beskikbaar wat ek in die 31 jaar, as deel van God se span toerusters, voorberei en reeds by baie geleenthede aangebied het vir God se mense in alle dele van Sy Liggaam.

Epos my gerus op my persoonlike eposadres as dit nodig is.

marline
Dec 15th 2008, 02:07 PM
Hallo Christo, 'n warm welkom by ons. Ek gaan beslis van jou aanbod gebruik maak.

Stephen_NW
Jan 8th 2009, 04:59 AM
ChrostoN

Ons (plattelandse) gemeente beplan om
'n Bybelskool te begin. Ek is nie seker
hoe ek jou persoonlike e-pos adres in
die hande kan kry nie.

Stephen_NW

Lanie
Jan 8th 2009, 05:58 AM
Hi Stephen,

Welkom by Lighuis. Sodra jy 7 dae 'n lid is (en 10 of meer plasings gemaak het - ek dink (Help iemand?) sal jy op Christo se profile page kan ingaan en sal jy vir hom 'n e-pos kan stuur as jy op sy contact details ingaan.

Sterkte met die Bybelskool!

Stephen_NW
Jan 8th 2009, 06:14 AM
Lanie

Baie dankie vir die info, jou verwelkoming en goeie wense.

Ek woon in 'n baie klein dorpie in die noordwes provinsie. Vir sommige mense (oa agv werkloosheid na aanleiding van die sluiting van 'n myn) is koste 'n groot faktor, so ons beoog om die Bybelskool gratis te probeer maak. Alle hulpbronne wat tot ons beskikking gemaak kan word, sal dus ons baie help.

Maar meer belangrik nog, sal ons julle voorbidding baie waardeer.

Lekker dag

Stephen

CFJ
Jan 8th 2009, 06:47 AM

Hallo Stephen en welkom by ons. Jy kan op hierdie skakel klik (http://bibleforums.org/showthread.php?t=96206&page=2) en dan gaan jy na plasing #19, daar is al Christo Nel se besonderhede.

Stephen_NW
Jan 8th 2009, 07:12 AM
CFJ

Baie dankie.

Die Filadelfieer
Jan 8th 2009, 07:29 AM
Stephen,
Waar in die Noord Wes is jy ? Ek het 'n paar Afrikaanse Ou Vertalings beskikbaar as jy dalk nodig het.

Stephen_NW
Jan 8th 2009, 07:42 AM
Die Filadelfieer

Ek is in Hartbeesfontein. Ons behoefte is nie Bybels nie, maar bybelstudie materiaal om gemeentelede toe te rus vir verskeie bedienings. Vinnig dink ek aan aspekte soos Berading, Aanbidding (praise and worship), Siekesorg, ens.

Die Filadelfieer
Jan 8th 2009, 08:01 AM

Ek weet dit gaan nou baie swaar in Harties, ek is nie te ver van jou af nie (Potch). Gaan dit help as ons vir jou aanlyn-studies bymekaar maak en dalk die skakels hier pos ?

Stephen_NW
Jan 8th 2009, 08:33 AM
Die Filadelfieer

Dit sal wonderlik wees! Ek wil nie graag my e-pos adres hier noem nie en ek kan ook nog nie profiele "view" nie, so ek is nie seker hoe ons kan maak nie... laat weet my asseblief maar.

Dankie

Stephen

Die Filadelfieer
Jan 8th 2009, 12:29 PM
Jy hoef nie jou details uit te gee nie Stephen, ons maak sommer 'n draad spesiaal vir jou oop waar daar skakels na goeie Bybelstudies en artikels deur deelnemers geplaas kan word.

Stephen_NW
Jan 8th 2009, 01:58 PM
Die Filadelfieer

Dankie.

Antonvs
Jan 9th 2009, 04:49 AM
Ek werk vir 'n organisasie wat Bybelskole wreldwyd stig - sou jy belangstel kan jy my jou epos deur die private boodksap stelsel stuur.

Sterkte.

Anton

Stephen_NW
Jan 9th 2009, 06:31 AM
Anton, baie dankie ... sodra ek toegang kry tot profiel besigtiging, sal ek jou laat weet.

Groete

Stephen

Stephen_NW
Jan 9th 2009, 06:32 AM
Anton

Baie dankie ... sodra ek toegang kry tot profiel besigtiging, sal ek jou laat weet.

Groete

Stephen

Stephen_NW
Jan 12th 2009, 11:29 AM
CFJ

Baie dankie vir die skakel.

Ek het met Christo geskakel en ons korrespondeer tans met vonkpos.

Groete

Stephen

karien
Feb 18th 2009, 10:35 AM
Hi ek stel belang, kan jy enigtyd aansluit of is ek te laat?

gkamfer111
Sep 7th 2013, 09:13 PM
E is so opgewonde oor die block waarop ek afgekom het;lank daarna gesoek.ek wil baie graag dieper delf in die woord.sien baie uit na dit wat ek gaan leer en ontvang by julle.God is regtig baie goed

Johnny
Sep 10th 2013, 03:20 PM
E is so opgewonde oor die block waarop ek afgekom het;lank daarna gesoek.ek wil baie graag dieper delf in die woord.sien baie uit na dit wat ek gaan leer en ontvang by julle.God is regtig baie goed

Gaan loer in by die skakel onder en e-pos my by jvandmerwe@g5.co.za of johnny@oospoort.co.za

http://bibleforums.org/showthread.php/213667-Nuwe-DVD-Gratis?p=2481240#post2481240