PDA

View Full Version : Doel en reŽls van hierdie forum



CFJ
Mar 29th 2008, 06:39 PM
Enige iemand is welkom om hier jou vrae te vra, sou jyself nie 'n gelowige soos in Jesus Christus wees nie, verwysende na agnostici, ateÔste en ongelowiges. Aan almal wat nie 'n ontmoeting met Jesus gehad nie, plaas asseblief julle plasings in hierdie draad en lees eers die reŽls soos uiteengesit hieronder in "Christians Answer", voor jyself hier deelneem.

http://bibleforums.org/showthread.php?t=90835

Phil Fourie
Feb 23rd 2009, 07:46 AM
Let a.s.b. veral op dievolgende reŽls:

* Al voel jy dalk nie jy staan onder die riglyne van die Woord van God nie, verwag ons steeds van jou om met die hoogste mate van respek met ander hier te kommunikeer.
* Laster, argumentering of die maak van 'n bespotting van die Christen geloof sal nie hier geduld word nie.
* SLEGS EEN nie-Christen mag per draad deelneem, dit gaan nie toegelaat word dat meer as een nie-Christen in 'n draad deelneem nie, elke vraag kan in 'n nuwe draad oopgemaak word. Enige deelname buite drade wat deur jouself oopgemaak is, sal verwyder word.
* Christenne. Onthou a.s.b. dit gaan nie toegelaat word dat jy met ander Christenne in drade debateer of gesprek voer nie, die doel is om die persoon wat opregte vrae vra te antwoord tot die beste van ons vermoeŽns, nie om met mekaar te debatteer nie. Indien dit gebeur, sal plasings verwyder word.

Hierdie reŽls mag dalk nie vir jou onmiddelik sin maak nie, maar dit is ontwerp om seker te maak dat ons tot die beste van ons vermoeŽns jou vrae antwoord, dit is nie ontwerp sodat Christenne teen jou kan "op-gang" nie, vir hierdie rede word slegs 1 nie-Christen per draad toegelaat, sodat drade nie ontspoor word nie en vir hierdie selfde rede word Christenne nie toegelaat om met mekaar debat te voer in drade nie.

Bibleforums behou steeds die reg voor om enige plasings te verwyder of om enige persoon te verban indien hierdie reŽls oortree word of indien dit gevind word dat 'n persoon slegs hier is om onmin te saai en nie hier is om opregte vrae te vra nie.