PDA

View Full Version : Mans en vrouens se verskillende rolle in die huwelik.



Lanie
Nov 1st 2008, 05:44 PM
Ek wou eers hierdie draad in Ester se koffiehuis oopgemaak het om daar by my susters af te pak maar het toe besluit om dit eerder hier oop te maak want ek sal graag die manne se objektiewe menings hieroor ook wil hoor.

My hart is baie swaar vannaand. (Ek wil eers net s ek gaan nie hier my man agter sy rug bespreek nie, ek gaan vir hom hierdie pos en ook al julle antwoorde wys, so moet asseblief nie voel ek was vuil wasgoed hier nie)

Ek en my man het 'n geweldige meningsverskil oor wie verantwoordelik is om finansieel te voorsien. Ek het 'n groot hartsbegeerte om daar te wees vir my kinders. Dis vir my ondenkbaar om hulle 7-uur in die oggend by die skool af tel laai en hulle eers weer 5-uur te sien en tussentyds is hulle heeltyd van ander mense afhanklik. Ek moes dit doen toe hulle babas was en ek sien nie kans om terug te gaan na daardie lewensstyl nie. Ons het niks van mekaar as ek moet werk nie want in die aande is daar soveel verantwoordelikhede op 'n mamma. Bad, huiswerk, kosmaak. Daar is geen sprake van kwaliteit tyd saam met hulle nie.

My man voel egter dat ek ook finansiele verpligtinge het en dwing my nou basies om 'n voltydse voldag werk te vat omdat ek nie genoeg maak met my deeltydse fotografie nie. Ons het baie verpligtinge en sukkel maar agv 'n besigheid wat onderdeur is. Maar hy het nou 'n baie goeie werk gekry met groot geleenthede.

Ek glo dat die man die broodwinner is. Mammas se eerste prioriteit is hulle kindertjies. Dit klink dalk verskriklik outyds vir ander vrouens maar ek glo dis hoe God se orde in die huwelik is. Ek s nie vrouens mag nie werk nie maar die gesin se lewensstyl moet deur die man se inkomste gedra word. Sodra ons die vrou se inkomste ook nodig het, leef ons bo dit wat God vir ons bedoel het. So van God gepraat, ek wens my man wil die kopskuif maak en besef dat hy nie ons gesin se voorsiener is nie, God is ons Voorsiener.

Dink julle ek is verkeerd om eerder by die huis by my kinders te wil wees? Die ander ding is ook dat ek weet ek onderdanig moet wees aan my man, so eintlik moet ek doen wat hy s. Maar dit skreeu teen wat ek voel en glo....

Ta-An
Nov 1st 2008, 07:02 PM
Die antwoord hang af van waarmee jy beried is om van/mee te leef :D

Ek het by die huis gebly... en party maande slegs R750 gehad vir telefoon, Water en ligte en kruideniersware .....

Dis is wanneer jy leer groente plant en soyabone eet, en van dro boontjie mock-hoenderdye maak....

So... jy moet weet wat jy beried is om op te offer vir die voorreg om by die huis te bly.... Mandela se o het geknip teen die skerp lig wanneer hy op die R5 uit my beursie uitklim....

Ek het P&P toe geloop met die voet, en die inkopie sakke met kruideniersware oor die handvatsels van die stootkarretjie gehang.... Maar ek was beried om dit te doen om by die huis te kon bly :)

Son of the South
Nov 2nd 2008, 06:57 AM
Ek glo dat die man die broodwinner is. Mammas se eerste prioriteit is hulle kindertjies. Dit klink dalk verskriklik outyds vir ander vrouens maar ek glo dis hoe God se orde in die huwelik is. Ek s nie vrouens mag nie werk nie maar die gesin se lewensstyl moet deur die man se inkomste gedra word. Sodra ons die vrou se inkomste ook nodig het, leef ons bo dit wat God vir ons bedoel het. So van God gepraat, ek wens my man wil die kopskuif maak en besef dat hy nie ons gesin se voorsiener is nie, God is ons Voorsiener.

Dink julle ek is verkeerd om eerder by die huis by my kinders te wil wees? Die ander ding is ook dat ek weet ek onderdanig moet wees aan my man, so eintlik moet ek doen wat hy s. Maar dit skreeu teen wat ek voel en glo....

Ek stem saam.

Ja, dit beteken nie dat vroue nie MAG werk nie: daar was in die Bybel se tyd 'n vrou met haar eie besigheid. Onthou julle, sy het 'n bike shop gehad? Ja man, Lidia die purper verkoopster!

Die Spreuke 31 vrou het ook maar plannetjies gemaak en nie net handjies gevou nie.

As jy gedink het dit verg groot opoffering vir 'n vrou om by die huis te kan bly: een van my vriende is 'n huispappa en sy vrou die broodwinner. Dit is nou wat ek 'n uitdaging noem! :eek: En hy is nog die hoof van sy huis...

Phil Fourie
Nov 3rd 2008, 06:49 AM
Lanie

As ek mag vra, wat is jou kwalifikasies?

Ta-An
Nov 3rd 2008, 08:12 AM
Lanie

As ek mag vra, wat is jou kwalifikasies?
Ahhh tipies man :D
Nou wil hy weet of jou Pa sy geld gemors het om jou Universiteit toe te stuur ,,, as jy nou by die huis wil bly.... :o

Phil..... dit is vrouens se voorreg is om by hulle kinders te bly :D

Lanie
Nov 3rd 2008, 08:32 AM
Hallo almal,

Phil, ek het 9 jaar bankondervinding, het feitlik als gedoen, van teller tot huisleningskonsultant tot aflos vir bestuursafdeling, wat beteken ek moes almal se werk kon doen. Het ook so bietjie meer as 'n jaar se ondervinding as makelaarsassistent. Ek het ook 'n paar vakke geslaag in die BCom rigting by Unisa maar het nie klaar gemaak nie omdat dit net te vrekduur geraak het in 'n tyd toe dit swaar gegaan het, en was van toe af net te besig om weer kans te sien om dit te hervat. Maar my eintlike passie is fotografie, veral kiddies en troufoto's.

Ann.... ja as my pa maar net wou help soos hy belowe het. Ek het B.Proc gaan swot by UP maar moes opskop agv ma se selfmoordpogings en depressie en pa se selfmoord. Niemand wou my help met studielenings of enigeiets nie. Gelukkig het ek toe deur '"devine intervension" 'n werk by die bank gekry.

Die rede hoekom ek weg is by die bank is dat my oudste op 'n stadium baie siek was en as daar een ding is wat die korporatiewe wreld nie insien nie, is dat siek babas hulle mammas nodig het. Hulle kinders word seker nooit siek nie! Ek het om boereafrikaans te gebruik, ...vol geraak dat ek moes kies tussen my werk en my siek kind. Dit is nie eers veronderstel om 'n keuse te wees nie.

Ta-An
Nov 3rd 2008, 09:18 AM
Dit is nie eers veronderstel om 'n keuse te wees nie. Volgens Joodse gebruik is dit die Ma se plig om die geestes versorging in haar huis te doen,,, dus om haar kinders groot te maak.... dit skelt nie die pa's vry daarvan nie, want hy self is ook verantwoordelik om die kinders van G_d te vertel...... maar die ma moet sorg dat die huis in orde is daarvoor..... dus kalm kinders en gemanierde kinders..... wat meestal bereikbaar is as mammas by die huis saam met haar kinders is om hulle self groot te maak............................. maar die is 'n keuse wat mesn maak en die prys beide kante toe te moet dra.....

* Gelukkige kinders met Ma by hulle
* Gelukkige man wat nie die stress van voorsiening alleen kan dra nie....

'n mens moet maar kies waarvoor jy kans sien....

Phil Fourie
Nov 3rd 2008, 10:23 AM
Anneke

Nee, dit is glad nie wat ek impliseer nie, jou aanname is ongelukkig nie korrek nie ;)

Lanie

Hoekom ek vra, is daar 'n manier hoe jy jou kwalifikasies of ondervinding kan gebruik om iets van die huis af te doen, soos in die oggende, sodat wanneer die kinders by die huis kom, jy al jou aandag aan hulle kan bestee. Fotografie is lekker en so, maar dit is maar uiters seisoensgebonde. As mense trou, as iemand fotos wil neem van hul kinders ens. Ongelukkig is dit goed soos fotos waarop mense gaan besnoei in die moeilike tye waarin ons nou leef en eerder nie daardie ekstra rande sommer gaan uithaal nie. Ek self is groot op my fotografie, maar ek besef ook, as jy dit vir 'n lewe gaan wil doen, sal jy al jou tyd daaraan moet toewy, vir 'n tydskrif of koerant of iets permanent gaan werk en dit is nie ideaal vir jou nie.

Nou goed dan, terug tot die punt, ongelukkig kan ons nie die huidige ekonomiese toestand van die land wegredeneer nie, dinge gaan maar moeilik en dus is toestande nie meer ideaal nie. So, dus sien ek geen probleem daarmee sou dit vir jou moontlik wees om iets van die huis af te doen of om byvoorbeeld 'n halfdagpos aan te neem nie, dan kan jy steeds al daardie tyd saam met die kinders spandeer in die middae, wat werklik baie belangrik is.

Gene
Nov 3rd 2008, 10:31 AM
Lanie

Ek is deeglik bewus daarvan dat almal nie met my siening saamstem nie, maar 'n mens moet na die Bybelse voorskrifte kyk teen die agtergrond van die kultuur van die dag. In die Bybelse tyd het "werk" hoofsaaklik hande arbeid beteken, en dit was die manne se plig. Vrouens het tuis gebly, met min regte en voorregte - hulle moes kinders in die wereld inbring en grootmaak. Dit was ongeveer hulle enigste doel op aarde. Maar tye en kultuur het verander. Vandag is dit finansieel eenvoudig nie vir almal moontlik om tuis te bly nie, en ek glo vir geen oomblik dat die Here dit van 'n mens gaan vereis nie.

Maar dit gese, wil ek byvoeg dat 'n vrou se prioriteit haar gesin moet wees. En dit sluit kwaliteit tyd met haar kinders in. As 'n vrou gaan werk terwyl sy kon bekostig om tuis te bly, en so haar kinders verwaarloos, glo ek dat sy daarvoor verantwoording voor God sal moet doen. Maar as dit noodsaaklik is vir oorlewing, kan dit nie verkeerd wees nie.

Wat ek dus se, is dat ek saam met ACCM stem. As jy moet gaan werk om 'n sekere lewensstandaard te handhaaf, moet jy dalk weer gaan dink. Maar aan die einde van die dag is dit jy en jou man wat moet besluit of julle kan bekostig om met net een salaris klaar te kom. En dit gaan noodwendig beteken dat sekere opofferings gemaak sal moet word. Julle sal saam moet besluit of julle kans sien vir die opofferings. Daar is nie 'n klinkklare antwoord nie, dit hang uit en uit af van julle bepaalde omstandighede.

Maar as dit moontlik is, is dit altyd wenslik dat 'n ma by haar kinders bly. Dit is maar my beskeie mening.

mari
Nov 3rd 2008, 10:55 AM
Lanie...

gelukkig ( :confused ) is ek in die posisie om saam met manlief in 'n baaik shop te werk ( toe heel Bybels - nes Lidia !!... he-he..... ) ......

'n woordie van raad :

Gaan sit saam met manlief om die tafel met 'n calculator...

Werk uit :
Julle inkomste en uitgawes sonder en saam met jou moontlike salaris

dan maak jy 'n lysie :

1. Vervoer koste na ma se werk ( tweede voertuig + brandstof + onderhoud )

2. Klere vir ma se werk

3. Creche / nasorg koste insluitend :
Vervoer na / van skool en naskool aktiviteite ens.
Additionels koste met voorbereide middagetes

4. Salaris van Huishulp vir skoonmaak

5. Verandering in kos begroting om voorsiening te maak vir vir kitskos / wegneem etes.

6. Addisionele mediese kostes wanneer kinders in dagsorg versorg word.

7. Addisionel onkose vir familie uitstappies / ander bederfies wat sal moet opmaak vir verlore tyd.

dink ook aan ander onkostes wat deur jou huisbly gespaar sou gebly het.....

*** Maak ook seker hoeveel Pa bereid is om op te offer i.t.v. help met inkopies, huispligte na ure, huiswerk, sowel as hulp met siek kinders gedurende werksure ( soos jy se - werkgewers is nie juis simpatiek nie... )

Tel dan rustig die plusse en die minusse bymekaar en kyk hoeveel ma se werk die familie regtig gaan help....

miskien lyk die prentjie dan anders.....:eek:

groete
m

RR van Wyk
Nov 3rd 2008, 11:29 AM
Ek is nog nie lank getroud en het nog nie kinders nie, maar finansies was al 'n kopseer en het al tot lang gesprekke tussen my en my vrou gelei voor ons nog getroud is.
Sy verdien die meeste van die tyd meer as ek en ek weet nie wat ons sal doen sonder haar inkomste.
Ek het grootgeword met die idiee dat as jy 'n vrou uit haar ouerhuis vat, jy haar dieselfde moet versorg as wat haar pa het, of beter. Dis dalk outyds, maar ek glo dit steeds en sal seker die res van my lewe so glo.
Dit is ideaal as 'n moeder by die huis kan bly en na die kinders kan omsien, ek is glad nie 'n voorstaander van dagmoeders nie, ek glo 'n kind hoort grootgemaak te word deur sy eie ouers. Baie vrouens verkies egter om 'n beroep te h en wil glad nie 'n huisvrou wees nie.
Ongelukkig noodsaak die wreld van vandag dat albei ouers 'n inkomste verdien. Ek sou bitter graag self dit anders wou h.

Gene
Nov 3rd 2008, 11:33 AM
Wat Mari hier se, is baie belangrik. Om te gaan werk, gaan baie kos, en 'n mens moenie vergeet om die koste ook te bereken nie. Gaan die netto inkomste aan die einde van die dag werklik die moeite werd wees? En dan natuurlik is daar iets anders wat baie mans uit die oog verloor. Wanneer 'n vrou tuis bly, kan die man dalk verwag om na 'n skoon huis toe tuis te kom en met 'n bord kos bederf te word. Maar as albei werk, dan moet die huislike pligte ook verdeel word. Manlief kan nie dan verwag om tuis te kom en agteroor te sit terwyl Ma kosmaak, kinders help met huiswerk, skoonmaak, wasgoed was ens nie. Dan moet die pligte ook eweredig verdeel word.

RR van Wyk
Nov 4th 2008, 11:19 AM
Ek stem saam met Gene. Dis tans hoe dit tussen my en my vrou gaan. Ons is elke aand ewe moeg as ons van die werk af kom. Ek sal byvoorbeeld die kos maak en die kombuis aan die kant maak terwyl sy die wasmasjien laai en die bietjie struikgoed doen. Geen man wat sy vrou werklik liefhet sal probeer om 'n slaaf van haar te maak.

Hoe vinniger die werk klaar is en die magies vol is, hoe vinniger kan albei rus na 'n lang dag en kwaliteit tyd saam spandeer.

Die Filadelfieer
Nov 4th 2008, 11:45 AM
Die realiteit van die wreld waarin ons lewe is dat ons geld nie meer so ver rek soos wat dit altyd gedoen het nie. Afhangend van mens se verpligtinge en die man se inkomste, het moderne families nie altyd 'n keuse of hulle twee inkomstes wil h of nie.
Die vraag is, wat maak pappa en mamma met die tyd wat hulle wel tot hulle beskikking het om saam met die huisgesin te spandeer ? (7de laan enige iemand ? )

My raad vir ouers wat alby heeldag werk : Sit af die TV. Hardloop buite saam met die kinders rond, dit word laat donker in die somer. Dit beteken vir hulle meer as wat ons aldag besef.

Your Advert here


Hosted by Webnet77