PDA

View Full Version : Kolossense StudieD Week 2



Antonvs
Nov 13th 2008, 03:34 AM
OORSIG VAN DIE BRIEF AAN DIE KOLOSSENSE

LEES WEER DEUR DIE BRIEF
1) Lees 30 minute per dag nog steeds maar terwyl jy lees
begin "blok-gedagtes" aftebaken en te vorm in jou denke.
2) Die doel is nou om "seksies" af te baken
"neem 'n potlood en baken "blokke van soortgelyke gedagtes af"
3) In elke seksie wat afgebaken word moet jy
a) Onderstreep die hoof gedagte (een sin maks) met 'n rooi/ blou potlood
4) Gaan nou en gaan kyk na elke "blok" wat jy afgebaken het en merk dit met 'n groen / geel / swart potlood met pytjies -->
of met L-hakkies
a) Lees die blok deur en kyk na die geheelbeeld plus die "kern" gedagte en gee die blok 'n "titel" van omtrent 3-5 woorde.

Voorbeeld

Blok A. Groete en Seenwense (Kol 1:1-3)
B. Lof Prysing Aan God (1:3-8)
C. Lof Prysing en Dankbaarhied: Nuwe Gelowiges (1:3-12)
D. Jesus Christ = God en Skepper (2:12-19)


Afsluit datum: 24 November

Geniet

MercyChild
Nov 26th 2008, 10:10 AM
Kollosense Werkopdrag 2
Kollosense 1

1. Kol 1:1-2 Seenwense en groete aan die kerk
2. Kol 1:3-8 Dank aan God vir wat Hy gedoen het vir die kerk van die Kolosse en vir die veangelie wat hul bereik het
3. Kol 1:9-11 Gebed dat hulle mag wandel in wysheid en insig in hulle roeping
4. Kol 1:12-14 Om met blydskap die Vader te dank vir wat God vir hulle gedoen en gegee het deur die vergewing van hul sondes.
5. Kol 1:15-18 Verklaring en oorsprong van God
6. Kol 1:19-20 Verklaring oor wat God gedoen het vir versoening
7. Kol 1:21-23 Beskryf hoe ver ons van God was maar dat ons nou onbesrispelik voor Hom kan wees
8. Kol 1:24-29 Die Evangelie is bekend gemaak deur God, en selfs deur leiding is daar blydskap, sodat Hy in ons kan woon en kan werk.

Kolosense 2

1. Kol 2:1-15 Paulus toon hoe hy homself beywer oor die kerk van die Kollosse en die gelowiges van Laodisea. Hy bemoedig hul om standvastig te wees in die geloof
2. Kol 2:1-7 Beklemtoon die belangrikheid van geloof in Christus
3. Kol 2:3 Die waarde in Hom
5. Kol 2:4 Beklemtoning van valsheid
6. Kol 2:5-7 Paulus is daar in gees, en dat hulle geworteld in God moet bly
7. Kol 2:8-15 Die rede waarom hulle standvastig moet wees in die Woord
8. Kol 2:13-15 Ons is lewend gemaak saam met Christus
9. Kol 2:16-23 Dinge wat vermy moet word
10. Kol 2:20-23 Ons dood saam met Christus onder die wettiese godsdienstige reels

Kollosense 3

1. Kol 3:1-5 Die dood saam met Christus en te dink aan die dinge daar bo
2. Kol 3.1-4 Ons het saam met Christus opgestaan
3. Kol 3:5-8 Aardse dinge wat ons moet doodmaak en laat staan
4. Kol 3:9-11 Die waarheid moet gepraat word vandat die ou mens afgele is.
5. Kol 3:12-15 Dinge wat die uitverkorne moet doen teenoor mekaar as lede van een ligaam
6. Kol 3:16-17 Hoe die boodskap gedra moet word in Sy Naam
7. Kol 3:18 Plig van die crou
8. Kol 3:19 Plig van die man
9. Kol 3:20 Plig van kinders
10. Kol 3:21 Plig van Vaders
11. Kol 3:22-25 Plig van slawe

Kollosense 4

1. Kol 4:1 Plig van eienaars teenoor slawe
2. Kol 4:2-5 Gebed, en waarvoor gebid moet word
3. Kol 4:5-6 Optredes teenoor mense buite die gemeente
4. Kol 4:7-9 Dienaars saam met Paulus wat uitgestuur word wat omstandighede aan hul sal beskryf
5. Kol 4:10-14 Hul wat saam in gevangenis is se seenwense en groete
6. Kol 4:17 Opdrag aan Argippus
7. Kol 4:18 Paulus se afsluiting

Antonvs
Nov 27th 2008, 07:16 PM
Ek wil julle uitwys op 'n werk opdrag met sorg en akuraatheid aangepak.

Your Advert here


Hosted by Webnet77