Son of the South
Dec 4th 2008, 10:33 AM
Nee Kosie, hierdie draad het nie 'n diep versteekte geestelike betekenis nie. As elektriese ingenerd wil ek maar net in die lig van die huidige kragsituasie 'n paar dingetjies rondom kragopwekkers uitwys.
Kyk, almal is nie arm soos ons nie, party mense hèt 'n geld. Sulke mense betaal deskundiges om groot diesel kragopwekkers permanent te kom installeer wat aan alle voorsiene en onvoorsiene kragbehoeftes voldoen. Sulke kragopwekkers word so bedraad dat dit deel vorm van die permanente bedrading installasie en word daarom ook gedek deur 'n Nakoming Sertifikaat vir die installasie wat sê dat alles veilig is. Hierdie generators maak ook gewoonlik 'n outomatiese oorskakeling wanner ESKOM net oë knip. Ek praat nie met hulle nie. In die algemeen val meeste van ons NIE in hierdie kategorie nie. Ons koop maar klein draagbare kragopwekkertjies en gaan trek maar die tou as die krag te lank afbly.
Alhoewel klein draagbare kragopwekkers baie algemeen beskikbaar is en deur elke Piet en sy pel verkoop word, is die goed GEVAARLIK en is mense meestal oningelig oor die korrekte gebruik daarvan.
Die GROOTSTE GEVAAR met die verkeerde gebruik van die goed is koolstof monoksied vergiftiging. Bewerings word gemaak dat party kragopwekkers dieselfde koolstof monoksied kan afgee as ses motor enjins wat gelyktydig luier. Kragopwekkers moet nooit in 'n ongeventileerde area (of selfs net in 'n gedeeltelik geslote area) gebruik word nie. Koolstofmonoksied is een van daai gasse wat nie gesien of geruik kan word nie en wat jou kanse op oudword drasties verlaag. So, sit die ding buite; geen mens of dier kan saam met hom huishou nie.
Die tweede belangrike ding is om nooit jou kragopwekker in te prop by 'n muursok nie. Jy moet hom ook nooit laat armdruk met ESKOM nie. In die eerste plek kan jou kragopwekkertjie dalk skielik oor die dak trek as die ESKOM krag weer aankom. Verder kan jy die lewens van jou bure of ESKOM werkers in gevaar stel deurdat jou kragopwekker dele van die netwerk (terug) van krag voorsien wat dan nou veronderstel is om af te wees. Wanneer die hoofskakelaar afgeskakel word en die kragopwekker by 'n muursok ingeprop word, dan is jou aardlek, wat dalk nog jou bas moet red, nie in die stroombaan nie. Verder, hoe gaan jy hom inprop? Deur 'n prop aan die draad te sit natuurlik. En daai oop lewendige punte is dalk vir jou voor die hand liggend, maar wat van Klein-Kosie? Nee, slegte idee. Koop in die eerste plek ene wat 'n aardlek eenheid het (wetgewing sal dit in die toekoms vereis) of laat 'n bekwame elektrisën vir jou ene aanbring. Prop nou die apparate wat jy van krag wil voorsien by die kragopwekker in.
Derdens moet die brandstof alleenlik opgevul word in 'n goed geventileerde area, terwyl die generator af is en afgekoel is. Of is jy ook een van daai McGyvers wat petrol uit 'n kannetjie op die braaivleis vuur gooi? Oppas, eendag gaan jy nog leer blaf.
Laastens kan jou buurman dalk uit jaloesie of uit pure irritasie op jou beginne losbrand...
OK, so ten minste maak ons nou nie meert onsself dood nie, maar kan mens die ding ooit gebruik?
Mens kry generators en jy kry generators. Soos met alles in die lewe moet jy jouself afvra: wat wil jy met die ding doen. As jy 'n kontrakteur is wat kraggereedskap wil gebruik waar daar nie krag beskikbaar is nie, dan kan jy amper enige ene gebruik. Sodra jy elektroniese toerusting (of selfs net gewone buisligte) wil kraggee, dan het jy een van daai fênsie soort nodig wat 'n suiwer sinusoïdale golfvorm uitgee. As jy nie weet waarvan ek nou praat nie, moenie nou worrie nie, maar onthou dan ten minste om die verkoopsman daarmee uit te boul. Selfs al beweer hulle hy is ook hoe goed, gebruik maar in elk geval stuwings beveiliging (Surge Protection Devices) op alle elektroniese apparate. As jy gedink het ESKOM veroorsaak stuwings op die toevoer, dan het jy nog nie gesien as jy self vragte aan en afskakel op jou eie kragopwekkertjie nie.
Hoe groot moet hy wees? Nie te klein nie: Die vermoë wat op die ding met groot helderkleurige plakkers aangedui word is heel dikwels die maksimum vermoë wat slegs vir kort tydjies gelewer kan word. Gaan kyk in sy boekie wat die aanbevole maksimum vir langdurige gebruik is. Onthou ook om goed soos elektriese motors se aansitstroom (wat heelwat groter is as sy aangeslane grootte) in ag te neem. Daai klein 650 W goedjies kom dikwels nie die mas op om 'n yskasmotor te laat aansit nie. Nie te groot nie: Die aanbeveling is om 'n kragopwekker nooit teen minder as 30% van sy vermoë te laat werk nie. Wanneer enige enjin vry loop sonder las, dan begin die suiers sweepslag in die silinders en is daar verhoogde sluitasie. Afrikaans: hy gaan nie hou nie. Die generator moet ook volspoed loop voordat jy die krag beginne tap en jy moet ook weer alles eers afskakel voor jy hom stop.
Watter kleur, maak, ens.? Wat is die kleur van jou geld? Die regte Honda generatortjies is van die beteres, maar het jy nou al gesien wat hulle kos? Jy gaan vir jou 'n pasaangeertjie saam met hom moet koop. So, koop dan nou maar een van die beste namaaksels wat op die Honda gebasseer is en leef daarmee saam dat hy dalk nie langer gaan hou as jy nie.
Laastens, die aankoop is nog net die begin van jou ellendes. Nou kom jy agter die ding kan suip, beter as jou swaertjie op 'n visvangtrip. Energiekostes is nie net maal so een en 'n half nie. Dit kos sommer maklik tien keer wat jou gewone ESKOM krag kos. So, moenie verbaas wees as jou energie begroting vir die hele maand sommer in die eerste drie dae die gees gaf nie.
So, liewe kinders, dit is hoekom ek nog nie self ene het nie.