Ta-An
Dec 29th 2008, 03:24 PM
Hiermee bedoel ek..... koek gebak met groete as bestanddeel.
Hier is 'n link na Pampoenbrood.... http://bibleforums.org/showpost.php?p=1749360&postcount=3
Watter ander groente gebruik jy in soet gebak??
marline
Dec 30th 2008, 04:51 AM
Het julle al pampoen tert gebak? Jy kou jou lippe af! Nogal lekker soet vir die suikerbekkies.
Ta-An
Dec 30th 2008, 09:40 AM
Het julle al pampoen tert gebak? Jy kou jou lippe af! Nogal lekker soet vir die suikerbekkies.Nee, gooi daardie resep dankie :ppEk bedoel, Sal jy asseblief die resep met ons deel ;)
marline
Dec 30th 2008, 11:42 AM
Nee, gooi daardie resep dankie :ppEk bedoel, Sal jy asseblief die resep met ons deel ;)
PAMPOENTERT (nie vir verslankers)
Kors Ongebakte broskors
Vulsel
1½ koppie gekookte, fyngedrukte pampoen,
Knippie sout
1 blik soet gekondenseerde melk (397g -14 onse)
1 eier
½ koppie warm water
½ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel fyn gemmer
1 Meng pampoen, gekondenseerde melk, sout en speserye
2 Voeg goedgeklitse eier en water by
3 Meng goed en skep in die kors
4 Plaas in warm oond (230ºC - 450ºF) vir 10 minute
5 Verminder hitte na 180ºC - 350ºF en bak vir 40 tot 50 minute langer
6 Dien op met room.
Geniet dit!!!!;););)
Ta-An
Dec 30th 2008, 01:54 PM
OOOOOOOO Dit kan net lekker proe :pp
Ek het juis pampoen en kodensmelk :idea:
Uhmmmm, Butternut of Hubbard squash ??
Ta-An
Jan 1st 2009, 12:05 PM
Okay, ek het hom nou net geëet, saam met 'n stukkie skaaptjoppie en aartappel slaai :pp
Ek het Hubbard skors gebruik, sal hom volgende keer met Butternut probeer :idea: