Psalm
Jan 6th 2009, 12:35 PM
Hi almal,
ek het so ongeveer 2 jaar terug besluit om trompet te speel, maar ek het absoluut NIKS van musiek lees of teorie geken nie. Het toe maar bietjie op die internet rondgekrap en 'n "Learn how to ..." boek gekoop en begin leer speel en musiek lees ens. Ek kan met trots se ek is nou 'n Pro!
Pro-beerder.
Ek neem nie klasse of iets nie want ek wil nie speel of leer op wereldse musiek nie. Ek wil graag bladmusiek he van Christelike musiek. Ek het wel die FAK musiekboek en NG kerk se musiek boekie en kan al heelwat van daai musiek speel, maar daar is baie pinkster liedjies se musiek wat ek baie van hou en graag sal wil speel, daai ou pinkster liedjies...
Het so rukkie terug 2 boekies gekoop (ou 2de hande boekies) in 'n 2de handse winkeltjie wat heelwat pinkster liedjies in het, maar nie almal wat ek soek nie (M.U.S.I.C is die boekies se naam). Ek kon die volume 1 - Afrikaans en volume 2 - Engels kry, maar weet nie of daar nog volumes is nie.
As enige iemand my dalk kan help, of in 'n rigting wys waar ek meer bladmusiek kan kry sal dit baie waardeer word.
Groete