PDA

View Full Version : Bespreking Beste advies vir 'n huwelik

Ta-An
Mar 3rd 2009, 04:55 PM
As ek jou sou vra: Wat die beste huweliks advies is? Wat sou jy sÍ?

En terwyl jy besig is om so daaroor te dink, Wat is die slegste huweliks advies wat jy al gehoor het??

MG Van Wyk
Mar 4th 2009, 06:03 AM
Ons is in Oktober verlede jaar getroud en natuurlik is daar baie raad gedeel en onder andere was daar twee wat uit gestaan het:

'n Baba kan nie 'n sukkelende huwelik beter maak nie.

en 'n Engelse dame het vir my eendag gese:

"Pick your fights and make sure what u are fighting for is worth it. Don't fight about small things that would not mean a thing tomorrow. Fight for things that you believe in and touches who you are"

Ta-An
Mar 4th 2009, 08:07 AM

Definitief goeie raad :)

'n Baba is nie 'n pleister nie

Vandag se berg is definitief more se molshoop

Lanie
Mar 4th 2009, 09:41 AM
Die beste raad wat ek kan gee is dat getroudes God die middelpunt van hulle verhouding moet maak, saam bid, en doodseker maak dat hulle God se orde vir die huwelik verstaan en gehoorsaam. Ons moet elke dag onthou dat die huwelik 'n heilige verbond is wat God ingestel het om Hom te verheerlik. Ons kan onsself maar elke dag check deur onsself te vra... het ons huwelik God vandag verheerlik? :D

MercyChild
Mar 4th 2009, 10:27 AM

Ek stem beslis saam.......ek moes maar op die harde manier leer wat God se orde is. Vandag kan ek sÍ dat ons dit probeer instel en volg, om eers God te eer en Hom eerste plek in ons huwelik te gee, daarna is ek my man onderdanig. Sommige kere is dit maar taai toffies kou, maar hoe meer 'n mens dit uit oefen, kan ek amper sÍ dat dit makliker word dit met tyd.

Lanie
Mar 4th 2009, 10:39 AM
Ek glo 'n groot fout wat baie mammas maak is dat hulle kinders die belangrikste in hulle lewe word en soortvan 'n eerste plek in hulle harte het en alles draai om hulle kinders en hulle rol as mamma. Dis die verkeerdste ding wat kan gebeur. 'n Vrou se prioriteite moet altyd in die volgorde, eerste God, tweede manlief, derde kiddies, wees. Mens is lief vir die goedjies maar kyk maar wat gebeur as ouers se lewens om hulle kinders begin draai. Indien hulle huwelike dit maak totdat die kinders die huis verlaat, het hulle dan ewe skielik niks meer in gemeen nie en kom dan eers met 'n skok agter hoe verby mekaar het hulle geleef.

paidforinfull
Mar 13th 2009, 01:12 AM
Die beste raad wat ek kan gee is dat getroudes God die middelpunt van hulle verhouding moet maak, saam bid, en doodseker maak dat hulle God se orde vir die huwelik verstaan en gehoorsaam. Ons moet elke dag onthou dat die huwelik 'n heilige verbond is wat God ingestel het om Hom te verheerlik. Ons kan onsself maar elke dag check deur onsself te vra... het ons huwelik God vandag verheerlik? :D

Goeie pos - ek stem heeltemal saam, Lanie.

Ek wil ook die volgende raad byvoeg: moet nooit probeer om jou man (of vrou) te verander nie. Aanvaar en wees lief vir hom nes hy is. Vrouens wat alewig probeer om hulle mans te verander soek net moeilikheid.

As hy werklik groot probleme/swakhede het, bring dit voor die Here, en laat God dit uitsorteer. Moet nie probeer om die Heilige Gees se werk te doen nie.

protea
Mar 13th 2009, 12:47 PM
PFIF, jy raak n baie belangrike aspek van die huwelik aan en ek is bevrees dat ons vrouegeslag meer skuldig daaraan is as mans en dit is om die man te probeer verander/manipuleer/domineer soos wat sy dink hy moet wees. Hoekom het sy dan met hom getrou as daar soveel dinge is wat haar gehinder het? Deur hierdie manipulering beland hierdie huwelike gou in die modder. Ons as vrouens moet trots wees op ons gesagsposisie as 2e in bevel. DIS ons werk en NIE die posisie as 1e in bevel/hoof van die huis nie. Dit is ook nie deur die Here so beskik nie
Kom ek sluit af met n positiewe gedagte : Wees vir jou man MAAT soos wat Eva vir Adam as n maat gegee is deur ons Skepper.

Your Advert here

Hosted by Webnet77