PDA

View Full Version : Lyfstraf in skole...

Lanie
May 13th 2009, 07:34 AM
Ek glo dat die meeste christene (ek hoop) glo dat 'n pakslae soms nodig is en dat dit 'n bybelse opdrag is.

Lyfstraf is afgeskaf in skole, maar hoe voel julle daaroor.... Is die afskaffing van lyfstraf in skole nie dalk een van die redes hoekom ons jeug vandag lyk soos hulle lyk en maak soos hulle wil nie....

Dan weer die ander kant van die saak... wil ek regtig die kans vat dat iemand anders, wat dalk nie gesonde oordeel of regverdigheid aan die dag kan lê nie, my kind 'n pak slae gee?

RR van Wyk
May 13th 2009, 08:39 AM
'n goeie pak slae het my nooit as kind enige skade aangedoen nie, al was ek in een geval nie eers skuldig nie :)

Tonton
May 13th 2009, 09:41 AM
Ek stem saam dat 'n goeie pak slae nodig is.

Ek is egter bly dat onderwysers nie meer "left, right en centre" kan slaan nie.

Die kaliber onderwysers wat ons het (veralgemening - daar is baie wonderlikes tussen-in) is dikwels swak modelle en sadiste met hang-ups wat hulle op die kinders uithaal.

Ek looi eerder my kinders self...

Anton

marline
May 13th 2009, 06:19 PM

Gelukkig is my kinners by pak slae verby, maar ek stem saam dat mens nie vandag meer kan toelaat dat enigeen jou kind pak gee nie. Daar is deesdae net te veel "abuse"

Philip dT
May 16th 2009, 09:31 AM
Pyn wat reg en beheersd toegepas word, is 'n uitstekende leer-middel. En dit is tog waarom ons ons kinders pak gee, nie uit wraak of woede nie, maar sodat hulle kan leer dat daar 'n gevolg is vir verkeerde optrede / ongehoorsaamheid.

Om ons kinders te tugtig en daardeur leer wat reg en verkeerd is, is 'n gawe wat ons hulle gee, en ons doen dit juis omdat ons vir hulle lief is.

marline
May 16th 2009, 11:01 AM

MAAR gaan jy gelukkig wees as iemand anders jou kinders looi? Hoe weet jy wat daardie persoon se intensies is/was. Wraak teen die kind, of omdat die kind stout was?

Philip dT
May 16th 2009, 02:46 PM
Marline, goeie punt!

mari
Jun 6th 2009, 10:23 AM
Pyn wat reg en beheersd toegepas word, is 'n uitstekende leer-middel. En dit is tog waarom ons ons kinders pak gee, nie uit wraak of woede nie, maar sodat hulle kan leer dat daar 'n gevolg is vir verkeerde optrede / ongehoorsaamheid.

Om ons kinders te tugtig en daardeur leer wat reg en verkeerd is, is 'n gawe wat ons hulle gee, en ons doen dit juis omdat ons vir hulle lief is.

Philip ....

wat is die verskil tussen jou ongehoorsame 3 jarige met die plathand bykom tot dissipline, en jou 30 jarige vrou wat nie onderdanig is nie, dieselfde toedien ?

:hmm:

protea
Jun 6th 2009, 11:11 AM
'n goeie pak slae het my nooit as kind enige skade aangedoen nie, al was ek in een geval nie eers skuldig nie :)

RR, ek is seker jy onthou nie een van die pakke slae wat jy verdien het nie, maar elke ONREGVERDIGE een!

Philip dT
Jun 6th 2009, 05:11 PM
Philip ....

wat is die verskil tussen jou ongehoorsame 3 jarige met die plathand bykom tot dissipline, en jou 30 jarige vrou wat nie onderdanig is nie, dieselfde toedien ?

:hmm:

Mari, die verskil is dat my vrou reeds 'n geïnternaliseerde waardestelsel het en dat sy nie meer is dieselfde dissipline-struktuur staan as wat sy gehad het onder die gesag van haar ouers nie. Sy is ook onderworpe aan tug vanaf die liggaam van Christus, maar dit neem 'n ander vorm aan as met kinders. Lyfstraf is nie vir grootmense bedoel nie, die bybel verwys telkens daarna in konteks van kinders. Dit is 'n hulpmiddel om vir ons kinders die regte grense te stel waarbinne hulle veilig kan voel en kan leer wat is reg en wat is verkeerd. Hulle moet leer daar is 'n gevolg vir verkeerde optrede en ongehoorsaamheid. Persoonlik dink ek lyfstraf behoort nie nodig juis te wees na 5 as die basis reg gelê is nie, miskien by uitsondering. Maar lyfstraf sien ek ook nie as die enigste moontlike straf nie, daar is baie ander moontlike strawwe, maar dit is net so dat pyn 'n baie goeie leermiddel is. As jy jou handjie een keer brand teen die warm plaat, dan gaan jy weet die plaat maak eina.
Ongelukkig is dit so dat kinders wat nie lyfstraf kry nie dikwels baie ongedissiplineerd is en ook later in hulle lewens sukkel met dissipline.

marline
Jun 6th 2009, 05:53 PM
Ongelukkig is dit so dat kinders wat nie lyfstraf kry nie dikwels baie ongedissiplineerd is en ook later in hulle lewens sukkel met dissipline. Net so Philip, hiervoor 10/10:lol::lol:

Tonton
Jun 7th 2009, 09:36 PM
Mari, die verskil is dat my vrou reeds 'n geïnternaliseerde waardestelsel het en dat sy nie meer is dieselfde dissipline-struktuur staan as wat sy gehad het onder die gesag van haar ouers nie. Sy is ook onderworpe aan tug vanaf die liggaam van Christus, maar dit neem 'n ander vorm aan as met kinders. Lyfstraf is nie vir grootmense bedoel nie, die bybel verwys telkens daarna in konteks van kinders. Dit is 'n hulpmiddel om vir ons kinders die regte grense te stel waarbinne hulle veilig kan voel en kan leer wat is reg en wat is verkeerd. Hulle moet leer daar is 'n gevolg vir verkeerde optrede en ongehoorsaamheid. Persoonlik dink ek lyfstraf behoort nie nodig juis te wees na 5 as die basis reg gelê is nie, miskien by uitsondering. Maar lyfstraf sien ek ook nie as die enigste moontlike straf nie, daar is baie ander moontlike strawwe, maar dit is net so dat pyn 'n baie goeie leermiddel is. As jy jou handjie een keer brand teen die warm plaat, dan gaan jy weet die plaat maak eina.
Ongelukkig is dit so dat kinders wat nie lyfstraf kry nie dikwels baie ongedissiplineerd is en ook later in hulle lewens sukkel met dissipline.

Goed geantwoord. Dankie.

Baie dink dit is mishandeling om kinders te "looi" - maar die vrug van dissipline is goed waar kinders wel op die regte tyd slae gekry het.

Anton

Your Advert here

Hosted by Webnet77