PDA

View Full Version : Die goeie nuus boodskap



Migael
May 23rd 2009, 05:55 AM
Hallo

Kan iemand asb. vir my verduidelik wat die hedendaagse Christen se definisie/ begrip van die evangelie boodskap (die goeie nuus) is.

Groete
Migael

RR van Wyk
May 23rd 2009, 06:20 AM
Dat ons Skepper ons so liefhet dat Hy Sy enigste Seun gestuur het om vir ons sondes te sterf, sodat ons eendag kan deel in die ewigheid by Hom.

Jesus Christus was die perfekte offer wat alle ander offerandes in die outestament vervul en tot niet gemaak het.

Vandag, deur 'n persoonlike verhouding met Jesus te h, deel jy in Sy liefde. Enige ware Christen gelowige se lewe word heeltemal verander. Sy fokus skuif van homself af en begin na die mense om hom se benodighede kyk. Of dit jou vrou is, familielid of vriend, jy word 'n steunpilaar vir hulle waarop vertrou kan word.

As Cristen is daar net twee gebooie wat nagekom moet word: Om jou naaste lief te h soos jouself en om ons Here lief te h met ons hele hart.

Volg dit en jou hele lewe val in plek!

CFJ
May 24th 2009, 03:06 PM
Hallo

Kan iemand asb. vir my verduidelik wat die hedendaagse Christen se definisie/ begrip van die evangelie boodskap (die goeie nuus) is.

Groete
Migael

Hallo Migael en baie welkom hier by Lighuis!

Die boodskap van die Evangelie is presies dieselfde wat dit in die begin was en handel suiwer oor Goddelike versoening, wat in Jesus, deur Jesus en tot Jesus Christus vir elke verlore mens gekom het. Hierdie boodskap kon nie verander, behalwe as daar 'n intergrale deel daarvan verlore gegaan het, soos meesal die geval is in ons dag. Die goeie nuus wat Jesus gebring het, is werklik goeie nuus, maar van nature verstaan mense dit nie altyd so nie.

Die goeie nuus kan die heel beste opgesom word deur die volgende omvattende begrip, Goddelike versoening! Die Evangelie het skeiding tussen vlees en gees gebring en spreek elke mens se siel ten diepste aan, want slegs as die vlees sterf, kan God se Gees in jou eie gees gebore word, wanneer die geestelike lewe dan ook begin. Voor dit is jou eie gees dood vir die dinge van God en is mens se gees ook onvrugbaar om die werking van die Gees van God te verstaan. Die Evangelie vertel dat Jesus die oorwinning by die kruis behaal het en dat ons niks hoef te doen, behalwe om dit te glo nie. Om dit te glo en jou eie te kan maak, is die kruisboodskap daar om die mens se vlees te laat sterf, sodat die siel gered kan word en die Gees in elke mens gebore kan word. By die kruis self was die beste voorbeeld moontlik, toe 'n veroordeelde moordenaar Jesus in sy laaste oomblikke ontmoet het as Verlosser. Mens ontmoet Jesus eerstens as Verlosser, want Hy het net gekom om te soek en te red, diegene wat verlore was/is. (Eers na mens Hom as Verlosser ontmoet kan mens Hom ken en ken Hy jou. Ook eers dan kry al die 250 name en titels wat Jesus het, die volle betekenis.) Al wat die moordenaar gedoen het in sy werklik verlore staat, toe sy vlees verseker moes sterf en hy dit geweet het en ook die hele wreld dit vandag kan weet, was om in hierdie totale verlore staat Jesus se naam aan te roep. Daar staan dan ook, En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Hand 2:21) Dit is presies wat met myself in 1987 gebeur het, ek het terwyl ek besef het ek is werklik verlore en my vlees is werklik nietigheid en dat op hierdie aarde vir my geen heenkome is nie, Jesus se naam aangeroep. My vlees was dus gekruisig, soos wat die moordenaar aan die kruis se vlees ook moes sterf en dit op geen beter, praktiese wyse illustreer kon word nie! Omdat die mens in wese trots is, konfronteer die Evangelie elke mens geweldig intens, om die vlees in elkeen te laat sterf. Oor hierdie rede hou meeste mense nie daarvan nie en dit is ook oor hierdie rede dat meeste mense diegene haat wat die Evangelie onverdund verkondig. Wie wil nou hoor, hy of sy is verlore?

Die goeie nuus is dat wanneer die vlees sterf en God se Gees in mens gebore word, mens inderwaarheid van jouself gered word, jou eie destruktiewe self. Oor hierdie rede s die skrif in Galasirs 2:20, Ek is met Christus gekruisig, en k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Wat hier in Galasirs 2 staan is werklik en mens kan dit net so ervaar. Dit is 'n wonderlike ervaring, wanneer mens bewus is van jou eie swakheid en ook nietigheid, as die Seun van God deur die Gees van God jou krag en vrede gee, wat jy nie weet hoe dit moontlik kan wees nie. Tog is dit moontlik en alles begin by die wedergeboorte of ook bekend as mens se persoonlike ontmoeting met Jesus. Die werklike goeie nuus is dat hierdie wreld kan verbygaan, maar God se koninkryk sal nooit verbygaan nie en ons kan nou al 'n smakie daarvan kry terwyl ons hier is. Dis goeie nuus om te dink daar is 'n plek van volkome vrede en dat daar antwoorde is vir al ons probleme.

Wil jy hemel toe gaan en wil jy Jesus graag ontmoet? Weet jy wat jy moet doen om wel die hemel te sien en hoe om Jesus persoonlik te ontmoet? Meeste van ons wat hier deelneem het Jesus al ontmoet voor ons hier begin het, maar hier is van ons wat Hom baie onlangs ontmoet het en wat Hom ontmoet het op hierdie forum. Jy kan hierdie getuienis self hier gaan lees! (http://bibleforums.org/showthread.php?t=149096)

Deel van mens se getuienis sal altyd 'n pad van vernedering insluit, want wanneer die vlees moet sterf kan dit nie sonder vernedering plaasvind nie. Ongelukkig hou mense nie van vernedering nie en ongelukkig vind baie nooit uit wat die verhewe doel daaragter is of was nie. :cry:

Jabba
Aug 9th 2009, 11:07 PM
Hi, Migael.
In verband met jou vraag, ek dink jy benader dit dalk op die verkeerde manier. Daar is nie 'n hedendaagse 'goeie nuus' boodskap nie, dis 'n boodskap ouer as ek en jy saam. Moet nou nie skrik en dink dis ou nuus wat ons probeer nuut maak nie. Daardie 'ou nuus' van die evangelie is vandag meer ter sprake as ooit tevore!
Uit die aard van jou vraag lei ek af dat jy maar bietjie skepties is oor al hierdie 'redding' en 'bekeer jou nou' stories. En tereg dink jy dalk so, maar iets vertel my jy het tot die besef begin kom dat daar net een van twee uitlope op ons lewens gaan wees eendag: of die hel, of die hemel.?
Is dit 'n keuse? Nee, dis 'n vereiste. Dis 'n vereiste, dat, as jy nie wil hel toe gaan nie, jy die 'hedendaagse' goeie nuus moet glo!
Nou hoor ek jou al....dis nie nie 'n vereiste nie, dis afpersing!
Wel, as dit jou in die hemel gaan kry....nee, dis nie wat ek aan jou wil oordra nie. Sien, as jy eers tot 'n besluit gekom het dat daar meer in hierdie lewe is as net dit waarmee ons onself elke dag besig hou, daar vir jou 'n hemelsbree pad voorle! (ek weet nie hoe om dotjies en kappies te maak sonder die 'magic' kodes nie, so lees hulle maar in, okay!)
Jy is eintlik in 'n baie bevooregte posisie. Sien, jy hoef nie eers ver te gaan soek van hoe om die ewige lewe te kry nie, ons sal jou help totdat jy op jou voete is, dan gaan jy ons dalk 'n ding of twee leer!
Ek neem aan jy het 'n bybel, as jy nie een het nie, wel, kry een...en dan lees jy Hand 4:12...en dan Johannes 8:31 en 32.
Nou kyk, met daai inligting kan jy nie anders as om die 'outydse' inligting op toepassing te maak op die 'hedendaagse' evangelie nie!
Net so terloops, as jy besluit om die bybel van voor tot agter te lees, moenie, wel nie vir eers nie. Lees eers Handelinge 7:1 - 50, dan Matteus 5, 6 en 7, en dan die hele Johannes. Dan begin jy voor...
Wees geseend...en hou vas aan die geloof.;)

Willem
Aug 13th 2009, 10:05 PM
Hi Migael,

Vir my was dit die skok besef dat God "RERIG" is :o

Toe ek dit weet , toe weet ek hoe vuil ek is en hoe sondig ek is :cry: en kon ek nie anders as om SNT vir vergifnis te vra nie.

Die hedendaagse evangelie is wat in die Bybel geskryf staan.. God het dit self laat skryf... ek sukkel nog met goed daar wat ek nie verstaan nie, maar as ek mag opsom sou ek se:

God wat regtig bestaan het alles geskep , hemel en hel ingesluit en ek en jy verdien om hel toe te gaan omdat ons nie heilig is soos God is nie ( d.w.s ons sondig , is ongehoorsaam ; probeer 10 gebooie en as jy een een keer gemis het in hele lewe is dit hel toe , want dis hoe heilig God is en hoe Hy sonde moet straf ) MAAR God IS ook liefde soos wat ons nooit sal kan verstaan of eers kan he nie ... sal jy vir die man wat jou hele famile voor jou vermoor en martel in sy plek die doodstarf daarvoor vat ?

God het in effek dit vir jou en my gedoen... ons wat hel toe moes gaan se straf is deur Jesus betaal toe Hy aan die kruis vir ons kom sterf het... hoekom? Want God het ons so lief gehad , dat Hy Sy enig gebore Seun gegee het..... Hy wat nooit gesondig het nie, kon die straf vir ons vat en ons loskoop van die sonde.

Dis die goeie nuus... Jesus het in ons plek die prys vir ons sondes betaal en nou kan ons vergewe word en hemel toe gaan. As Hy dit vir jou wys , dan sal Hy ook die res van die werk in jou doen wat nodig is..

Gaan lees die nuwe testament; bid en vra die Here om die Woord vir jou oop te maak en jou te wys alles wat Hy jou wil leer en Hy SAL !

Marinda
Sep 24th 2009, 01:39 PM
Vir my is die goeie nuus dat ek geregverdig is voor God, my stand is voor God reg gestel deur die offer wat Jesus vir my gedoen het, as God nou na my kyk, sien Hy my soos Jesus, skoon gewas deur Sy Seun se bloed. Nie meer 'n sondaar nie, maar ongelukkig is ek nog in 'n sondige wereld, en ek is nie volmaak nie, al strewe ek daarna. Ongelukkig is my wandel ook nie reg nie, ek bly val en opstaan, gelukkig het ons 'n voorspraak in Jesus wat sit aan die regterhand van God. En die beste nuus van al's is dat Jesus 100% in my lewe, in my hart is, so Sy genesing het ek 2000 jaar terug geontvang, Sy vergifnis, Sy beskerming en Sy toe geneentheid het ek al's in my. So ek hoef nie te bid daarvoor nie, ek kan net begin dankie se vir dit wat klaar in my is, ek moet net my geskenk in ontvangs neem, en dit begin gebruik.