PDA

View Full Version : Help asseblief hoe om n huis te salf en myself,man,diere en kind?



rozanne
Oct 11th 2009, 02:13 PM
hi

ek is nuut hier.ek wil graag weet of iemand my kan help.ek wil my en my vriendin se huis salf.kan iemand my meer inligting gee oor hoe om dit reg te doen.ek wil my vriendin en haar man ook salf.ek wil my man en kind ook!!!asb help.:help:

David2
Oct 11th 2009, 03:04 PM
Rozanne
Daar is 'n geweldige groot verskil tussen die salwing wat in die Ou Testament uitgevoer is, en die salwing van die Heilige Gees wat in die nuwe bedeling vir ons gegee is. In die ou bedeling het mense offers na die tempel gebring om hulle sonde te bedek. In ons bedeling het ons net een offer: Jesus Christus.

In die ou bedeling het hulle Joodse seuntjies besny as teken van God se verbond met die mens. In die plek daarvan het ons vandag die besnydenis van die hart vir alle nasies en alle geslagte. Hierdie besnydenis is volkome en reinig ons van 'n sondige gewete soos die ou besnydenis nie kon doen nie (Kol. 2:11-13).

In die ou bedeling het mense die Sabbat onderhou, een dag van die week, maar Heb. 4 verduidelik hoe ons nou een maal en vir altyd in God se ewige Sabbat ingegaan het deur Jesus Christus. 'n Dag van die week kan nou niks meer vir ons doen nadat Jesus dit alles vervul het en vir ons soveel meer gegee het nie.

Dieselfde met salwing. Ons is en word nou gesalf met die Heilige Gees se permanente teenwoordigheid in ons lewe. Wie sal nou nog salwing met olie begeer as hy deur God se permanente inwoning self gesalf word (1Joh. 2:24-27).

As jy dus jou man. (jou huis) en jou familie wil salf, bring hulle in aanraking met Jesus Christus en sy Woord, bid vir hulle voortduurend en laat God deur sy Gees in hulle harte werk totdat hulle kan getuig van sy salwing in hulle lewe. Geen olie kan doen wat God se Gees vir hulle kan doen nie. Ek bid en vertrou dat jy die kragtige waarde van ons Nuwe Testamentiese salwing sal begryp en aanvaar en ten volle sal geniet!

Lanie
Oct 12th 2009, 06:51 AM
Baie goeie antwoord David....:thumbsup:

Ta-An
Oct 12th 2009, 07:14 AM
http://bibleforums.org/showthread.php?t=170111&highlight=salf
http://bibleforums.org/showthread.php?t=105044

Om 'n nuwe woning te salf...is basies om dit in te sen.

Om dit skoon en heilig te verklaar...

Dit gaan gepaard met gebed, soortgelyk aan gebed wat mens sal gebruik by die doop geleentheid..... beste is om nie op instruksies van ander mense te handel nie, maar gaan soos die Gees van God jou lei ;)

....sal mens 'n dier doop... nee... die Bybel maak sekerlik nie daarvoor voorsiening nie ;)

.... sal mens 'n huis salf.... Ja... gaan lees die gedeelte oor Paasfees.. :D

Johnny
Oct 20th 2009, 12:28 PM
Daar is 'n dvd daar buite wat baie mense meer skade aangedoen het as goed, "Maak jou huis skoon". Ek kry mense vandag wat tot meubels, tv's en wat ookal wil salf. Al bou jy jou huis uit Bybels en nie bakstene nie, sal dit nie die satan afskrik nie.

Dit is wat jy in jou hart ronddra wat saak maak. Ek kan nog steeds met 'n hart vol sonde, 'n vlees vol wellus in my gesalfde huis instap. Gratis video (http://www.oospoort.co.za/source/video.html) kan afgelaai word wat hierdie aspek aanspreek.

CFJ
Oct 20th 2009, 12:50 PM
Daar is 'n dvd daar buite wat baie mense meer skade aangedoen het as goed, "Maak jou huis skoon". Ek kry mense vandag wat tot meubels, tv's en wat ookal wil salf. Al bou jy jou huis uit Bybels en nie bakstene nie, sal dit nie die satan afskrik nie.

Dit is wat jy in jou hart ronddra wat saak maak. Ek kan nog steeds met 'n hart vol sonde, 'n vlees vol wellus in my gesalfde huis instap. Gratis video (http://www.oospoort.co.za/source/video.html) kan afgelaai word wat hierdie aspek aanspreek.

Ek het die DVD gesien van Pastoor Dries van As, met die titel, 'Maak jou huis skoon of maak jou hart skoon?' Dit het my net getref dat okkultiese en ook New Age simbole deurspek is in ons daaglikse gebruiks-artikels. Mens kan jou huis skoon maak, maar wat doen jy met die Mercedes Benz wapen op jou voertuig, soos vele ander voertuie se wapens ook ander wortels as Bybelse wortels het? Gaan kyk gerus wat die simboliek van voertuig embleme meesal op neerkom as een enkele voorbeeld van ons algehele leefwreld. Mens kan tog nie net jou huis skoonmaak en jou in 'n wreld bevind wat werklik in die mag van die bose is, sonder om daaraan ook aandag te gee nie? Juis hieroor maak dit vir myself veel meer sin om jou hart skoon te maak, want ons bly in 'n plek van ons vreemdelingskap en al hierdie okkultiese simboliek is oorwin by die kruis en ons burgerskap is reeds in die hemele, vanwaar ons verwag ons Messias wat kom, wat was en wat is.

Hierdie DVD kan werklik aanbeveel word, want dit is veel meer realisties om jou hart skoon te hou as om jou huis skoon te hou in die geestes-wreld. Tog is die feit dat mens nie smetlikhede in jou huis wil h nie, nie 'n ongegronde beginsel nie en skiet mens nie die DVD oor, 'Maak jou huis skoon', heeltemal af nie. Die balans in hierdie DVD van Tiaan Gildenhuys is soos ek dit self sien en die Skrif verstaan, egter nie gesond nie.

Johnny
Oct 20th 2009, 01:10 PM
Ek self hou niks van drogbeeltjies en so aan nie, tog het ons baie mooi Afrika kunswerke. Ek hou van die buitelewe, wildtuin, kamp ens. Ek self bly in 'n grasdak huis en wat gaan nou beter saam as 'n mooi afrika kuns stuk, maar daar is perke.

Demone en geeste kan in elk geval nie in dooie materieele ding oorleef nie.....hulle soek 'n mens om in te woon....iets wat hulle kan vernietig sodat dit nie deel kan wees van die Heerlikheid van God nie.

Voorbeeld:

Mat 12:43 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.
Mat 12:44 Dan s hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.
Mat 12:45 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. S sal dit ook wees met hierdie bose geslag.

Your Advert here


Hosted by Webnet77