CFJ
Feb 15th 2010, 09:39 AM
- Rapporthttp://i240.photobucket.com/albums/ff248/itldo/096b9dcd9bec400f916cb05bcc7f78d7.jpg
Johannes de Villiers
Die wêreld is in beroering nadat ’n groep Suid-Kaapse Christene glo die eerste tekens van Christus se wederkoms in die wolke bokant Mosselbaai gewaar het.
Sedert die Mosselbaaise dorpskoerant The Mossel Bay Advertiser verlede maand foto’s gepubliseer het van ’n trompet en Christus self wat in die wolke sweef (aldus die plaaslike godsdiensgroep Second 8th Week) stroom reaksie van so ver as Saoedi-Arabië en Washington DC in.
Apostel Rina Bekker van Second 8th Week meen die bal is aan die rol vir die wederkoms.
Second 8th Week is ’n Christelike beweging met ’n sterk apokaliptiese inslag. Bekker het ’n paar jaar gelede die eerste tak in Suid-Afrika gestig. Benewens die Bybel plaas hulle ook groot klem op die apokaliptiese boek van Henog en die voorspellings van Siener van Rensburg. (Siener het volgens Bekker gesê ’n wêreldwye herlewing gaan in Mosselbaai begin. “Hy het die wiel van hier af na die Kalahari sien rol, en van daar oor die hele wêreld.”)
Een van die beweging se volgelinge het glo al in 2006 ’n reeks foto’s geneem van iets soos ’n rooierige trompet wat bokant die Suid-Kaapse sonsondergang sweef.
Toe die foto’s verlede maand in The Mossel Bay Advertisergepubliseer is, het dit enorme belangstelling ontlok.
Hierna het me. Rosa Ellis vir die koerant ’n foto gestuur wat sy in Danabaai geneem het van wolke wat lyk na Christus die Herder met ’n lam in die waai van sy een arm.
Dié storie is ’n paar keer deur die Advertiseropgevolg en het tot navrae uit Engeland, Amerika, Zimbabwe en elders gelei. “Ek voel al ek moet ’n PA kry om die navrae te hanteer,” sê Lucinda Ross, verslaggewer van die koerant.
“Mense kom nou al na Mosselbaai om te sien wat volgende gaan gebeur,” vertel die apostel.
- ’n Vrou van Groblersdal het laat weet die Here sê sy moet Mosselbaai toe kom – sy pak al haar goed.”
Second 8th Week is nie verwant aan enige hoofstroomkerk nie, sê Bekker. Hulle glo God sal in die eindtye eers sy Bruid reinig.
Die laaste ruk sien sy en lede van haar bewegings glo ook engele. “Ons sien hulle veral in Mosselbaai. Jy sien ’n engel in ’n ligflits. Soms is hy so klein soos ’n koppiespeld. Soms ’n helder lig. Soms ’n lang streep. Jy kan sien dit is bonatuurlik.”
Een NG predikant sê egter hy is skepties oor Second 8th Week se bedrywighede. Ds. Sieg Louw, wat tot onlangs in Mosselbaai gewoon het, meen dié groep stamp gans te veel koppe met die ander kerke in die dorp.
“Dit bly vir my vreemd dat Second 8th Week sê hulle heg groot waarde aan kerkeenheid, maar in dieselfde asem sê hulle alle ander kerke is vals kerke.
“Dit is beslis nie vir my om te sê met wie God praat en wie nie. Ek is wel skepties oor die interpretasies wat aan hierdie foto’s geheg word.”
Hoe verifieer mens sulke tekens? Daar staan immers geskrywe...
Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
(2Thes 2:7-10 AOV)
Dis duidelik dat Jesus se koms deur almal gesien gaan word en wanneer Hy in die agterhoeke gewaar word en mense jou kom vertel van Hom, glo dit nie, staan daar,
As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
(Mat 24:23-27 AOV)
Die regverdige sal deur die geloof lewe, nie deur tekens nie en Jesus het sulkes wat tekens najaag, 'n owerspelige geslag genoem. Geloof wek immers ook tekens, maar as tekens gebruik word om geloof te wek, wees maar versigtig, sou mens reken.