CFJ
Feb 20th 2010, 12:53 PM
Op 'n ander forum het iemand teenoor my aangedui dat Jesus nie die enigste mens is wat dood was en weer opgestaan het nie, daar was o.a. ook iemand soos Horus. Dit het my genoodsaak om dit van nader te ondersoek en hier was die antwoord wat ek die persoon gegee het. Die vraag is, het Horus opgestaan uit die dode en as dit wel so is, waar is Horus nou?
Dat Jesus Christus opgestaan het uit die dode en gekruisig is, is iets wat niemand kan negeer nie, veral nie as mense vandag nog getuig dat hulle Hom persoonlik ontmoet nie! Jesus se kruisiging en opstanding is een van die mees onaanvegbare gebeure in die geskiedenis, inteendeel, die wat dit al ondersoek het, reken dit is die waterdigste saak wat enige advokaat of prokureur kan verdedig.
Lees gerus hierdie skakel, 'Greenleaf concluded that according to the jurisdiction of legal evidence the resurrection of Jesus Christ was the best supported event in all of history!' (http://www.av1611.org/resur.html)
Wie was Horus (http://en.wikipedia.org/wiki/Horus) in kort en miskien kan almal Wikipedia raadpleeg soos in die skakel gegee vir 'n kort oorsig? Horus was dus 'n Egiptiese god en oor die algemeen was geglo dat die Farao's die manifestasie van Horus self is. Die vraag is net, deur wie manifesteer Horus nou vandag, as hy deur die Farao aan bewind tot lewe kom? Ek dink mens kan met redelike sekerheid sê, Horus behoort tot die verlede en in hierdie skrywe sal ook gepoog word om dit beter te omskryf.
In die Bybel lees mens van die tien plae in Egipte en hoe die volk Israel, wat daar in slawerny was, deur God se intreding verlos was. Die Egiptiese gode was ‘n werklikheid vir die Israeliete en daar sou iets buitengewoons moes gebeur, sodat hulle kon sien die God van die Bybel, die God van Abraham, Isak en Jakob, is die enigste ware en lewende God. Die staf van Egiptiese Farao’s, het hulle gesag beklemtoon en dit was ‘n uiters belangrike simbool vir gesag. Toe Moses 40 jaar in die woestyn was, het God hom ook ‘n staf gegee, waarmee hy skape opgepas het. Hier het God ‘n verhouding met hom opgebou en einde ten laaste na 40 jaar, hom beveel om Sy volk uit Egipteland te lei. Een van die eerste dinge wat dan ook gebeur het in hierdie konfrontasie wat sou volg met veral die Farao, was dat Moses sy staf op die grond gegooi het en dit toe ‘n slang geword het. Die towenaars in Egipte kon dieselfde doen en toe die slang van Moses (die staf wat gesag aantoon), die slange van die towenaars opeet, was dit vir die volk en ook Moses ‘n eerste teken dat God se gesag hoër as die Egiptiese gode s’n is en inderwaarheid hoër as satan s’n is. Hierna het die tien plae gevolg en dit was nie sommer net per toeval tien plae nie, dit was tien oorwinnings wat God oor tien Egiptiese gode gehad het, om sonder enige teëspraak, Sy gesag en soewereine Godheid aan te dui.
So het Moses met hierdie gesag as agtergrond, God se volk uit die slawehuis uitgelei, na die oorwinnings wat eers behaal moes word. Satan is aan die einde van die dag ‘n na-aper en weens sekere ooreenkomste wat daar met die Egiptiese god Horus en Jesus is, wou satan heerskappy opeis, maar die geskiedenis wys die teendeel. So het hierdie verhaal van die volk Israel se oorwinning oor die Egiptiese gode, eintlik gewys op die oorwinning wat hulle oor satan gehad het. Moses was ‘n tipe van Christus en die lydensweg en roete wat hulle uit Egipteland gevolg het, is ‘n bloudruk van wat sou kom.
Presies 3 uur die middag moes die lam wat geslag was, se bloed aan die deurkosyne gesmeer word en op die 3de dag het hulle deur die Rooi See getrek. Presies 50 dae later het hulle die wet op die berg Sinai ontvang en met die afkoms was die volk besig om die goue kalf te aanbid ('n hunkering na die gode van Egipte, soos ons vandag nog doen met ons wêreldse ingesteldheid), waar 3000 siele met die dood gestraf was.
Jesus, die Lam wat vir ons geslag was, het presies 3 uur die middag gesterf op die kruis en op die 3de dag het Hy opgestaan, toe Hy vir ons deur die Rooi See gegaan het en eerste opgestaan het. Presies 50 dae later is die Heilige Gees uitgestort, toe die wet op ons harte geskryf was as die nuwe manier waarop die wet sou werk. Om die ooreenkoms reg te laat geskied en ook die lewe wat Christus bied te illustreer, is 3000 siele op Pinksterdag gered, deur aan te toon die wet kan nie red nie en daar by die berg Sinai 3000 siele verlore gegaan het.
Jesus se oorwinning oor satan is niks anders as die oorwinning wat Hy oor Horus gehad het nie. Horus se verhaal bly vandag slegs ‘n mitologiese verhaal, want Horus is dood en niemand kan Horus ontmoet nie, behalwe deur die werking van die satan (wat Horus bloot as 'n tipe van homself voorgehou het en vele ander manifestasies ook het). Farao wat Horus verteenwoordig, was letterlik in die Rooi See begrawe en dit is presies wat Jesus se kruisdood en opstanding met satan gedoen het, want Horus is bloot 'n tipe van satan. Die Farao’s se krag was ook nooit weer dieselfde na die Eksodus van Israel uit Egipte nie en dit kan vandag op rasionele wyse gesien word, want die gode van Egipte was vir altyd oorwin. Horus is ook simbolies in die Rooi See begrawe, soos wat satan met Jesus se opstanding begrawe is en wys daarop. As Horus geleef het, sou Horus dissipels (volgelinge, dit is wat dissipel beteken) gehad het van noemenswaardige bewustheid. Jesus het baie dissipels en baie volgers en baie getuies van letterlik miljoene, wat Hom heeltemal in ‘n ander liga plaas wat lewe betref en werklik buitengewoon uniek maak.
Ongelukkig bring satan dood en mense wat satan in hierdie lewe ontmoet, kan getuig wat iets soos satanisme aan mens doen, want daar is letterlik en simbolies geen lewe wat dit wek nie en ook kan wek nie, want satan is reeds begrawe in die Rooi See en wag nou net vir die wederkoms se oordeel. Hy weet reeds waar hy gaan eindig en is jaloers en eintlik afgunstig, want jaloers en afgunstig is totaal verskillende gedagtes, op elke mens se toekomstige heil. Oor hierdie rede sal hy Horus wil laat lewe en elke ander afgod denkbaar, sodat mense mislei kan word vir die ewige verderf. Dit sal egter goed wees om meer in detail na die ooreenkomste tussen Horus en Jesus Christus te kyk, maar mens sal dit graag in Afrikaans wil vertaal en ek hoop die inligting wat hier weergegee is tot dusvêr, is korrek.