PDA

View Full Version : Paasfees - OpstandingsFees - Verbondfees ......

mari
Mar 30th 2010, 01:02 PM
Die Pase is die viering van die kern van ons Christelikke geloof ..... die sterwe en opstanding van Christus .....

waar Christus die sonde van Adam en die wereld op Hom geneem het ...... gesterf het ....... en dit hel toe gevat het ........ en weer verrys het om ons mensekinders vry te maak .......

waar Christus al ons pyn en leiding van 'n gebroke mensdom op Hom geneem het ....... om vir ons genesing te bring ........

die afsluiting van die ou verbond met Israel ..... en die instelling van die nuwe verbond met almal wat glo .......

...... en tien dae later die uitstoring van die Heilige Gees op Sy Kerk ........

Hoe hanteer jou gemeente die Paastyd en Pinkster tyd ? .....

Wat maak julle families met die paashasies en eiers ........ ?

shaolm
m

Ta-An
Mar 30th 2010, 05:30 PM
Van Paasfees tot Pinkster is 50 dae... :D

Ta-An
Mar 30th 2010, 05:35 PM
Malva lekkers met tjolits oor is baie lekker, betken dit iets spesiaal ??? :hmm: Toe die kinders klein was het ons vertel oor nuwe lewe.... vandag kyk hulle my skeef aan dat Christene so stupid kan wees om heidense gebruike te wil verchristelik ....

..... alhoewel, die kerk deel paaseiers uit in die kerk op Sondag!! Maar dan doen hulle ook 9 stasies van die kruis... :eek:

Ta-An
Mar 30th 2010, 07:39 PM
wat is verbonds fees in engels??

Johnny
Mar 31st 2010, 07:50 AM
wat is verbonds fees in engels??

Seker maar Covenant Feast of Feast of the Covenant......of seker net "Passover".

Mari, ons het 4 dienste en ek kan nie wag nie! Vrydag oggend 9uur, 6uur die aand, Saterdagaand 6uur en Sondag oggend 10uur. O ja......ons eet die paaseiers....koop hulle sommer by Spar, en nee, daarmee gee ek nie my goedkering vir paaseiers nie, ek laaik choclates!:yes:

Die Filadelfieer
Mar 31st 2010, 08:09 AM
Hoe hanteer jou gemeente die Paastyd en Pinkster tyd ? .....
Wat maak julle families met die paashasies en eiers ........ ?

Vrydag oggend kerk toe, Pinkster is een van my gunsteling kerk-tye : hopelik maak die tannies by die nuwe gemeente ook sulke lekker sop en broodjies :)

Paas-eiers en die haas is verbode in ons huis vandat ons uitgevind het waarvandaan dit kom : dit is niks anders as 'n vieslike heidense gebruik wat oorgespoel het na die moderne weste nie : die ware "storie agter die storie" is om van naar te word.

Johnny
Mar 31st 2010, 08:20 AM

Soos ek se ek hou van choclates. Se my Fila, dink jy daar in demone in die choclates dat jy dit nie wil eet nie, ongeag die oorsprong daarvan?

Die Filadelfieer
Mar 31st 2010, 08:40 AM
Soos ek se ek hou van choclates. Se my Fila, dink jy daar in demone in die choclates dat jy dit nie wil eet nie, ongeag die oorsprong daarvan?

Ek besef jy is sarkasties, maar nee, ek weet nie van demone in " choclates" nie, nee. Weet jy waar die idee van paaseiers en die paashaas vandaan kom ?

Johnny
Mar 31st 2010, 08:49 AM
Ek besef jy is sarkasties, maar nee, ek weet nie van demone in " choclates" nie, nee. Weet jy waar die idee van paaseiers en die paashaas vandaan kom ?

Ek dink die paaseiers kom van die haan wat op die kerk toring staan. Terloops, weet jy waar kom die haan op die kerk toring vandaan?

Dis die haan.....dis die haan....dis die haan wat op die kerktoring staan.....

Ek weet die oorsprong is okkulties van die paaseiers en hase, maar dit maak nie die choclates sleg nie. Ek eet choclates wat uit China kom. Die chinese dien Budha. Is die choclates ook okkulties?

Die Filadelfieer
Mar 31st 2010, 09:06 AM

Dit is dan goed so Johnny, verseker gaan ek jou nie vertel om minder sjokolade te eet nie. Vir my gaan dit eerder oor die OORSPRONG VAN DIE GEBRUIK as waarvan die moderne weergawe gemaak word, en waar jy blykbaar vas gesteek het.

Net ter interesantheid , die rede hoekom die eiers en hase nie welkom in my huis is nie (http://www.lasttrumpetministries.org/tracts/tract1.html).

'n Enkele aanhaling uit die artikel wat my aangeraak het :

You must answer for your activities and for what you teach your children.

Ek leer eerder my kind dat hierdie dinge SLEG is, en voed hulle op met die kennis van van waar dit vandaan kom. Ek het eintlik nie 'n keuse in hierdie verband nie : ek het voor God gestaan en belowe dat ek dit sal doen die dag toe my kind gedoop is. Ek leer hom ook om nie skaam te wees oor sy Christen oortuigings nie, al is dit vreemd vir "die wÍreld" dat ons nie paas-eiers eet of 'n kersboom het nie.

Johnny
Mar 31st 2010, 09:19 AM
Fila ek stem saam met jou. My dogter leer ook baie dinge van kleins af, inteendeel, sy praat tot met haar onderwysers oor die goed...en kry natuurlik die nodige TEENSTAND!

Ek het op die 2de Februarie 'n plasing gedoen oor Valentynsdag. Tot vandag toe was daar geen ENEKELE haan gekraai or my plasing, het sy TEEN of VIR nie. Daar was wel 125 besoeke aan die draad. Waaroor die bohaai oor 'n paaseier? Ek dink die selfe geld vir die heidense paasfees. Dit is 'n kommersieele skema....

http://bibleforums.org/showthread.php?202666-14-1-Miljard....op-een-dag!&highlight=valentyns+dag

Paul Pienaar
Mar 31st 2010, 01:47 PM
Ek eet choclates wat uit China kom. Die chinese dien Budha. Is die choclates ook okkulties?

Nee O gits Johnny,

Chinese chocolates.....hulle ken mos nie van goeie chocolates nie. Ek mis Beacon
se produkte so erg. Nie eens die Cadbury produkte hier (Taiwan se China) proe
soos regte chocolate nie. Ons eet as reŽl nie produkte wat uit China uit kom nie,
want heel party kere kry mens 'n bietjie meer by-produkte as wat mens graag sou
wou hÍ. Vir goeie chocolates, soek ek maar by die duur winkels en dan hoes ek maar
daarvoor.

Terloops, eintlik is die meeste Chinese nie Boeddhiste nie. Eerder Taoiste.
En die Boeddhiste dien ook nie Boeddha nie, maar eerder hul voorvaders. Boeddhisme
in die Weste is 'n baie fyn gedefinieŽrde geloof. Hier in die Ooste is dit so deurmekaar
soos die verkeer op hul paaie! Nie twee mense glo dieselfde oor hul geloof nie.

Johnny
Apr 1st 2010, 06:21 AM
Dankie Paul....ek moet se ek hou van my box Whispers.

Die Filadelfieer
Apr 1st 2010, 11:28 AM
8833

So gepraat van paashase ..................

David2
Apr 2nd 2010, 12:30 PM
Paasfees - OpstandingsFees - Verbondfees ......
Of sÍ liewer: Paasfees - Opstandingsfees - Nuwe Verbondsfees .... want die ou verbond is vervul en uit die weg geruim.

Dan daardie ou meningsverskil of sal ons maar net sÍ, alternatiewe verklaring van Getemane.
Jesus het gebid: "Vader, as U tog maar hierdie beker van my wil wegneem!"
Het Jesus hier gebid om van die kruis verlos te word?

As dit al hier op die forum bespreek is, wat was die uitslag van die bespreking?
Indien nie, wat sÍ julle oor die vraag?

Ta-An
Apr 6th 2010, 02:41 PM
mari.... wat is Verbonds fees?? Wanneer word dit gevier??

Fila, ons Ds Sondag nÍ..... byt die paaseier so oop en sÍ dit is 'n voorbeeld van hoe ons God kan verstaan.... tjoklit = Vader, Wit= Heilige Gees en die geel = Jesus Christus.....

Die leŽ tjoklit eiers 'n voorbeeld van die leŽ graf.

Ta-An
Apr 6th 2010, 02:44 PM
Dan daardie ou meningsverskil of sal ons maar net sÍ, alternatiewe verklaring van Getemane.
Jesus het gebid: "Vader, as U tog maar hierdie beker van my wil wegneem!"
Het Jesus hier gebid om van die kruis verlos te word?

As dit al hier op die forum bespreek is, wat was die uitslag van die bespreking?
Indien nie, wat sÍ julle oor die vraag?
Jesus het die afwesigheid van God gevrees, nie so seer die bereidheid om die liefdes taak te verrig nie,

Your Advert here

Hosted by Webnet77