PDA

View Full Version : "Ateïstiese Christenskap"?



Philip dT
Jun 14th 2010, 10:44 AM
Dit lyk my dit is nou mode om 'n sg. "nie-teïstiese" of "ongelowige" Christen te wees en ek het 'n artikel daaroor geskryf (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=143&Itemid=9). Dit is nou om nie in God as werklike Persoon te glo nie, maar wel jouself as "Christen" te bly identifiseer. Dit is veral biskop Spong van die Anglikaanse Kerk, wat sodanige standpunt het. Spong het ook in die Kerkbode al gefigureer.

Die Filadelfieer
Jun 15th 2010, 06:40 AM
Jip .... en die skare gaan elke keer mal oor sulke "vernuwe" denke ........

David2
Sep 19th 2010, 09:33 AM
En wat van die Christene wat nou sê dat Jesus 'n toordokter was. Vir my is hulle al lankal by ateïsme verby.

prof. Pieter Craffert van Unisa se boek: "The Life of a Galilean Shaman". Hy het homself tot die kulturele antropologie gewend om 'n argument op te bou dat Jesus binne die kultuurverband van 'n primitiewe samelewing as 'n sjamaan (of toordokter) opgetree het. Hy sê dat Jesus en sy dissipels gereeld in 'n transtoestand was, wat hy as 'n alternatiewe bewussynstoestand beskryf. Volgens hom is Jesus tydens sulke "sessies" onder andere ook deur sy voorvadergeeste beset. Sy genesings, duiweluitdrywing en waarsêery oor die toekoms (divinasie) was volgens hom ook tipies sjamanistiese aktiwiteite.

CFJ
Jan 2nd 2012, 10:16 AM
Net vanoggend lees ek hierdie artikel raak, 'Christelike ateïs' (http://litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=113869&cat_id=160). Hieronder is ook 'n aanhaling in die inleiding van hierdie artikel..., wat mens so bietjie beter help verstaan wat presies dit behels. Philip het ons attend gemaak van hierdie verskynsel en mens gaan dit meer en meer teëkom...


In die hedendaagse teologie is daar ’n stroming wat die bestaan van ’n metafisiese of bonatuurlike werklikheid ontken. Vir hierdie teoloë bestaan daar nie metafisiese wesens soos God, Satan en engele en plekke soos die hemel en hel nie. Wetenskaplike bevindings word geredelik deur hulle aanvaar en wonderwerke verwerp. In soverre God se bestaan erken word, is hy ’n hierdie wêreldse God, nie ’n transendente wese nie. Hy word as identies met die sintuiglik-waarneembare werklikheid geag (bv panteïsme) of as ’n immanente God voorgestel wat in die diepste wese (of gemoed) van die mens teenwoordig is. Vroeër vanjaar het ek op SêNet die aandag op die opvattings van drie sodanige teoloë gevestig: Julian Müller (3 Jun), Don Cupitt (7 Jun) en John Shelby Spong (8 Jun), gevolg deur ’n oorsig van hierdie verwêreldliking of sekularisasie op 9 Junie.

Ta-An
Jan 3rd 2012, 05:55 PM
Dit lyk my dit is nou mode om 'n sg. "nie-teïstiese" of "ongelowige" Christen te wees en ek het 'n artikel daaroor geskryf (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=143&Itemid=9). Dit is nou om nie in God as werklike Persoon te glo nie, maar wel jouself as "Christen" te bly identifiseer. Dit is veral biskop Spong van die Anglikaanse Kerk, wat sodanige standpunt het. Spong het ook in die Kerkbode al gefigureer. Het jy die boek gelees?? Hier is 'n Youtube oor die boek....

http://www.youtube.com/watch?v=6AfFcAmx-Ro&feature=related

Your Advert here


Hosted by Webnet77