PDA

View Full Version : Inligting Nuwe DVD -Gratis



Johnny
Aug 17th 2010, 07:29 AM
Ek werk al ‘n geruime tyd aan ‘n nuwe DVD. Hierdie een is besonders in die sin dat dit een is wat jy op jou rekenaar installeer. Dit lyk net soos ‘n internet webblad en het dieselfde funksies. Jy het egter nie die internet nodig nie tensy jy eksterne skakels wil volg. Daar is altesame 65 video boodskappe in “Windows Media Player” formaat met lering oor die laaste dae, misleiding, bekering, die doop en vele meer. Volgens my kennis bestaan daar nie so ‘n produk op enige christelike winkel se rakke nie. Daar is ongeveer 48 ure se Woordgebaseerde video lering, nie net vir kinders van die Here nie, maar ook vir ongereddes wat nognie die belangrikste stap van hulle lewe geneem het nie, naamlik bekering. As u al op my webblad (http://www.oospoort.co.za) was, dan sal u ‘n voorsmakie van die formaat h. Al die boodskappe is van ons leraars, Pastoor Dries van As en Pastoor Roelof Grov, wat vir u die studie gebring het oor die okkultiese en onbybelse betekenis en oorsprong van die film, “The Passion of the Christ”. Die dvd wat ek in ons gemeente gemaak het is reeds wreldwyd bekend en het mense se o oop gemaak van wat REGTIG in die kerk besig is om te gebeur. As u ‘n wederkoms verwagting het dan is die DVD beslis vir u. As u nie weet hoe om ‘n geliefde na die Here te lei nie, dan sal u deur die DVD dit op ‘n Bybelse manier kan doen. Daar is BAIE nuwe titels wat u nog nooit gesien het nie rakende gebeure in die Midde Ooste, Israel en die wederkoms van Jesus Christus.

Romeine 13:11
“En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.”

BESTELLINGS
DVD is gratis. Moenie verder mislei word nie......die uur is reeds hier om uit die slaap wakker te word! Vertel u vriende en familie. Geen groter geskenk is daar as om die ewige lewe te berwe nie.

Stuur e-pos (johnny@oospoort.co.za) met volledige besonderhede soos kontak nommer en posadres vir GRATIS dvd.

Johnny
Jan 28th 2011, 09:16 AM
Hi almal en besoekers aan die forum,

Ek sien daar was tot op datum al 198 besoeke aan hierdie spesifieke draad, maar niemand het my nog gekontak (jvandmerwe@g5.co.za) vir die GRATIS DVD nie. Ouens......dit is GRATIS. Jy kan self besluit of die lering op die DVD vir jou aanvaarbaar is dan nie, maar komaan......moenie 'n draadsitter wees nie. Ek kan jou verwseker die lering op die DVD is meer leersaam as die meeste boeke buiten die Bybel wat jy by ENIGE Chritelike boekwinkel sal koop wat jou in elk geval 'n fortuin uit die sak jaag. Besoek gerus my blad (http://www.oospoort.co.za/) vir nog inligting.

Dit sal vir my 'n voorreg wees om vir jou een te pos.:pp

Johnny
Jun 17th 2011, 09:08 AM
Ek kombineer nou 2 DVD's in een verpakking wat altwee gratis is. Die nuutste toevoeging is ons hele Openbaring reeks op video.

http://www.oospoort.co.za/Oospoort_files/dvd.JPG

Stuur my gerus 'n e-pos (jvandmerwe@g5.co.za) as jy belangstel met jou volledige naam en posadres. Jy kan hier (http://www.oospoort.co.za/source/openbaring.html) gaan inloer om 'n voorsmakie te kry van die Openbaring reeks.

HammerHead
Aug 31st 2012, 06:27 AM
As u ‘n wederkoms verwagting het dan is die DVD beslis vir u... Die stelling maak my alklaar skepties....

As jy nie glo in n wederkoms nie, hoe kan jy in die bybel glo?

1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Ta-An
Aug 31st 2012, 03:36 PM
Die stelling maak my alklaar skepties....

As jy nie glo in n wederkoms nie, hoe kan jy in die bybel glo?

1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Al wat Johnny s is dat "Hierdie 'n moet CD is om na te kyk" :D

Johnny
Sep 3rd 2012, 05:36 AM
Die stelling maak my alklaar skepties....

As jy nie glo in n wederkoms nie, hoe kan jy in die bybel glo?

1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Die meeste gelowe in die wereld glo in 'n "wederkoms"....so verwag Islam ook hulle Imam! Hulle glo nie in die Bybel nie. Hammerhead, hierdie is nie 'n besprekingsdraad nie, maar inligting. As jy die DVD's wil beklom, kontak my.

Johnny
Sep 3rd 2012, 05:37 AM
Al wat Johnny s is dat "Hierdie 'n moet CD is om na te kyk" :D

No need to say anymore! :)

Ta-An
Apr 23rd 2013, 06:30 PM
Ek het nog nooit my cd ontvang nie :(

Johnny
Apr 23rd 2013, 06:38 PM
Ek het nog nooit my cd ontvang nie :(

Genuine! Ek is verskriklik jammer. Ek kan nie onthou of ek dit gepos het of nie. Gee my ASSEBLIEF jou posaders Ta-An. Ek doen dit nog die week. Belowe!

Grace Alone
Nov 8th 2013, 05:39 PM
Hi. Waar kan ek ook hierdie CD's bekom? 'n Mens is nooit te oud/jonk om te leer nie, solank dit net nie 'n klomp snert is nie. Ek het al te veel van ander se DVD's gratis ontvang wat nie volgens die Woord is nie. Ek wil nou nie denominasies hier noem nie want ek mag dalk in die moeilikheid beland.

Hoor graag van jou. As jy my persoonlike e-pos wil h laat weet my. :hug: