PDA

View Full Version : Jesus skryf op grond



Lizzie
Nov 9th 2010, 04:12 AM
Ek wil graag weet wat het Jesus twee keer op die grond geskryf volgens Joh 8. Die vrou wat op owerspel betrap is. Sal graag ander se menings ook wil hoor.

Johnny
Nov 9th 2010, 05:19 AM
Ek wil graag weet wat het Jesus twee keer op die grond geskryf volgens Joh 8. Die vrou wat op owerspel betrap is. Sal graag ander se menings ook wil hoor.

Ek glo Jesus het almal se sondes en ongeregtighede in die sand geskryf. Daarom dat Hy vir hulle gese het die een wat sonder sonde is moet die eerste klip optel. Dus kon hulle maar net omdraai en een vir een wegstap......omdat hulle net so vol sonde was soos die vroutjie.

Joh 8:8 En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.
Joh 8:9 En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.

JPR
Nov 9th 2010, 07:32 AM
Ek wil graag weet wat het Jesus twee keer op die grond geskryf volgens Joh 8. Die vrou wat op owerspel betrap is. Sal graag ander se menings ook wil hoor.

Lizzie, ek weet nie en ek weet ook nie van iemand wat weet nie behalwe Yeshuah self. Ek het Hom nog nie gevra nie, het jy? Hy sal jou moontlik antwoord as jy Hom vra en moenie verbaas wees as jy iets ander hoor as wat ander gelowiges hoor nie. Wat ek tot dusver onder die Gees se leiding uit Johannes 8 mee geseŽnd was het die sandboodskap se belang op die agtergrond geskuif. Dit mag vir jou ander wees. Laat ons weet as jy jou antwoord kry.

Your Advert here


Hosted by Webnet77