CFJ
Feb 20th 2011, 10:28 AM
Teenoor die moordenaar aan die kruis, het Jesus gesê, 'Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.'
Wil jy ook vandag nog, bevestiging kry vir jou ewige saligheid? Daar staan dat Jesus self die ewige lewe is en dat hierdie lewe in Hom is, Hy is dit self,
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
(Rom 6:23 AOV)
En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.
(1Joh 2:25 AOV)
En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
(1Joh 5:11-12 AOV)
En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
(Joh 17:3 AOV)
As jy dit lees en graag wil weet hoe kry mens dit, is daar baie wyses om met jou in verbinding te kom, registreer net en laat weet van jou in hierdie draad, dan kan mens of hier gesels of privaat gesels, want Jesus Christus leef en jy kan Hom ontmoet!