CFJ
Jan 8th 2012, 11:58 AM
Ek plaas die draad juis hier, omdat die familie so direk beïnvloed word deur wie 'n man regtig is en wie 'n vrou is.
Bespreek dit gerus en miskien moet mens begin daar waar alles ontstaan het, dat die vrou 'n hulp is wat by die man moes pas.
Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.
(Gen 2:15-18)
As ek hierdie reg verstaan, dan het die mens (die man) reeds voor die vrou daar was, geweet van die boom van kennis van goed en kwaad. As mens 'n afleiding kan maak, is dit dan seker ook die rede hoekom die man (Adam) verantwoordelik gehou was vir die sondeval. Die eerste groot verskil lyk dit my gaan oor die verantwoordelikhede wat die man en die vrou onderskeidelik het.