Die Filadelfieer
Jan 13th 2012, 05:51 AM
Riekert Botha staan by Bybelse beginsels, en die węreld neem hom kwalik daarvoor. (SKAKEL (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/RSG-se-Riekert-gekap-oor-gays-20120112) )
RSG se Riekert gekap oor gays2012-01-12 22:12
Neels Jackson
Potchefstroom. – ’n Kuberstorm het losgebars om die kop van die bekende radiodominee Riekert Botha na aanleiding van sy standpunt oor homoseksualiteit.
Botha, predikant van die Vredendal Baptistekerk, deel Saterdagoggende oor RSG “pleisters vir die siel” uit.
Hy het op sy Facebook-blad “Pleisters vir die siel – Riekert Botha” ’n inskrywing gedoen met die strekking dat homoseksuele uit is by God, al is hulle dalk in by die węreld.
Die ouer van ’n gay kind het dit onder die aandag gebring van Jean Oosthuizen, joernalis van die Kerkbode, wat daaroor op sy en die Kerkbode se Facebook-blaaie geskryf het.
Dit het gelei tot heftige debatte waarin gevra is dat RSG Botha se bydraes beëindig.
Botha self het by navraag gesę dat hy die Bybel as die geďnspireerde Woord van God beskou wat hy “onomwonde glo”.
Hy het vrede as mense sę hy is fundamentalisties of agter die klip.
Me. Magdaleen Kruger, stasiebestuurder, het by navraag gesę sy het klagtes per e-pos gekry.
Dit was egter nie meer as wat hulle gewoonlik kry nie.
Die benadering van RSG is dat mense se standpunte op Facebook hul eie persoonlike menings is.
Wat Botha se bydraes in Pleisters vir die Siel in die program Brekfis met Derrich betref, was daar nog geen rede vir RSG om op te tree nie.
Die stasie het hom wel gevra om die verwysing na Pleisters vir die Siel en RSG op sy persoonlike Facebook-blad weg te laat.
Botha het eergisteraand op Facebook “nederig om vergifnis” gevra as hy mense seergemaak het.
Hy het ook ontken dat hy met sy opmerking gays verwerp het.
“As God gays nie verwerp nie, hoe kan ek?” het hy gesę.
Hy het egter volgehou “dat homoseksualisme (sic) sonde is, soos die Skrif sę”.