Entries with no category
Die slim dokters het mos gese kinders gaan nie gebeur vir ons nie, en ek en manlief het ons maar daarby berus.... tog bly mens se hartbegeerte maar aan die gang, en die Vader weet jou begeertes beter as jy..... na 8 jaar van getroude lewe, voel ek toe mos bietjie olik en oom dok se hy wil 'n toetsie doen..... bel die volgende dag terug en vra of ek sit of staan..... dis of 'n tweeling of dis ver heen !...... as een van 'n tweeling het die skoenlappers draaie gemaak in my binneste, ...