Genade
GENADE
Genade is altyd 'n eenrigtingstraat van God na die mens.
Dit het niks met 'n wisselwerking te doen nie, dit is altyd 'n onverdiend en dit bly steeds 'n verrassing.
Dit is altyd God wat na ons uitreik, God wat Sy Liefde vir ons kom aanbied.
Ons is vir hom kosbaar, sê Hy, ons naam is in sy handpalm gegraveer, wie aan ons vat, vat aan Sy oogappel!
Omdat Sy gande vir ons eindeloos is, stuur hy sy enigste Seun om ins ons plek aan die kruis te sterf, om in ons plek vir die sonde te betaal.
dit is genade in 'n neutedop :
JESUS STERF, SODAT JY KAN LEWE !!
En hierdie genade kry ons heeltemal gratis, ons kan dit maar net in dankbaarheid aanvaar en op ons beurt weer God se genade deurgee aan die mense wat ons lewenspad kruis.
- Nina Smit -
dit was my ma se versoek dat hierdie aanhaling op haar begrafnis program gedruk moes word.... en dit was die lewe wat sy gelei het en die boodskap wat sy uitgedra het... Sy genade is vir ons genoeg..... ons genade behoort aan ons medemens dieselfde te weerspieel.......
... sy kon net nie veroordeel nie, maar het ou Katrina in die kombuis en haar skoonma met dieselfde genade hanteer as ons, haar kroos... die dominee en die tuinman het dieselfde glimlag en 'n koppie tee met tuisgebakte beskuit gekry...
end Nov. is haar 2e verjaardag by Jesus.. sy sou 71 gewees het.. vir iemand wat op 35 vir die eerdte keer met kanker gediagnoseer is... dit daarna nog 3 keer oorwin het, en eers die stryd verloor het op 69... weet sy waarvan sy praat as sy "genade" aanhaal..
'n paar dae voor haar dood was dominee by haar bed by die huis om ons moet in te praat... so in sy simpatieke gepreek maak sy hom stil en lig haar uitgeteerde arms in twee vuisies op...dominee, in dié hand is liefde, en in dié hand is genade, en dis al " ... die dominee het nie verder gepreek nie - eers weer op haar dankseggingsdiens haar woorde weer aangehaal....



