Lighuis 'n Baken in die donker nag Flits seine skerp en sterk van krag; Waarskuwings teen die skuil-gevaar Vir iedereen wat herwaarts vaar. Rondgeslinger deur die weer En deur getye meegesleur Maak vaarders staat op 'n lighuis Om hul die regte weg te wys. So moet ons ook Christus verklaar Om die wat sterwend is te spaar; ...