Your Advert here
cure-real
View RSS Feed

14390876

Random thoughts

Rate this Entry
Ek sit deesdae baie alleen met my gedagtes en dinge maal maar so deur my kop. Ek is besig om myself te probeer op werk na `n ses dae `n week werk skedule. In tussen doen ek maar baie lees werk en probeer ek myself besig hou by die huis.

Dit is interesante tye waarin ons leef. Daar is mos so `n bekende gesegde wat blykbaar `n chinese vloek is wat sê:" mag jy in interestante tye leef." Baie van ons (insluitende myself) sal nie dit as `n vloek beskou nie. Ja, dit is nie maklike tye nie. Maar ek voel dat daar juis hoop is daarin dat daar uitdagings is waaraan ons kan werk.

My broer het onlangs terug gekom van Taiwan waar hy engels gegee het. Alhoewel hy minder vrander het as wat ek verwag het (hy was twee jaar weg in `n land waar mense baie anders as hy dink), is dit wonderlik om hom terug te hê en nog beter om te sien dat die wegkom kaans hm emosioneel goed gedoen het.

As gevolg van baie ding was hy maar `n bitter mens to hy gegaan het. Dit voel vir my daai woede is uit hom uit en dat hy baie meer ontspanne is. Ek en hy gesels soos ou vriende en het nog nie een keer baklei nie. Dit is `n prestasie want voorheen was dinge maar moeilik tussen ons.

Ek sal dalk in ndie volgende paar blogs meer daaroor skryf. Ek kan dalk ook `n paar gedigte wat ek geskryf het hier plaas. hmm... ek dink hierdie spasie gaan dalk nou meer aktief gebruik begin word.

Submit "Random thoughts" to Digg Submit "Random thoughts" to del.icio.us Submit "Random thoughts" to StumbleUpon Submit "Random thoughts" to Google

Categories
Uncategorized

Comments

  1. paidforinfull's Avatar
    Hi - ag, dit sal gaaf wees as jy jou gedigte kan blog. Skryf jy in Afrikaans of Engels?
  2. 14390876's Avatar
    albei. dit gee my baie vrtheid. ek het hulle selfs al gemeng.