Lighuis
by , Mar 14th 2010 at 07:24 PM (1444 Views)
Lighuis
'n Baken in die donker nag
Flits seine skerp en sterk van krag;
Waarskuwings teen die skuil-gevaar
Vir iedereen wat herwaarts vaar.
Rondgeslinger deur die weer
En deur getye meegesleur
Maak vaarders staat op 'n lighuis
Om hul die regte weg te wys.
So moet ons ook Christus verklaar
Om die wat sterwend is te spaar;
Om ongereddes in te lig
En hul te lei na God se Lig.
© 2008 Belinda van Rensburg










