whatever
by , Feb 20th 2008 at 02:53 PM (1457 Views)
Ek is nogal moeg op die oomblik. Vandag het my nogal getap. Maar dis ok.
Ek moet sê, dit was lekker om te wen. Wat ek veral van gehou het is dat mense my daarin ondersteun het. Ek het dit nou regtig nie verwag nie. En dit in `n tyd waar ek die ondersteuning van vriende regtig nodig het. Eintlik is dit altyd so. ek weet ons almal het dit maar nodig, maar ek is specifiek `n persoon wat baie "affirmation" en "teaching" nodig het. Veral het ek manlike rolmodelle en vriende nodig wat op een of ander vlak `n vader/broer rol in my lewe kan vervul.
My hele lewe het ek gewens ek het `n klein boetie. Iemand vir wie ek kan sorg op daai besonderse vlak. Nie om erkening te kry of of waardeer te word nie (alhoewel dit ook daarin is) maar omdat ek die honger in my het om vir mense iets van myself tye gee. Omdat ek voel ek iemand kan bedien instede daarvan om net altyd bedien te word. Daar is seker `n groot deel "pride" daarin, maar dit is ook nie heeltemal so nie (sê maar wat julle dink).
Maar seker die grootste rede daarvoor is tweeledig. Eerstens omdat my pa nie regtig `n rolmodel vir my was nie. Ek moet eerlik sê dat ek nog steeds daardeur werk en ek dink dit is `n proses wat nog lank kan vat (ek sê nie dit sal nie, maar dit kan, miskien word dit hierdie week nog opgelos,ek weet nie). Nie dat my pa `n slegte "provider" was nie, inteendeel. Hy het alles aan my (en my broer) provide, behalwe affirmation, affection en fiesiese teenwoordigheid. Ek dink baie mans (en vrouens) sal presies weet wat ek bedoel. Ek kan dieslelfde sê van my ouer broer, alhoewel ek hom minder blameer. Hy het sy frustratsie met my ouers altyd op my uitgehaal, en daar is van my verwag om dit maar nou net te ignoreer. Miskien moet ek liewer nie te veel sê nie want dit is iets wat ek baie emotioneel oor voel.
Tweedens, is ek te geheg aan my ma. Met die gevolg dat ek nie altyd regtig weet hoe om as `n man op te tree nie en nie regtig wil weet nie. Want ek het maar nog altyd my ma se voorbeeld gevolg. Omdat sy dikwels my ondersteun het. Sy was die een wat daar was as ek wou raad hê. Dit speel met `n ou se kop.
In elk geval, met die lang storie, wat ek eintlik wil by uitkom is dat wat vandag gebeur het vir my weer laat voel het dat ek nie alleen is nie. Daar is so baie dinge wat my op die oomblik regtig pla. Dinge wat ek sukkel om mooi te bewoord. En soos ek elders gesê het, vakansies doen my nie regtig goed nie. Ek raak geisoleer en dan begin my gedagtes my van binne af op te eet. En om op `n manier om mense te wees is soos wanneer `n mens nou net met `n sak vol klippe, 10 km geloop het in die warm son, en skielik kan jy net die sak afpak, in die skaduwee gaan lê en "recover" voor jy weer die wêreld moet aanpak.
Ek sê die dinge omdat ek in my volgende blog gaan sê waarom ek op een punt besluit het om die forum te verlaat, soos ek belowe het, en dit hierby inpas.




. Miskien moet ek liewer nie te veel sê nie want dit is iets wat ek baie emotioneel oor voel.



