Yolande~
Nov 14th 2007, 10:47 AM
Die wat deelneem aan hierdie forum ken sekerlik almal die antwoord.
Maar wie se daar is nie vandag een soekende siel, wat na hierdie forum kom, om verlossing te vind nie....
Die bybel leer ons ons het ALMAL gesondig, en op ons eie kan ons nooit opmaak vir die sonde en ongeregtigheid wat ons gepleeg het nie.
Jesaja 64v6
"En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind"
Dit beteken al gaan jy jou lewe lank kerk toe, al gee jy al jou goed vir liefdadigheid, al probeer jy ook hoe hard, jou goeie werke (eie geregtighede) kan nooit opmaak vir jou sonde nie. Jou sonde verdien die ewige hel. WAnt God is heilig.
Dit is hoekom Jesus kom sterf het vir ons.
Die bybel se in Jesaja 53v5 ens
"Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak niel soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders - ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie....
v10 Maar dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien..."
So sonder dat ons die verlossingswerk van JEsus aan die kruis, vir ons eie sondes aanneem, en Jesus aanroep as verlosser, is daar geen hoop vir ons nie, al lewe ons ook hoe voorbeeldig voor mense. Ons voorland, is 'n ewige hel sonder God se genade.
Efesiers 2v8
"Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God"
Die boodskap wat Petrus vir die eerste bekeerlinge gegee het in Handelinge 2v38 was:
"Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."
Dit is dus nie bloot genoeg om net na Jesus te kom vir verlossing sonder om te wil breek met sonde in jou lewe nie. Jou daarvan te bekeer nie. Ons moet 'repent' van ons sonde, berou daaroor he, 'n 180 grade draai maak, Jesus vra om ons te vergewe en ons nuut te maak, en dan op Sy genade leuen om 'n Gees gevulde lewe te lei, waar ons nie langer deur die begeerlikhede van die vlees gelei word nie, maar tree vir tree deur die leiding van die Heilige Gees. Nadat ons ons bekeer het is dit ook belangrik in ons wandel met God dat ons ons laat doop en gevul word met die Heilige Gees.
Dit is die evangelieboodskap soos ek dit in die bybel verstaan.
Die kruis is die middelpunt, sonder die kruis van JEsus is ons almal verdoem vir alle ewigheid. Hy maak dit moontlik vir ons om te sterf vir ons vlees, en op te staan in 'n nuwe lewe saam met Christus.
Romeine 6v3,4
"Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel. WAnt as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur die aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak wou word en ons nie meer die sonde sou dien nie."