View Full Version : Voorstelle, Klagtes en Nuwe Idees
CFJ
Feb 19th 2008, 07:46 PM
Die doel van hierdie draad is om aan almal geleentheid te gee, om voorstelle te maak wat julle dink tot voordeel van die forum sal wees... of waar iemand moontlik voel die forum in gebreke is.
Elkeen is welkom om 'n mening te gee en idees te bespreek... :)
Die Filadelfieer
Feb 26th 2008, 06:19 AM
Hallo Ferdi,
Ek wil graag 'n voorstel maak vir 'n beradingskamer, met min of meer dieselfde funsionaliteit as "Chat to the Moderators", m.a.w. almal kan daar pos, maar gesprekke tussen deelnemers en beraders is streng privaat.
Ons kan dan miskien spesifiek beraders aanwys vir die taak. Ek dink byvoorbeeld dat iemand soos Gene 'n uitstekende berader sal uitmaak.
CFJ
Feb 26th 2008, 08:43 AM
Fila,
Goeie idee en iets wat my ook op die hart lê. Wat dink jy moet mens die forum noem, sal iets soos, Privaat Berading en Hulplyn, reg wees?
Die Filadelfieer
Feb 26th 2008, 08:52 AM
Dit klink vir my 100% Ferdi !
kidoetjie
Jun 16th 2009, 06:55 PM
Hi daar
Ek weet ek pos nie op die regte plek nie, maar ek weet nie hoe om te maak nie. Ek wil myself bv voorstel, maar ek word die heeltyd uitgelog. Elke keer as ek op nuwe draad click dan moet ek weer my username en password intik.
Hoe moet ek maak dat ek dit nie die heeltyd moet doen nie???
Groete
CFJ
Jun 17th 2009, 06:49 AM
Welkom by ons kidoetjie! Ek hoop ek verstaan jou vraag reg. As jy inteken en jy wil nie elke keer aanteken as jy aanlyn kom nie, klik op die, 'remember me'. Hier is 'n paar forums waar jy nog nie toegang sal hê nie, so dit kan wees dat jy in een van daardie forums probeer ingaan het, dan sal die program weer jou wagwoord vereis. Gelukkig is meeste forums oop vir enige lid en behoort jy nie die probleem te hê nie, maar laat weet as jy nie reg kom nie?
Marinda
Jun 17th 2009, 05:52 PM
Ons het vanmiddag Bybelstudie gehad, en een van die onderwerpe was Uitverkiesing, party was daarvoor en ander nie. Wat dink julle, dis nogal 'n tameletjie.
CFJ
Jun 17th 2009, 06:08 PM
Hi Marinda,
Hier is 'n draad waar ons dit al bespreek het, vra gerus in daardie draad, soos hieronder vir jou gegee, klik net op die skakel...
http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=105224&highlight=uitverkiesing
As jy die boodskap gekry het, gaan ek eers hierdie plasings uitvee, want hierdie draad is slegs vir klagtes en nuwe idees. Jy het niks verkeerd gedoen nie, nie wat jou in die moeilikheid sal laat beland nie, maar ons sal jou gou wys hoe werk ons forum... en vra gerus :)
|
|
Hosted By Webnet77vBulletin® v3.8.4, Copyright ©2000-2009, Jelsoft Enterprises Ltd. |