Die Filadelfieer
Feb 25th 2008, 08:54 AM
Wat is die mens sonder God ?
Sonder God is die mens bloot ’n klomp georganiseerde molekules en ensiemes, weggooi metaboliese eenhede, maar inteligent genoeg om onder die wanpersepsie te leef dat daar ’n hoër doel vir die individu is. Biologiese entiteite wat nutriente metaboliseer, uitskei wat nie nodig is nie, ovluleer en semen ejakuleer.
Emosies ? Wat is emosies sonder God ? Klinies gesproke is emosies biochemiese prosesse, gedryf deur dit wat ons met ons sintuie waarneem. Liefde ? Liefde is ’n illusie geskep deur ons ingebore drang vir voortplanting en ons tropdier mentaliteit.
Die dag as die biologiese eenheid ophou werk is al die emosies, die gewaarwordinge, dit wat “nie-denkende mense” ’n siel noem, vir ewig weg. Daar is geen nut om ’n lewe te spaar, of ’n leidende se lewe uit te rek nie. Die mens se drang vir voortplanting sorg dat daar genoeg vervangings is, die diversiteit binne ’n proses van konstante evolusinêre verandering sorg daarvoor dat geen entiteit onvervangbaar is nie. Daar is geen logiese rede om ’n individu se lewe te spaar of te red nie, al is dit ’n kind sin, aangesien ons reeds gesien het dat liefde vir ’n individu, deur ’n individu, slegs ’n chemiese proses is wat vorm as gevolg van ons oorge-erfde drang vir oorlewing en voortplanting. Dit maak meer sin om ’n entiteit wat nie bydrae tot die samelewing nie, of ten minste die potensiaal tot ’n bydrae besit nie, se nutelose lewe te be-eindig.
Daar is geen verskil daarin om op ’n miernês te trap en ’n honderd miere dood te maak, en om ’n vliegtuig in ’n gebou vas te vlieg en 2000 mense dood te maak nie.
Miere en mense is vervangbaar binne die groter geheel. Dieselfde biologiese prosesse wat ons in mense kry word in ’n primitiewe vorm by miere waargeneem.
Dit is dan, mynsinsiens, die implikasie van ‘n lewe sonder die bestaan van ’n opperwese, ’n hoër hand, ‘n god . Maar is dit regtig ’n lewe ? Is so ’n lewe enigsins werd om gelei te word ? Is daar enige ateis wat werklik so ’n uitkyk op die lewe het, of beweeg ateiste slegs onder ’n ilusie van “geen god”, maar lewe asof daar iets meer is as biologiese drange wat hom of haar van dagtaak tot dagtaak aan die neus lei ?
Is daar nie dalk, net dalk, iets meer as ’n biochemiese reaksie aan die werk in die liefde wat ouers vir hulle kinders het, of die brandende liefde tussen man en vrou, of die liefde tussen vriende nie ? Ek noem spesifiek liefde, want dit lê vir my tussen die skydslyn wat daar bestaan tussen geloof en logika. Hierdie skydslyn is op die oog af onoorbrugbaar, logika en geloof sal nooit bymekaar uitkom nie, maar tog is dit asof die konsep van liefde die lyne wil uitvee.
Nie net “wil” uitvee nie, maar dit teen wil en dank doen ook. Liefde is nie logies nie. Liefde kan nie beredeneer word soos so baie van ons ander emosies nie. Die liefde wat ’n ouer vir ’n kind voel kan nie gekwantifiseer word nie. Liefde vir ’n lewensmaat kan nie logies beredeneer word nie.
Indien ons met emosies binne ons as mense sit wat totaal irasioneel en onmeetbaar is, en ons weet, sonder om dit dalk self te erken, dat ons soveel meer as net biologiese entiteite is wat binne ’n raamwerk van oorlewing en voortplanting funksioneer, begin die bestaan van ’n Entiteit wat vir ons ’n hoër doel voor oë het minder belaglik klink ?
Vergeet van ander mense rondom jou, vergeet van stry en bakly oor groot en klein doop. God se verhouding met Sy skepsels is “one on one”, ’n reguit lyn van bo na onder. As jy stil raak in jouself, sal jy Sy stem hoor.