Quick Links
Bible Search Christian Links
Online Bibles Link to Us
  Downloads Web Hosting  
  Domain Names  


PDA

View Full Version : Hoe beleef jy die teenwoordigheid van die Heilige Gees?


Lanie
Jul 10th 2008, 06:23 AM
Goeiemôre vriende....

Ek weet die Heilige Gees is altyd teenwoordig in kinders van die Here maar voel julle ook soms die Heilige Gees sterker aan as ander kere, en hoe ervaar julle dit?

Ek was eenmaal saam met my vriendin na hulle selgroep toe. Wat 'n ervaring? Ek was offisieel "uitgefreak" want ek is baie konserwatief grootgemaak wat kerk en geloof betref (dit het intussen darem verbeter) en hier begin die mense in tale bid. Maar....... ek het die hele tyd wat hulle gebid het ,gesit en bewe, so erg dat my tande opmekaar geklap het, en dit was nie eers koud nie. Was dit die Heilige Gees?

'n Ander keer het ek en my gebedsgroep gesit en bid. Ons is 6 vriendinne wat een keer 'n week bymekaarkom en dan maak ons beurte om elkeen te vertel wat ons gebedsversoeke is en dan bid een van die ander vir haar. So kry ons elkeen 'n beurt om versoeke te rig en elkeen kry 'n beurt om te bid. In elk geval, terwyl my een vriendin vir my bid kon ek 'n verandering in haar gebed waarneem en die volgende oomblik het ek dronk in my kop gevoel. Lighoofdig. Toe sy klaar gebid het vertel sy toe dat sy die Heilge Gees sterk aangevoel het in die middel van haar gebed en dat Hy haar gebed gelei het. En sy het dieselfde lighoofdige gevoel as ek gekry.

Soms as ek hardop bid voel ek ook hoe die woorde ewe skielik begin vloei, sonder dat ek hoef te dink daaroor.

Het enige iemand anders ook sulke ervarings al gehad? Kan julle die Heilige Gees aanvoel in ander mense?

Die Filadelfieer
Jul 10th 2008, 07:31 AM
Goeiemôre vriende....

Ek weet die Heilige Gees is altyd teenwoordig in kinders van die Here maar voel julle ook soms die Heilige Gees sterker aan as ander kere, en hoe ervaar julle dit?




Verseker ! Vir my is dit nog altyd asof ek toegevou word in 'n warm kombers, en 'n gevoel van absolute saligheid wat oor my spoel. Dit is moeilik om te beskryf, maar dit is omtrent die naaste wat ek daaraan kan kom.

Son of the South
Jul 10th 2008, 09:22 AM
My vrou is baie meer gevoelig vir die teenwoordigheid/werking van die Heilige Gees. Sy sal baie makliker na 'n lofprysing en aanbidding sessie getuig dat sy die Heilige Gees 'gevoel' het.

Ek is weer baie minder 'n gevoelsmens (tot my spyt). Sien, die vrouegeslag het 'n wonderlike uitlaatklep vir emosies wat ek net glad nie het nie. Selfs op kere wat ek wou huil, soos op begrafnisse, wou die trane nie kom nie. MAAR, in die teenwoordigheid van God...

Ek onthou een spesifieke erediens, ook nou al 'n paar jaar gelede, waar ek net 'n intense bewuswording van die verlorenheid van die ongereddes beleef het. Ek het die hele erediens deur getjank, SNOT EN TRANE :cry:. Ah, dit was hemels, om net 'n slag lekker te kan huil.

Sedertdien het ek ook al 'n keer of wat gehuil, maar daai keer was intens. Die slag toe ek by die Oorlogmuseum en Vrouemonument lees van die kindertjies wat in die konsentrasiekampe omgekom het, kon ek ook nie die trane keer nie.

Ek dink jy sal ook baie getuienisse hoor van hardebaard manne wat by die Mighty Men's Conference was wat tydens die lofprysing en aanbidding 'n traan of wat moes afvee. Selfs toe ek die Faith Like Potatoes film gekyk het, het my oë gewater toe die reen begin val by daai deel waar die bosse gebrand het. Wel, selfs wanneer ek in 'n boek lees waar iemand getuig van die ingryping van God kry ek 'n knop in die keel. Die ander gevoel wat ek nogal gereeld kry is koue rillings teen my ruggraat af, maar 'goeie' rillings, verstaan?

Partymaal as ek by sataniste (jy weet die katslagter tipe met net swart klere aan en so) verbyloop is dit asof my nekhare rys. Ek kan die botsing in die gees letterlik fisies waarneem.

Dit is nie eie aan my persoonlikheids tipe om sulke fisiese gewaarwordinge te ervaar nie en dit gebeur nie in die reel nie. Dit is ook nie asof ek daarna soek nie, maar dit is nogal vir my lekker dat die Here toelaat dat dit met my gebeur.

Lanie
Jul 10th 2008, 03:25 PM
Sien, die vrouegeslag het 'n wonderlike uitlaatklep vir emosies wat ek net glad nie het nie. Selfs op kere wat ek wou huil, soos op begrafnisse, wou die trane nie kom nie. MAAR, in die teenwoordigheid van God...

Ek het ook al baie keer in die kerk gehuil as ons sing. Ek kon nog nooit onderskei of dit die Heilige Gees is of dit maar net vroulike emosie is nie. En ek kan BAIE emosioneel raak....:D

Ek dink jy sal ook baie getuienisse hoor van hardebaard manne wat by die Mighty Men's Conference was wat tydens die lofprysing en aanbidding 'n traan of wat moes afvee...

Een van hierdie hardebaard manne is in my selgroep. Maar hy het meer as 'n traan afgevee. Hy sê hy't soos 'n baba gehuil. Ek wens net my manlief wil bietjie oopmaak en my vertel hoe hy dit beleef het maar hy's nie so grootgemaak om oor sy gevoelens en geloof te praat nie.... hoekom moet mens als uit julle mans trek en dan nogsteeds eenwoord antwoorde kry. Ai---:rolleyes:

Selfs toe ek die Faith Like Potatoes film gekyk het, het my oë gewater toe die reen begin val by daai deel waar die bosse gebrand het.

Ek het nou weer lekker gehuil met Facing the Giants, sommer die hele fliek deur........

Ta-An
Jul 10th 2008, 05:26 PM
Die teenwoordigheid van die Heilige Gees is nie 'n emosie nie..... Die manifestasie mag dalk dieselfde uiterlike teken hê soos trane of lag... maar ek sal dit nie as 'emosie' klassifiseer nie.

'n mens se liggaam is bloot net te broos om die magtigheid van G_d se teenwoordigheid te kan hanteer dat die reaksie wat jy toon bloot net 'n teken is van jou menslike onvermoë om Sy krag te kan hanteer.

Roelof
Jul 11th 2008, 05:18 AM
As persoon wat betrokke is met die verspreiding en uitdeel van klein Bybeltjies, het die Here al baie vir my "vertel:" praat met 'n sekere persoon, baie keer wild vreemdes. 99% van die kere was die persoon nie gered nie en kon ek die Weg van Saligheid met hom/haar deel.

As ek in 'n "geestelike situasie" (gebed, lofprysing, Evangelie deel ens) hartseer word, weet ek dat ek die Heilige Gees beleef. Dis nie die selfde as om oor 'n hartroerende fliek te huil nie, wat in elk geval my vrou se spesialiteit is.

Etienne Marais
Jun 14th 2009, 12:06 AM
Ek ervaar die teenwoordigheid van die Heilige Gees so dat God ons beskerm teen elke aanval van die bose. Soms is daar swaarkry in die lewe maar dan is die Here altyd daar om ons te troos. Die Here is baie genadig en sal ons nooit verlaat nie. Al ons dae op aarde van die oomblik van ons geboorte tot die dag van ons dood is in die Here se hande. Omdat ons kan rus in God se teenwoordigheid hoef ons ons nie oor more te bekommer nie want die Here weet vooraf wat gaan gebeur.

Willem
Jun 14th 2009, 08:41 PM
HI,

:hmm: here goes ne'?

Lanie, ek het daai bewe gehad toe ek gedoop en gedoop het... vir my gebid en lang ruk die bewe gehad ( het uur plus vir doop ingefactor en dan uur vir aantrek vir verjaardagparty, maar is toe uur laat vir die ! ), maar nie koud gekry nie en regtig net tot God gebid dat as dit nie SY Gees is nie Hy my moet doodslaan... en tog het dit nie gebeur nie... het ook nog meer vrede na dit as voor dit ( daai sooort wat jy nie kan omskryf nie :D ) en die "broer" wat my gedoop het en die dame wat ons gelei het deur Woord het altwee gese dat dit Gees was wat gewerk het en klomp goed reggemaak het ens. Ek weet nie al die werk wat gedoen is nie, sal wel eendag in hemel weet ( as daai spieel weggevat word en ons ordintlik sien ) maar ek weet my "broer" is eerlik met Here en begin elke dag by sy werk met gebed en danksegging en dis sy besigheid en sy besluit, leef ook in alles met Here en met leiding , so ek glo hom want sy vrugte getuig namens hom. Die wat ek wel onthou wat hulle voor gebid het was God se wil, die Gees wat my sal vul, volgens Sy wil, wat Sy werk sal doen volgens Sy wil en wysheid. Maar toets hulle , as hulle nie Christus in die vlees bely nie , dan hol jy so vinnig as jou bene kan :eek:
(1Jn 4:2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
1Jn 4:3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. )

Die lighoofidigheid het ek al baie keer in kerk spesifiek ervaar, maar weet nie wat dit was nie , so kan ook nie se nie. Nog nie weer in 20 jaar nie ( gee ek nou my age weg :lol: )

Son of the South,
daai grens met sing is nie tot vroue beperk nie... ek kan spesifiek nie vers " I'll never know how much it cost to see my sin upon that cross" sing nie, vanaand weer gebeur en toe woorde effe stadig is , dink ekke mos ek is ok die' keer en toe kom die woorde en toe hou ek op want die stem raak weg :cry: Die SNT was die begin daarvan en dit moes maar Sy Gees gewees het wat eintlik ook God is ( man ek sukkel nog met die in my hart :B ek dink aan God as God en Gees as Gees, die Here sal dit ook maar moet regmaak, soos so baie anner goed :pray: ) en dit was oor ek so groot geskrik het toe ek WEET dat ek in Sy teenwoordigheid is ( nie ten volle nie, ek sou morsdood gewees het ) maar genadiglik genoeg dat ek WEET God is WAARAGTIG GOD EN REAAAAL en ek gaan hel toe want ek speel met die idee van God en glo nie regtig heeltemal nie , dis meer life insurance ?:blush: Net buite Greytown 2007 op 'n plestiek stoel en dit is die beste oomblik van my lewe. Ek kon oorgee en waaragtig bely ( so skrik help baie :lol: ) en verseker weet ek is gered.

Dis ook die goed wat my oortuig dat Angus gebruik word as ek mense sien wat jammer se en huil en vergewe en versoen word , en mens voel so bevoorreg as jy kan sien hoe die Here werk :cry: veral omdat ek weet hoe hardegat ons suid afrikaanse mans is en hoe moeilik dit normaalweg sou wees vir dit wat ek sien ( sommer so in die skare en niemand maak fuss daaroor nie, smile net , pik ook trane weg en dan moet jy sien hoe hug die vriende mekaar :pray: :hug: )

O en Lanie, die woorde sal kom, wag net en vertrou..hy fight losing battle:rofl:het dan vriend wat altyd net handgroet gegee het en my "bear hug" gegee het na afloop van die jaar se kamp. DIT is PRICELESS :pray:

Ai Roelof, hoe beny ek jou nie. Dis wat ek begeer , om so te kan hoor en te gehoorsaam.. eendag as Hy wil en Hy my reggekry het vir die job .. eendag ne'

Hannelie Pretorius
Jun 19th 2009, 12:56 PM
Hallo Lanie en vriende

Ek worstel ook met die Heilige Gees. Ek weet ek is definitief gered en sal eendag in die hemel wees.
Hoe weet jy wanneer jy met die Heilige Gees gedoop is? Is dit net as jy in tale kan praat? Ja ek weet daar is 9 gawes van die gees(1 Kor 12:8-10), maar as jy nie God se stem (hetsy deur drome, visioene, innerlike stem...) kan onderskei nie, is jy nie dan nog nie met die Heilige Gees gedoop nie?
Ek weet ook dat God Sy Gees op Sy eie tyd aan ons sal gee en dat ons niks kan doen om dit te verdien nie.
Ek wil so graag met mense oor God gesels, maar is bang dat ek nie genoeg kennis het nie en dat God se Gees my nie gaan lei daarin nie, omdat ek nie weet of Sy Gees al in werking is in my nie (iemand het eenkeer gesê: don't talk to people about God, if You did not talk to God about people).
Ek het iewers gelees maar kan nie die teks onthou nie, want op daardie stadium was dit nie vir my so belangrik nie, maar nou is dit wel... As jy nie met die Gees gedoop is nie gaan jy nie in die koningkryk van God ingaan nie. Weet iemand miskien van hierdie vers?
Dis 'n hele mond vol ek weet, maar wat die hart van vol is loop die mond van oor...

Tonton
Jun 19th 2009, 02:47 PM
Hoe weet jy wanneer jy met die Heilige Gees gedoop is? Is dit net as jy in tale kan praat? Ja ek weet daar is 9 gawes van die gees(1 Kor 12:8-10), maar as jy nie God se stem (hetsy deur drome, visioene, innerlike stem...) kan onderskei nie, is jy nie dan nog nie met die Heilige Gees gedoop nie?

Hannelie,

Moet jou nooit laat oortuig dat daar "bewys" van doping met die Heilige Gees lê in 'n gawe soos 'n taal nie. Dit is onbybels. Die voorbeeld wat gewoonlik hiervoor gebruik word is Handelinge 2, maar as die hele hoofstuk gelees word, is daardie taal wat daar gepraat is een wat bekend was aan mense van 'n ander nasie in die omtrek. Gawes volg wel doping, maar is nie bewys daarvan nie. D.w.s. die nie-teenwoordigheid van gawes bewys nie "nie-doping" nie.

Hou aan praat met die Here, en jy sal Sy stem leer ken. Dit is daardie stem wat vir jou laat sê het dat jy wel hemel toe gaan...

Die Here praat heeltyd met jou. Soos die Herder met Sy skape - en hulle ken sy stem. Sy stem sal ALTYD in lyn wees met die Woord, en sal ALTYD die vrug van die Gees dra.

Ek weet ook dat God Sy Gees op Sy eie tyd aan ons sal gee en dat ons niks kan doen om dit te verdien nie.

Verseker! Hy gee wat ons benodig, en wanneer ons dit benodig.

Ek wil so graag met mense oor God gesels, maar is bang dat ek nie genoeg kennis het nie en dat God se Gees my nie gaan lei daarin nie, omdat ek nie weet of Sy Gees al in werking is in my nie (iemand het eenkeer gesê: don't talk to people about God, if You did not talk to God about people).

Mens moet verantwoordelik wees wanneer jy getuig, en daarom moet ons gedurig die Woord lees, en aan die voete sit van mense wat die gawe het om die Woord te ontleed (dikwels pastore / predikante). Dit is reg dat ons met God moet praat oor mense, en andersom. Vra vir die Here om te beskik dat jy binne jou vermoëns die geleentheid kry om te getuig, die evangelie te verkondig. Die Heilige Gees sal jou herinner aan die regte skrif (wat jy gelees het). Hy sal jou bystaan. Ons is immers bloot Sy hande en voete, en al wat Hy nodig het is bereidwilligheid en gehoorsaamheid.

Ek het iewers gelees maar kan nie die teks onthou nie, want op daardie stadium was dit nie vir my so belangrik nie, maar nou is dit wel... As jy nie met die Gees gedoop is nie gaan jy nie in die koningkryk van God ingaan nie. Weet iemand miskien van hierdie vers?

Dis 'n hele mond vol ek weet, maar wat die hart van vol is loop die mond van oor...

Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Die GAWE hier is nie die GAWES nie. Die is die Gees self.

Anton

Hannelie Pretorius
Jun 23rd 2009, 08:53 AM
Anton

Baie dankie. Jy het dinge net weer vir my in perspektief gestel.

Groete

Francois Marais
Jun 23rd 2009, 06:21 PM
Dalk sal julle my kan help....
So paar weke terug het ek en my niggie gaan koffie drink. Sy het nie lank voor die tyd Jesus gevra dat hulle saam kan loop.
Ek en sy het lekker oor geloof en ons Vader gepraat toe kry ek woord vir haar. Daai lekker hoendervleis gevoel het my oorvloei. Was stunning gewees. Na so tydjie het ek saam met ons sel groep leier en my niggie gaan koffie. Weer 'n woord gekry, maar sonder die lekker gevoel. Ek het vir bevestiging gevra omdat ek nie die Gees gevoel het nie.
Ek het bevestiging gekry op die woord en die sel leier het dadelik te kenne gegee dat hy moes hoor wat ek verwoord het.
Van daai dag af voel ek baie BAIE min die lekker hoendervleis gevoel...
Ek was so tydjie terug by Lewende Woord se Pinkster diens gewees. Ek het genesing gekry vir een been wat korter was as die ander een, en ook ander toestande wat aangespreek is. Daar is toe ook gevra wie weer die Heilige Gees wil voel werk. Ek het voor gaan staan met groot afwagting. Die ander mense het een na die ander langs my geval, maar ek het staande gebly. Een van die bediening span lede het met my gepraat daaroor en gesê daar is niks fout dat ek nie val nie, maar dit voel of ek nie daai glorie gevoel van die Gees wat in mens vesting neem gaan voel nie.
Ek glo dat God in my werk ELKE dag en ek kan dit sien.
Maar ek kry nie daai lekker gevoel meer nie....

Die Filadelfieer
Jun 24th 2009, 05:44 AM
Daar is toe ook gevra wie weer die Heilige Gees wil voel werk. Ek het voor gaan staan met groot afwagting. Die ander mense het een na die ander langs my geval, maar ek het staande gebly.

Francois,
Die Heilige Gees is nie 'n party trick nie. Hoekom sal die Gees mense laat val op aandrang van ander mense ?
Die Gees is wel, in die woorde van Christus, die Trooster (Joh 14) , en daar om ons toe te rus om ander na Christus te bring. (1 Kor 12)

protea
Jun 24th 2009, 06:30 AM
Net soos party kerke die 'spreek in tale' as n bevestiging beskou van doping met Heilige die Gees ,is die 'omval in die Gees' nie die bewys dat die Heilige Gees meer teenwoordig in een persoon sou wees as in n ander Christen waar dit nie manifesteer nie. My man en ek het nog NOOIT omgeval by van sulke eredienste nie en dit maak nie van ons minderwaardige Christenne nie. Ons aanbid EEN Christus en mens kry nie beter of slegter Christenne nie.

Tonton
Jun 24th 2009, 07:08 AM
...Van daai dag af voel ek baie BAIE min die lekker hoendervleis gevoel...
Die eerste keer wat jy enige iets doen is 'n hoendervleis-geleentheid, en ons moenie die euforia wat jy dan beleef het verwar met die gevoel wanneer die Gees in jou en deur jou werk nie.

Ek het gevoel ek kon drie agteroor-salto's doen toe ek die eerste keer besef ek het die Here se stem gehoor, maar later was dit heel normaal. Nie dat die nie wonderlik is om bevestiging te kry nie, maar dit word "normaal".

Daar is toe ook gevra wie weer die Heilige Gees wil voel werk. Ek het voor gaan staan met groot afwagting. Die ander mense het een na die ander langs my geval, maar ek het staande gebly. My opinie is dat dit onbybels is vir mense om "aan te bied" om die Gees te laat "voel" werk, en stem met Fila saam:
Francois,
Die Heilige Gees is nie 'n party trick nie. Hoekom sal die Gees mense laat val op aandrang van ander mense ?


Een van die bediening span lede het met my gepraat daaroor en gesê daar is niks fout dat ek nie val nie, maar dit voel of ek nie daai glorie gevoel van die Gees wat in mens vesting neem gaan voel nie.

Die een wat sê dat niks verkeerd was dat jy nie geval het nie was korrek, maar ongelukkig doen hy/sy dit vanuit die veronderstelling dat die vallery van vroeër wel die Gees was wat werk, daarom dat jy "gefaal" het om daardie "werking" te kon voel - dus - jy voel 'n "failure".

Daar is voorbeelde waas mense geval het in die teenwoordigheid van die Here, maar dit gebeur spontaan, en nie deur mense-intervensie nie. My advies is: bly weg van sulke praktyke, mense kry seer en word mislei.

Anton

Willem
Jun 24th 2009, 09:46 PM
Mens moet verantwoordelik wees wanneer jy getuig, en daarom moet ons gedurig die Woord lees, en aan die voete sit van mense wat die gawe het om die Woord te ontleed (dikwels pastore / predikante). Dit is reg dat ons met God moet praat oor mense, en andersom. Vra vir die Here om te beskik dat jy binne jou vermoëns die geleentheid kry om te getuig, die evangelie te verkondig. Die Heilige Gees sal jou herinner aan die regte skrif (wat jy gelees het). Hy sal jou bystaan. Ons is immers bloot Sy hande en voete, en al wat Hy nodig het is bereidwilligheid en gehoorsaamheid.

Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Die GAWE hier is nie die GAWES nie. Die is die Gees self.

Anton
Hi Anton,Marinda,

Baie goed verduidelik, wil net miskien bylas, dat die Gees gawes sal gee soos nodig en ook wanneer nodig volgens die Gees se wil ( die Here weet wat ons wanneer nodig het ) en om Gees te kry...?

Luk 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? Ons Here gee net wat goed is vir ons :pp :pray:

Dan die mense wat die Woord kan ontleed :hmm: toets wat hulle se teen Woord in gebed.... kyk maar na Roelof se draad en die mallighede wat sommige teoloe kwytraak :eek::o... vra die Gees vir leiding en as jy nie daai vrede wat net van God af kom kry met die ontleding nie, bid en soek 2de opinie ( hier is baie mense hier wat die Woord baie goed ken , mens leer baie lekker hierso ook , maar toets almal hierso ook maar , ons is almal maar net mense ):hug:

Tonton
Jun 25th 2009, 10:21 AM
...wil net miskien bylas, dat die Gees gawes sal gee soos nodig en ook wanneer nodig volgens die Gees se wil ( die Here weet wat ons wanneer nodig het ) en om Gees te kry...?

Jy is reg.

Kyk hier (1 Kor 12):
:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
:8 Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
:9 aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
:10 aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.
:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Let op: "aan 'n ander" beteken juis dat sommiges iets kry en andere nie...



Luk 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? Ons Here gee net wat goed is vir ons...

Hierdie verwys natuurlik na die gawe van die Heilige Gees (nie gawes nie).

Ek onthou hoe gretig ek was (en steeds is) om vir my kinders geskenke te gee. Kon nie wag om hul verblyde gesiggies te sien en hul joy te deel nie. Onse Vader God verbly Hom in 'n groter mate om vir ons die Heilige Gees as geskenk te gee.



Dan die mense wat die Woord kan ontleed ... toets wat hulle se teen Woord in gebed....

... vra die Gees vir leiding en as jy nie daai vrede wat net van God af kom kry met die ontleding nie, ...

...bid en soek 2de opinie (hier is baie mense hier wat die Woord baie goed ken , mens leer baie lekker hierso ook , maar toets almal hierso ook maar, ons is almal maar net mense)...

Baie waar - ons sien mekaar se woorde, maar nie die bagasie wat ons dalk saamsleep nie...

Groete,
Anton

Francois Marais
Jun 29th 2009, 05:37 PM
Die eerste keer wat jy enige iets doen is 'n hoendervleis-geleentheid, en ons moenie die euforia wat jy dan beleef het verwar met die gevoel wanneer die Gees in jou en deur jou werk nie.

Ek het gevoel ek kon drie agteroor-salto's doen toe ek die eerste keer besef ek het die Here se stem gehoor, maar later was dit heel normaal. Nie dat die nie wonderlik is om bevestiging te kry nie, maar dit word "normaal".

My opinie is dat dit onbybels is vir mense om "aan te bied" om die Gees te laat "voel" werk, en stem met Fila saam:




Die een wat sê dat niks verkeerd was dat jy nie geval het nie was korrek, maar ongelukkig doen hy/sy dit vanuit die veronderstelling dat die vallery van vroeër wel die Gees was wat werk, daarom dat jy "gefaal" het om daardie "werking" te kon voel - dus - jy voel 'n "failure".

Daar is voorbeelde waas mense geval het in die teenwoordigheid van die Here, maar dit gebeur spontaan, en nie deur mense-intervensie nie. My advies is: bly weg van sulke praktyke, mense kry seer en word mislei.

Anton
Anton slaan jy die spyker 100% op die kop. Dit is nie lekker om mense links en regs te sien van nie, en dan is jy die enigste persoon wat staan. Dit is 'n bewys dat satan enige manier ons laat twyfel.
Francois,
Die Heilige Gees is nie 'n party trick nie. Hoekom sal die Gees mense laat val op aandrang van ander mense ?
Die Gees is wel, in die woorde van Christus, die Trooster (Joh 14) , en daar om ons toe te rus om ander na Christus te bring. (1 Kor 12)
Ek dink dit is waar biae nuwe Christine soos ek 'n groot error ondergaan. Ons sien wat gebeur om ons, dan wil ons dit ook voel, maar as dit nie gebeur nie voel ons of ons iets verkeerd doen. Het dieselfde in die profese skool gesien wat ek deel van was. Daar is mense wat daar uitgestap het met meer twyfel in hulle as toe hulle daar ingestap het. GElukkig het ek die HG gesien werk met my deur talle visioene te kry wat ek met mense kon deel. (ek hoop net die mense kon die woord en visie gebruik het tot goed)
Net soos party kerke die 'spreek in tale' as n bevestiging beskou van doping met Heilige die Gees ,is die 'omval in die Gees' nie die bewys dat die Heilige Gees meer teenwoordig in een persoon sou wees as in n ander Christen waar dit nie manifesteer nie. My man en ek het nog NOOIT omgeval by van sulke eredienste nie en dit maak nie van ons minderwaardige Christenne nie. Ons aanbid EEN Christus en mens kry nie beter of slegter Christenne nie.

Dankie Protea. Dit bevestig 'n elektroniese pos stukkie wat ek gekry het. Al wat my maak twyfel het is
Act 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Ek hoor dit talle maal op die radio en het al begin wonder of ek met die HG gedoop is of nie. Ek glo dat ek reeds met die HG gedoop is.

And 'n ander vraag wat ek julle wil vra is... Ek het die gawe van profese gehad voor ek met water gedoop is. Mense van my selgroep het dit al afgeskiet en gesê dit was my eie gedagtes gewees, maar ek glo dat ek met die HG gedoop was nog voor ek met water gedoop was

Tonton
Jun 30th 2009, 09:45 AM
...Al wat my maak twyfel het is
Act 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Francois,

Hierdie is tipies wat mense doen om 'n dwaalleer te "bewys". Hulle haal die Woord uit konteks aan. Lees nou die daaropvolgende 7 verse van Hand 2, dan sal jy sien dit was nie 'n onverstaanbare klomp geluide nie, maar mense is in hul eie taal aangespreek deur mense wat nie daardie tale magtig was nie. Dit was dus wel onbekend vir die spreker, maar bekend vir die hoorder. Die Heilige Gees het dit goedgedink om vir hierdie mense die gawe te gee om in die tale van die ander teenwoordiges te spreek - sodoende het die andere die wonderwerk gesien - omdat hulle geweet het die mense is nie hul tale magtig nie.

Dit is hoekom daar in 1 Kor 14:22 staan: Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

Handelinge 2
:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
:5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.
:6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
:7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?
:8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?
:9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië,
:10 Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,
:11 Kretense en Arabiere--ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.

Daar is wel 'n ander vorm van 'n taal, soos uiteengesit in 1 Kor 14:
:2 Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
:3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.
:4 Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.

Hierdie taal is egter nie stigtend vir die gemeente nie, en is 'n verborge kommunikasie tussen die Gees en God. Hoewel Paulus dit toewens dat almal in tale praat (1 Kor 14:5), doen hy dit juis om die grootheid van profesie te wys - want dit is stigtend vir die gemeente.

Ek hoor dit talle maal op die radio en het al begin wonder of ek met die HG gedoop is of nie. Ek glo dat ek reeds met die HG gedoop is.

Mense wat Hand 2:4 gebruik om te "bewys" dat 'n vreemde taal bewys jy is gedoop met die Heilige Gees, het dit mis. As jy wel skielik die Woord kan verkondig in 'n vreemde taal, en dit vir ongelowiges dien as 'n wonderwerk, bewys dit wel die teenwoordigheid van die Heilige Gees, maar die afwesigheid van so 'n taal bewys nie die afwesigheid van die Heilige Gees nie.

Dit is hoekom daar in 1 Kor 12 geskrywe staan:
:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
:8 Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
:9 aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
:10 aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.
:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Let op al die kere wat "ander" gebruik word - dit is 'n diversiteit van gawes, en almal kry nie dieselfde nie.

And 'n ander vraag wat ek julle wil vra is... Ek het die gawe van profese gehad voor ek met water gedoop is. Mense van my selgroep het dit al afgeskiet en gesê dit was my eie gedagtes gewees, maar ek glo dat ek met die HG gedoop was nog voor ek met water gedoop was

Mense moet versigtig wees wat hulle "afskiet". Ek het dit al voorheen ook (op die draad oor TB Joshua http://bibleforums.org/forum/showpost.php?p=2099880&postcount=52 ) gesê. Indien jy wel so 'n Gawe het, sal dit van die Here wees, en daarom mag iemand se ontkenning daarvan belastering van die Heilige Gees beteken.

Ek is nie bewus van enige voorwaarde dat jy eers met water gedoop moes word voordat jy met die Heilige Gees gedoop is nie. Sover ek weet volg die doping met die Heilige Gees op jou aanvaarding van Jesus as saligmaker. Jou waterdoop is nie reddend nie, maar 'n stap van gehoorsaamheid.

Anton

Die Filadelfieer
Jun 30th 2009, 11:43 AM
Daar is mense wat daar uitgestap het met meer twyfel in hulle as toe hulle daar ingestap het.


Dit moet al klaar rooi ligte laat afgaan ! :eek:

Henry
Jun 30th 2009, 12:11 PM
Elke mens kry met wedergeboorte 'n maat van die Heilige Gees en dit manifesteer nie altyd dieselfde nie. Jesus is die enigste persoon op hierdie aarde wat die Gees sonder mate gekry het. Ek dink nie ons gewone sterflinge sal dit kan hanteer nie.

Lanie
Jun 30th 2009, 05:16 PM
Elke mens kry 'n maat van die Heilige Gees en dit manifesteer nie altyd dieselfde nie. Jesus is die enigste persoon op hierdie aarde wat die Gees sonder mate gekry het. Ek dink nie ons gewone sterflinge sal dit kan hanteer nie.

Hi daar Henry...

Kan jy vir my asseblief in 'n bietjie meer detail verduidelik wat jy bedoel met "'n maat van die Heilge Gees ontvang"? Die Heilige Gees is 'n Persoon en inwonend in elke kind van God. Ek verstaan nie hoe mens net 'n gedeelte (as ek jou reg verstaan) van 'n Persoon kan ontvang nie. Jy het of die Heilge Gees in Sy volheid, of glad nie.

Henry
Jun 30th 2009, 06:04 PM
Hi daar Henry...

Kan jy vir my asseblief in 'n bietjie meer detail verduidelik wat jy bedoel met "'n maat van die Heilge Gees ontvang"? Die Heilige Gees is 'n Persoon en inwonend in elke kind van God. Ek verstaan nie hoe mens net 'n gedeelte (as ek jou reg verstaan) van 'n Persoon kan ontvang nie. Jy het of die Heilge Gees in Sy volheid, of glad nie.

Lanie, in Joh 3:34 lees ons daarvan. Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. 'n Heiden of 'n paswedergebore Christen sal die volheid van God se Gees nie kan hanteer nie. Hulle sal dood neerslaan!!! Selfs ouens wat al lank op die pad is sal moeilikheid hê, want baie van ons beskou wedergeboorte as die alfa en die omega van die Christelike lewe, maar dis maar net die alfa. Dis waarom mens moet groei en meer en meer heilig moet lewe voor God.

As Jesus die Heilige Gees sonder maat (without measure in Ingels) gekry het, moet dit beteken dat daar verskillende mate is en dat party mense 'n mindere maat en ander weer 'n meerdere maat, maar nie die volheid nie, kry ens. Dis een van daai geheimenisse wat ek nie verstaan nie, maar dit staan in die Bybel en daarom glo ek dit.

Nog iets waar ons met, net 'n mate van, te doen kry, is met geloof. Rom 12:3 sê, Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof (Ingels measure of faith) soos God dit aan elkeen toebedeel het. Elkeen van ons het met ons wedergeboorte 'n maat van geloof gekry. Wat doen ons daarmee?

Dan kry mens klein geloof*, groot geloof**, ens. en dis iets wat kan toeneem (groei). 2Th 1:3 Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem (Ingels groweth exceedingly) en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.

Wat moet mens doen om 'n groter maat te kry of eerder om daardie maat wat jy wel gekry het te laat toeneem?

Ek weet dit klink weird, maar dit staan in die Bybel. :D

* Die disipels was byvoorbeeld op 'n stadium kleingelowig. Mat 8:26 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.
** Die hoofman oor 100 het bv 'n groot geloof gehad. Mat 8:10 Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.
** So ook die Kananese vrou. Mat 15:28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.

Edit: Ek het gou weer gaan kyk of ek voorbeelde in die Bybel kry en die eerste een wat ek op afgekom het is die geval van Elisa. Hy het 'n dubbele deel van die Gees wat Elia gehad het gevra en ontvang. Interessant dat hy presies dubbel soveel wonderwerke - deur die Gees natuurlik - gedoen het as Elia. Ek het nie die presiese detail nie, maar ek sal bietjie gaan soek.

Tonton
Jul 1st 2009, 02:48 PM
Elke mens kry met wedergeboorte 'n maat van die Heilige Gees en dit manifesteer nie altyd dieselfde nie. Jesus is die enigste persoon op hierdie aarde wat die Gees sonder mate gekry het. Ek dink nie ons gewone sterflinge sal dit kan hanteer nie.
Amen!

...Ek het gou weer gaan kyk of ek voorbeelde in die Bybel kry en die eerste een wat ek op afgekom het is die geval van Elisa. Hy het 'n dubbele deel van die Gees wat Elia gehad het gevra en ontvang. Interessant dat hy presies dubbel soveel wonderwerke - deur die Gees natuurlik - gedoen het as Elia. Ek het nie die presiese detail nie, maar ek sal bietjie gaan soek.

WOW, dit is interresant. Is dit nie wonderlik hoe die Woord sy eie geloofwaardigheid illustreer nie?

Anton

Henry
Jul 1st 2009, 03:58 PM
Ek het nie die presiese detail nie, maar ek sal bietjie gaan soek.

Google ies maai vrend. :lol:

Miracles in the Career of Elijah:
1) Causing the rain the cease for 3 1/2 years (1Ki 17:1)
2) Being fed by the ravens (1Ki 17:4)
3) Miracle of the barrel of meal and cruse of oil (1Ki 17:14)
4) Resurrection of the widow's son (1Ki 17:22)
5) Calling of fire from heaven on the altar (1Ki 18:38)
6) Causing it to rain (1Ki 18:45)
7) Prophecy that Ahab's sons would all be destroyed (1Ki 21:22)
8) Prophecy that Jezebel would be eaten by dogs (1Ki 21:23)
9) Prophecy that Ahaziah would die of his illness (2Ki 1:4)
10) Calling fire from heaven upon the first 50 soldiers (2Ki 2:10)
11) Calling fire from heaven upon the second 50 soldiers (2Ki 2:12)
12) Parting of the Jordan (2Ki 2:8)
13) Prophecy that Elisha should have a double portion of his spirit (2Ki 2:10)
14) Being caught up to heaven in a whirlwind (2Ki 2:11)

Miracles in the Career of Elisha:
1) Parting of the Jordan (2Ki 2:14)
2) Healing of the waters (2Ki 2:21)
3) Curse of the she bears (2Ki 2:24)
4) Filling of the valley with water (2Ki 3:17)
5) Deception of the Moabites with the valley of blood (2Ki 3:22)
6) Miracle of the vessels of oil (2Ki 4:4)
7) Prophecy that the Shunammite woman would have a son (2Ki 4:16)
8) Resurrection of the Shunammite's son (2Ki 4:34)
9) Healing of the gourds (2Ki 4:41)
10) Miracle of the bread (2Ki 4:43)
11) Healing of Naaman (2Ki 5:14)
12) Perception of Gehazi's transgression (2Ki 5:26)
13) Cursing Gehazi with leprosy (2Ki 5:27)
14) Floating of the axe head (2Ki 6:6)
15) Prophecy of the Syrian battle plans (2Ki 6:9)
16) Vision of the chariots (2Ki 6:17)
17) Smiting the Syrian army with blindness (2Ki 6:18)
18) Restoring the sight of the Syrian army (2Ki 6:20)
19) Prophecy of the end of the great famine (2Ki 7:1)
20) Prophecy that the scoffing nobleman would see, but not partake of, the abundance (2Ki 7:2)
21) Deception of the Syrians with the sound of chariots (2Ki 7:6)
22) Prophecy of the seven-year famine (2Ki 8:1)
23) Prophecy of Benhadad's untimely death (2Ki 8:10)
24) Prophecy of Hazael's cruelty to Israel (2Ki 8:12)
25) Prophecy that Jehu would smite the house of Ahab (2Ki 9:7)
26) Prophecy that Joash would smite the Syrians at Aphek (2Ki 13:17)
27) Prophecy that Joash would smite Syria thrice but not consume it (2Ki 13:19)
28) Resurrection of the man touched by his bones (2Ki 13:21)

Willem
Jul 1st 2009, 09:12 PM
Man dis interresant en lekker die ' alles wat mens so leer...

Lees ook toe mos, nee nou jok ek luister toe mos na handelinge, (julle moet die mp3 bybel in afr kry , so R180? by Cum boeke en sonder vers 1 vers 2 ens maak dit skielik nuwe goed oop.. :pp )

Act 8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
Act 8:13 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
Act 8:14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
Act 8:15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
Act 8:16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Act 8:17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.


So geglo, gedoop , maar nog nie die Gees ontvang nie.....

Henry
Jul 2nd 2009, 06:56 PM
:pp

Act 8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
Act 8:13 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
Act 8:14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
Act 8:15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
Act 8:16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Act 8:17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.


So geglo, gedoop , maar nog nie die Gees ontvang nie.....


Broer, Jy is seker nog besig met Handelinge, want jy is nog nie by Hoofstuk 19 nie. :P

(Act 19:1) En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind

(Act 19:2) en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.

(Act 19:3) En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.

(Act 19:4) Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.

(Act 19:5) En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

(Act 19:6) En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Henry
Jul 3rd 2009, 07:50 AM
Lanie, waar is jy???!!!

(Num 11:14) Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar.

(Num 11:15) En as U so met my wil handel, slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek my ongeluk nie aansien nie.

(Num 11:16) Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.

(Num 11:17) Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.

Hoe dieper mens gaan soek, op hoe meer gevalle kom jy af. :D

Lanie
Jul 3rd 2009, 07:11 PM
Ek handhaaf 'n lae profiel. :D

Henry
Jul 3rd 2009, 07:39 PM
Ek handhaaf 'n lae profiel. :D

Nee man, jy moenie. Ek mis jou. :hug:

Henry
Jul 4th 2009, 11:35 AM
Kan ons hieruit aflei dat Johannes die Doper dieselfde maat van die Gees as Elia ontvang het?

(Luk 1:15) want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

(Luk 1:16) En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God.

(Luk 1:17) En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei.

Henry
Jul 5th 2009, 10:04 PM
Hier is nog 'n verwysing. :D
1 Joh 4:13 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

SA Topsites