wasgouws
Jul 25th 2008, 07:47 AM
Liewe Vriendinne/Vriende
Ek, (Karen) kom vandag met 'n groot versoek dat
julle asb sal bid vir klein Cyle. Ek sien soveel verskillende emails
rond vlieg met dieselfde versoek maar vir die eerste keer in my lewe is
ek self direk daaraan bloot gestel.
Een van my baie spesiale vriendinne se
seuntjie Cyle is met leukemia gedeagnoseer net na sy eerste verjaarsdag.
Dis nou al amper 8 maande gelede. Sy klein liggaampie het geveg tot op
die einde maar daar is nou niks meer wat die dokters vir hom kan doen
nie en Liewe Jesus gaan hom binnekort kom haal.
Bid asb dat hy rustig sal wees en
sonder pyn.
Maar julle bid asb ook vir sy mamma.
Sy is een van die beste mammas wat ek in my lewe nog tee gekom het en sy
het baie seer en is verskriklik kwaad vir God. Bid asb dat ons die
regte dinge sal se om vir haar vrede te gee nadat haar kind hierdie lewe
verlaat het.
Bid asb dat sy sal vrede vind en eendag
sal verstaan wat God se doel is met Cyle se siekte.
Medies is daar niks meer wat vir klein
Cyle gedoen kan word nie maar by God is als moontlik. Hy is nou net op
morfien en ons wag dat Liewe Jesus hom kom haal want sy klein lyfie is
moeg en al baklei hy steeds teen die siekte het dit hom gewen.
Julle daar is soveel mense wat vir die
gesiggie lief is en net die beste vir hom wil he.
So deel dit asb met julle mede Christene
vriende en vra asb dat dit deel sal word van hulle gebedslys.
Karen