MrT
Sep 1st 2008, 09:46 PM
Hallo almal
Ons gemeente het die laaste drie maande deur diep waters gegaan. (Dis hoekom ek ook so min hier was) Soveel so dat die ring moes ingryp en 'n ringsondersoek is gedoen. Die kerkraad het ongelukkig in die slag gebly en het ons gemeente oornag van 'n borrelende bruisende gemeente in 'n duiwels geteisterde nagmerrie verander.
Ons hou Sondag 06 September 08 gemeente vergadering waartydens 'n nuwe kerkraad verkies gaan word en ons as't ware van nuuts af gaan begin.
Ek versoek graag dat julle vir ons gemeente sal intree in gebed en veral sal bid dat God die gemeente sal lei en die nodige insig en wysheid sal verskaf sodat die regte mense geidentifiseer sal word om op die nuwe kerkraad te dien.
Bid ook asb dat die Here die mense wat benoem word sal lei, laat hulle die regte besluit sal neem, (Jy word benoem, verkies en bevestig op dieselfde vergadering, so daar is min tyd vir oorweging en bevestiging) en dat ons nuut verkose kerkraad altyd die HERE eerste sal stel en dat daar geen meer verskuilde agendas sal wees nie.
Bid ook vir ons gemeentelede, die fokus in ons gemeente het verskuif vanaf God, na mense en mense se opinies, bid asb dat ons weer op GOD sal fokus en dat dit wat in die proses afgebreek was vinnig sal herstel, dat ons sal fokus daarop om nou vergewingsgesind te wees en dat alles wat ons in die gemeente aanpak tot glorie en verheerliking van die HERE sal geskied.
Jesus Groete
Nardus Tredoux