Die Filadelfieer
Sep 26th 2008, 09:06 AM
Eerstens, vir die wat nie weet nie, Pangaea is die naam van ‘n “oer” superkontinent waruit die slim manne reken ons bestaande kontinente gevorm het. Die woord het ontstaan van die grieks : pan (hele) en gaea (aarde). Hier (http://en.wikipedia.org/wiki/Image:Pangaea_continents.png) is ’n voorstelling van hoe hierdie kontinent moontlik kon gelyk het.
Nou, kom ons gaan kyk weer na Genesis 1, en meer spesifiek die volgende gedeelte :
En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.
En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
Een plek ? Ek leer al hoe meer dat daar niks sonder rede in die Bybel staan nie. Alles is met ’n rede neergepen onder die leiding van die Heilige Gees, en het veral betrekking op die spesifieke woordkeuses in die boeke van Moses : Die Wet.
My Strongs bevestig hierdie op die oog af vreemde woordkeuse :
be gathered together <H6960> : qawah -- pronounced: kaw-wa : to bind together (perhaps by twisting), i.e. collect.
Gebruik mens dus hierdie interpretasie was daar een see, op een plek vergader, en nie verskillende oseane nie.....maar waar kom ons verskillende kontinente vandaan ? Ek weet Hovind verskil van die idee dat daar ooit ’n superkontinent was, maar ek is oortuig daarvan dat hy verkeerd is. Opgrawings wys vir ons toenemend op een klimaat regdeur die hele aarde, met voorbeelde van gefosileerde varings op die pole en beduidende bewyse op tropiese toestande waar ons grootste woestyne vandag is. Groot was my verrasing toe ek op hierdie (http://www.answersingenesis.org/articles/am/v2/n2/a-catastrophic-breakup) artikel afkom. Andrew Snelling (PhD) beskryf ’n Sondvloed wat baie meer verrig het as wat ons voorheen besef het. Die veld waarin hy spesialiseer, Katastrofiese plaat-tektonika ( Catastrophic plate techtonics) , poog om spesifieke modelle te ontwerp rondom ’n globale skielike vloed soos wat die Bybel dit beskryf, en die antwoorde wat hulle kry is verstommend.
Dit blyk, ondere andere, dat dit heeltemal moontlik is vir die kontinente om binne ’n kort tyd radikaal te herkonfigureer as gevolg van die dinamiese aard van ons seebodem.
Ek sal graag terugvoer wil hê van die belangstelendes : wat dink julle van hierdie interpretasie van Genesis ? Is daar iemand wat verskil van die idee van ’n superkontinent wat deur die Sondvloed opgebreek is ?
http://www.answersingenesis.org/assets/images/articles/am/v2/n2/entrained-water.jpg