Likkedilla
Oct 1st 2008, 06:57 AM
More almal, ek het vanoggend 'n baie groot begeerte om dit met julle te deel.
Hier op die forum het ek my vrae gevra oor geloofsgenesing en antwoorde gekry en so het julle vir my seun se asma gebid. Ek voel net dat ek nie kan stil bly oor sy vordering nie.
Hy was op hulle avontuur kamp saam met die skool vir 5 dae. Ek het kortisoon en pompie en anti-histamien ingepak met 'n rits voorskrifte. Hulle was naby Waterval-Boven en het in 'n denneplantasie geslaap. Hy het vir hom 'n bed van dennenaalde gemaak en aan alles deelgeneem saam met die ander kinders. Toe ek hom vra wat het sy borsie gedoen, sê hy vir my hy het elke oggend een kortisoon pilletjie gedrink en en net twee keer sy pompie gebruik. Julle, hy het in die verlede 4 pilletjies 3 keer per dag gedrink en 'n pompie met 200 toedienings het hom miskien 3 weke gehou.
Die afgelope naweek het ons 'n familie fees langs die Vaalrivier gehad en hy het sedert die kamp twee weke gelede nog nie een kortisoon, anti-histamien of pompie gebruik nie.
Dankie Here vir U genade.