Gene
Oct 1st 2008, 08:48 AM
Hierdie slag is dit ek wat wil vra vir gebed. Ek moet binnekort gaan vir 'n onderhoud waaroor ek BAIE opgewonde is, maar daar is heelwat struikelblokke wat eers uit die weg geruim moet word, en ek moet ook seker wees dat die Here se wil geskied, anders kan dit katastrofiese gevolge he. Bid asb dat die Here die pad sal gelyk maak as dit Sy wil is….
Dis genoeg inligting, die Here ken die detail. Maar vir diegene wat belang stel, so bietjie agtergrond. Ek het al vir baie jare 'n intense begeerte (en ek glo, ook 'n roeping) om voltyds vir die Here te werk. Ek is lidmaat van die NGK, maar is die afgelope jaar of twee al meer oortuig dat ek een of ander tyd sal moet besin oor my lidmaatskap, aangesien die NGK myns insiens besig is om die pad byster te raak. Tot dusver het ek in die NGK aangebly, om twee redes. Eerstens was daar vir my ‘n oop deur om van tyd tot tyd te preek (agv 'n paar teologiese kwalifikasies wat ek so paar jaar gelede behaal het) Ek het gevoel dat ek moet bly terwyl die deur vir my oop is, sodat ek kan probeer om 'n verskil van binne te maak. Tweedens is hier geen ander denominasie in my dorp waar ek regtig tuis sal voel nie. (Die oop deur het intussen toegegaan en daar is die afgelope tyd 'n dringendheid by my om 'n ander denominasie te vind.)
Sowat twee jaar gelede het ek verskeie denominasies genader om vas te stel of daar nie moontlik voltydse bedieningsmoontlikhede is nie. Om 'n lang storie kort te maak, niks daarvan het gerealiseer nie omdat ek nie aan die minimum vereistes voldoen het nie. Maar sowat drie weke gelede het ek egter uit die bloute 'n e-pos ontvang van iemand in die CG Kerk, deur wie ek my teologiese kwalifikasies verwerf het ('n denominasie waar ek beslis 'n geestelike heenkome sou vind indien hier 'n gemeente naby was) Hulle het versoek dat ek my CV vir hulle moet aanstuur.
Dit blyk dat hulle weer na my geval gekyk het en daar is beslis moontlikhede vir 'n voltydse bediening in een van hulle gemeentes, waarskynlik as 'n assistent leraar. Hulle het my nou genader om 'n afspraak te maak vir 'n persoonlike onderhoud met twee of meer van die leraars wat betrokke is by die legitimering van nuwe leraars, met die oog op 'n moontlike aanstelling. Hierdie onderhoud sal DV gedurende die naweek van 17 – 19 Oktober plaasvind.
Uiteraard is ek geweldig opgewonde hieroor. Dit lyk na die verhoring van my gebede van die afgelope aantal jare. Maar dis vir my baie belangrik dat ek binne die wil van die Here moet wees, anders kan dit katastrofies wees. En ek is bang dat ek (dalk onbewustelik) ‘n bediening soos hierdie vir die verkeerde redes begeer. Dan is daar ‘n klompie probleme wat in die pad staan, (Finansies, verlof, vervoer, verblyf ens) maar as dit die Here se wil is, weet ek Hy sal die pad gelyk maak.
Baie dankie by voorbaat vir julle gebede…
Eugene