Quick Links
Bible Search Christian Links
Online Bibles Link to Us
  Downloads Web Hosting  
  Domain Names  


PDA

View Full Version : Die hoogste brug in die wêreld


David2
Oct 11th 2008, 08:17 AM
http://i241.photobucket.com/albums/ff68/elsdm/Brug.jpg

Die wêreld se hoogste brug is die Millau in Frankryk. Die hoogste toring is 343m en dus hoër as die Eiffel toring wat saam met sy mas net 325 m is. Van die padoppervlakte tot by die rivier is dit 270 m. Die Hillbrow toring in Johannesburg is net 269 m en sal dus onder die padoppervlakte van die Millau kan inpas. Die Bloukrans brug wat die hoogste in Suid-Afrika is, is net 216 m. Net soos die Concorde en die tonnel na Engeland, was die Millau 'n gesamentlike projek tussen Engeland en Frankryk. Op die foto bo was die brug nog nie voltooi nie en die rooi steunpilare moes nog verwyder word. Nee, die pad loop reguit, dit is die wyehoeklens van die kamera wat die pad geboë laat voorkom. Onder is die voltooide brug. Dit kos net 4.6 Euro om oor die brug te ry.

Soos hierdie een van die mees indrukwekkende brûe in die wêreld is, is Kol. 3:1-4 een van die belangrikste geestelike brûe in die Bybel. Hoofstuk 1 gee vir ons die verklaring van ons geloof, hoofstuk 2 verdedig dit teen valse leringe wat Christus minag of verskraal en leringe wat die vlees voorop stel en die Gees verwaarloos. Maar dan moet hierdie groot geestelike waarheidskennis oor die brug gedra word om by die praktyk uit te kom. Ons kan sê dat die kennis van Kol. 1 en 2 deur die dinamika van Kol. 3:1-4 van die kop af na die hart toe gedra moet word. Na hierdie vier verse sien ons in die res van die boek wat die praktiese veranderinge is wat in ons lewe moet plaasvind. Is jou geloof net in jou kop of is jy waarlik in hart siel en ledemate geïnspireer om God in alles welbehaaglik te wees en die evangelie en jou medemens met oorgawe te dien? As daar nog op die gebied iets skort, dan het ek en jy dalk ook nodig om die brug oor te steek, maar in ons geval gaan dit dalk meer as 4.6 Euro kos.

http://i241.photobucket.com/albums/ff68/elsdm/Brug2.jpg

SA Topsites