Quick Links
Bible Search Christian Links
Online Bibles Link to Us
  Downloads Web Hosting  
  Domain Names  


PDA

View Full Version : Die Verborgenheid van Babilon


Philip dT
Oct 25th 2008, 01:44 PM
Ek het onlangs 'n studie gedoen van die okkulte, kabbala, vrymesselary, teosofie, ens. Dit kan alles herlei word tot Babilon, en Luciferianisme. Hier is heelwat werk in en dit was in baie opsigte vir my 'n eye-opener.

Dit raak ook aan die veld van sameswerings-teorieë, en die organisasies en sisteme wat die wêreld regeer.

Skakel (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_wrapper&Itemid=39)

protea
Oct 25th 2008, 02:23 PM
Philip,
Ek het jou draad gelees en dis alles baie interessant. Van die inligting het ek geweet en ander weer nie. Ek het ook onlangs die DVD gekyk oor die getuienis van die vrou Arizona Wilder wat o.a. openlik praat oor die Illuminati-georkestreerde moord op Prinses Diana en die bose praktyke van die Britse koningshuis, internationale wereld politici en leiers van die geldmagte soos bv die Rothchilds. Dis n riller en ek het werklik net die DVD klaargekyk om te sien of die vrou tot geloof in Jesus kom , maar hulle het nie gese nie. Nou my vraag : Wat maak n Christen met sulke oordonderende negatiewe inligting? Ek persoonlik wil die inligting he maar ek wil eerder my tyd saam met God in Sy Woord spandeer. Ek weet 'my volk gaan te gronde weens n gebrek aan kennis',maar ek wil van so n onderwerp net genoeg weet om dit te weerstaan en dan my tyd en aandag aan die dinge van Jesus spandeer.

Philip dT
Oct 25th 2008, 02:34 PM
Protea, ek hoor wat jy sê. Ek dink dat dit mens help om die wêreld beter te verstaan. Dit is belangrik om onderskeidingsvermoë te hê, veral wanneer babilon in die kerk begin insluip. Ek sien dinge soos postmodernisme, new age denke en die emergent church beweging bv. as die vrugte van die onderstrominge van die verborgenheid van babilon.

Ek dink dit gaan al moeiliker wees in die tye waarin ons lewe om te bly vashou aan die waarheid

paidforinfull
Oct 25th 2008, 03:21 PM
Nou my vraag : Wat maak n Christen met sulke oordonderende negatiewe inligting? Ek persoonlik wil die inligting he maar ek wil eerder my tyd saam met God in Sy Woord spandeer. Ek weet 'my volk gaan te gronde weens n gebrek aan kennis',maar ek wil van so n onderwerp net genoeg weet om dit te weerstaan en dan my tyd en aandag aan die dinge van Jesus spandeer.

Protea, ek hoor jou, maar ek voel tog dat elke volwasse Christen redelik ingelig behoort te wees t.o.v. die okkulte. Daar is baie mense in die wereld wat vrae het oor hierdie onderwerp, en ons moet hulle kan help en hulle vrae kan beantwoord.

Ek kom uit 'n okkultiese agtergrond, en ek het letterlik jaaare van my lewe weggegooi omdat ander Christene (bv. my pa wat 'n NG ouderling was, sowel as ander kerkmense) nie my vrae hieroor kon beantwoord nie. Nie dat ek andere vir my dwalinge blameer nie - dit was regtig alles my eie skuld. Ek het wel geleer dat dit belangrik is dat Christene hieroor ingelig moet wees.

Ek sal voorstel dat jong Christene vir eers van hierdie onderwerp af wegbly en daarop konsentreer om hulle verhouding met God te versterk. Volwasse Christene behoort hierdie inligting te kan hanteer, maar onderskeiding is hier baie belangrik. As iemand dalk ongemaklik hieroor voel, is dit beter om dit vir eers maar te los. Liewers Bangjan as Dooiejan ;)

En ja, die okkulte het op baie slinkse maniere selfs in die kerk ingekruip. Christene moet ingelig wees en vir onderskeiding bid. Die tye waarin ons lewe vereis dit.

protea
Oct 25th 2008, 07:55 PM
Dankie Philip en Paidforinfull, ek verstaan en sien julle punt ook in. Die DVD oor Arizona Wilder het ek vir goeie vriende geleen en net op grond van wat ek vertel het, het hulle besluit om dit nie te kyk nie en vir my laat weet ek moenie my ophou met sulke sataniese inligting nie. Hulle vra my toe of hulle die DVD kan vernietig en ek gee toe maar n oorblufte toestemming. En 2 dae daarna toe soek n jong man wat met sataniste werk daardie inligting. Nou my argument: Deur jou kop onder die kussing in te druk en die bestaan van die bose te ontken, gaan dit nie die bose vernietig of verjaag of laat uitbrand of wat ook al nie. Dit laat my dink aan die bobbejaantjies met die 'see no evil', 'speak no evil' en 'hear no evil' gesiggies. Die bose is ongelukkig n realiteit in die lewe om ons en met die Heilige Gees se beskerming het ek (al het ek kennis daarvan )niks te vrees nie!

Philip dT
Oct 26th 2008, 02:51 PM
Dankie Paidforinfull en Protea vir julle respons. Dit is natuurlik so dat mens baie versigtig moet wees as mens werk met kennis oor die werking van die duisternis. Ons moet onsself onderwerp aan God en in Sy beskerming bly.

Wat vir my egter net weer getref het van die studie oor die okkulte is dat dit nie net iets is wat as't ware "ondergronds" of in die duisternis gebeur nie. Die woord "okkulties" beteken gewoon "verberg / weggesteek." ‘n Bekende slagspreuk van okkultiste is: “The truth is always hidden in plain sight.”

Hierdie "truth" waarna verwys word is okkultiese kennis, of te wel, diepere, esoteriese kennis. Maar dit is weggesteek "in die openbaar" of "ten aanskoue van almal." Hiermee word bedoel dat okkultiese boodskappe dikwels in die openbare media, in argitektuur, of in openbare kommunikasie verskuil lê, maar die gewone ou sal nie daarvan weet nie, net die ingelyfdes in die okkulte.

Ons samelewing is oortrek van die okkulte. Om net een voorbeeld te noem, is Washington DC uitgelê op grond van okkultiese simbole. George Washington was 'n 33'e graadse Vrymesselaar. Ek bespreek in my studie dat Vrymesselary slegs 'n bepaalde manifestasie is van die okkulte.

Die beginsel "as above, so below" is ook 'n sterk okkultiese beginsel. Dit verwys daarna dat daar as't ware geheime inligting van alles wat op aarde gebeur, asook van elke individu in die sterre opgesluit lê. Astrologie is daarom hoogs okkulties.

Selfs iets "onskuldigs" soos bygelowigheid het sy oorsprong in die okkulte, want dit veronderstel dat daar geheime krag is in sekere getalle of dat sekere handelinge dieper / okkultiese betekenis dra of verskuilde krag inhou.

protea
Oct 26th 2008, 04:51 PM
Philip,
Ek verstaan die begrip 'okkulte' as die oorkoepelende sambreel en die veelvuldige 'speke' die Illuminatie, die Rotariers, Roundtable, ens om maar werklik net n paar te noem. Hierdie organisasies beheer die wereld se ekonomiee, die politiek (Kan jy president word van n land SONDER om aan bg organisasies te behoort?), die media (hulle besluit wat jy moet hoor en sien en ontlok daardeur reaksie wat fyn deur hulle georkestreer is) en helaas ook die kerk wat veronderstel is om die kudde te lei en wat in baie gevalle faal in die onderskeiding tussen reg en verkeerd. Ek wonder baiekeer of dit opsetlik is en of die herders bloot net nie die onderskeidingsvermoe het nie. Maar dat ons vinnig na die Nuwe Era godsdiens op pad is , is verseker. Beheer oor die kerk is die laaste terrein wat die bose moet inpalm om totale beheer oor die mens te verkry.:cry: Nou is my vraag : As die herders in n gemeente nie die 'tekens' kan 'lees' nie , wat staan die gewone lidmaat te doen? Die meeste gewone lidmate wat wel die tekens reg lees kry so gou n etiket om die nek van iemand wat vir satan agter elke bos sien. Maar IS satan nie vandag feitlik agter elke 2e bos nie...?:hmm:

simonpetra
Oct 26th 2008, 06:58 PM
Philip

Dankie vir die artikel. Dit is baie interesant. Ek het al redelike kennis opgedoen oor vrymesselary en babeloniese okkulte. Dit is wel die eerste kombinasie met verskeie Joodse gelowe wat ek lees. Ek hou 'n harde kopie vir verwysing tydens berading. Dit is skrikwekkend hoe baie alledaagse mense in hierdie strikke val of voorouers uit die range het. En die strikke het nagevolge in mens se lewens, alhoewel baie daaroor stry.

Het jy tydens jou navorsing enige konnotasies tussen vrymesselary, broederbond, ossewa brandwag en Voortrekker generale gekry? Ek het al gehoor dat mense beweer dat daar wel konnotasies is maar bewerings bring mens nie ver nie. En Afrika leiers?

CFJ
Oct 26th 2008, 08:00 PM
Ek het onlangs 'n studie gedoen van die okkulte, kabbala, vrymesselary, teosofie, ens. Dit kan alles herlei word tot Babilon, en Luciferianisme. Hier is heelwat werk in en dit was in baie opsigte vir my 'n eye-opener.

Dit raak ook aan die veld van sameswerings-teorieë, en die organisasies en sisteme wat die wêreld regeer.

Skakel (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_wrapper&Itemid=39)

Philip,

Ek het al 'n redelike stuk gelees van die artikel en dit is regtig 'n stukkie goud, wat ek glo nog baie gebruik gaan word, deur baie mense.

paidforinfull
Oct 27th 2008, 12:26 AM
Ek het onlangs 'n studie gedoen van die okkulte, kabbala, vrymesselary, teosofie, ens. Dit kan alles herlei word tot Babilon, en Luciferianisme. Hier is heelwat werk in en dit was in baie opsigte vir my 'n eye-opener.

Dit raak ook aan die veld van sameswerings-teorieë, en die organisasies en sisteme wat die wêreld regeer.

Skakel (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_wrapper&Itemid=39)

Haai Philip - baie dankie vir jou artikel. Ek het nog nie kans gekry om dit rustig te sit en deurwerk nie, maar aan dit wat ek alreeds gelees het ek kan ek sien dat dit 'n besondere goeie artikel is. Ek gaan dit uitdruk en so studeer, want dit is vir my makliker as om dit op die komper te lees.

Blessings.

Die Filadelfieer
Oct 27th 2008, 08:30 AM
Phillip,
My mond hang oop. Ek en my vrou het PRESIES hierdie gesprek gister gehad oor hoe alles afgebreek kan word tot die stryd wat in Genesis begin het, die stryd tussen goed en sleg. Jou studie lyk op die oog af werklik volledig, sal dit bestudeer en terug kom na jou met beter kommentaar.

Die Filadelfieer
Oct 27th 2008, 08:49 AM
Kan jy president word van n land SONDER om aan bg organisasies te behoort?

Op grond van Protea se vraag, my eie : (Indien naief vra ek om verskoning) Kan iemand wat nie blank is nie deel word van hierdie groepe ?
Mens lees nog net van wit mans wat leiersposisies bekleë (het), en indien daar wel sulke beperkinge binne hierdie organisiasies bestaan, sien ek 'n reuse probleem in die VSA aan die kom. Obama is nie blank nie, maar het oënskynlik die oorgrote steun van die publiek. Implikasies ?

protea
Oct 27th 2008, 09:01 AM
Op grond van Protea se vraag, my eie : (Indien naief vra ek om verskoning) Kan iemand wat nie blank is nie deel word van hierdie groepe ?
Mens lees nog net van wit mans wat leiersposisies bekleë (het), en indien daar wel sulke beperkinge binne hierdie organisiasies bestaan, sien ek 'n reuse probleem in die VSA aan die kom. Obama is nie blank nie, maar het oënskynlik die oorgrote steun van die publiek. Implikasies ?

Fila ,
Ek neem aan dat daar nie n kleurskeidslyn is nie. My motivering: Hoekom doen Mogabe net wat hy wil en die wereld gryp nie in nie? Ek neem aan hy het vrinne in hoge posisies wat vir hom 'cover' en beskerm .

Philip dT
Oct 27th 2008, 12:05 PM
simonpetra skryf:
Philip

Dankie vir die artikel. Dit is baie interesant. Ek het al redelike kennis opgedoen oor vrymesselary en babeloniese okkulte. Dit is wel die eerste kombinasie met verskeie Joodse gelowe wat ek lees. Ek hou 'n harde kopie vir verwysing tydens berading. Dit is skrikwekkend hoe baie alledaagse mense in hierdie strikke val of voorouers uit die range het. En die strikke het nagevolge in mens se lewens, alhoewel baie daaroor stry.

Die artikel wat ek hier lys, bespreek nie al die vorme van okkulte nie. Ek het net op 'n paar van die hoof-manifestasies daarvan gekonsentreer. My oogmerk was om agter die kap van die byl te kom en nie om 'n volledige studie van alle vorme van okkulte te doen nie. Daarvoor sal mens boeke moet vol skryf. Ek het wel op 'n ander plek op my blad notas gemaak (nie uitgebreide artikel nie) wat meer spesifiek 'n "checklist" is vir berading. Daarin is 'n meer volledige lys van die okkulte. Dit is ongelukkig in Engels: hier (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=25&Itemid=12)

simonpetra
Oct 27th 2008, 01:35 PM
Philip

Dankie vir die link na die lys. Waarna ek eintelik opsoek is, is informasie wat, soos jy in jou artikel die lyne getrek het tussen Babilon, Cabalah en Vrymesselary, iets wat duidelik die lyne kan trek tussen Vrymesselary en die organisasies waarin ons Afrikaner-voorouers kon behoort het. Byvoorbeeld gesagspersone wat aan beide organisasies behoort het of nou bande gehad het ens.

Die rede hoekom ek daarna soek- met berading sal die Heilige Gees iets uitwys t.o.v. geheime organisasies. Maar as die persoon wat gekom het vir gebed nie glo dat daar enige iets verkeerd is met die organisasie nie dan kan mens nie daardeur bid en daarvan los kom nie. Ek hou dan daarvan om mense huis toe te stuur met leeswerk om vir hulself te besluit.

Ek het gehoop jy het dalk erens meer informasie wat die bg betref. Maar soos reeds gese, dit wat daar reeds is, is goud werd.

Philip dT
Oct 27th 2008, 02:04 PM
OK, ek hoor. Ja, ek self is geïnteresseerd om die lyne te trek in ons voorourers. Ek sal bietjie krap en kyk of ek iets kry.

Willem
Oct 27th 2008, 09:30 PM
Jinne, my lyn is dood vir paaaaaar dae en ek mis so baie!
(thenks Telkom;))

Het so ruk terug DVD gekry en gekyk oor RKK en hull ebande met okkulte van prof van WITS wat afgekom het op sy skoonpa se illuminati boeke en toe begin navorsing doen het en die dvd nou versprei en mense vertel.

...........Mense dink deesade dis movies en omdat die movies so werklik word begin hulle dink die stories is nie werklik nie en duiwel en toor ens is maar net stories...miskien het ons weer sulke goed nodig om ons wakker te maak, nie soos sleeping beauties met Christus se wederkoms nie , maar reg en bewus van hoe genadig die Here vir ons is in die wereld wat so korrup is.

Ek sal die link nog gaan lees Phillip, maar ek is reeds moe*** genoeg soos goeie koffie oor dit wat ek gesien het dat ek regtig die volgende RKK priester wat ons gemeente uitnooi gaan vra hoekom daar nog Sataniese simbole op van hulle kerke se deure is.

Dan dink ek ok dat ek iewers gelees het dat hulle die tien gebooie so effe gemodify het? Weet iemand miskien daarvan?

Net op ander punt as een van julle kinders of neefs en niggies het wat Playstation computer games ens speel , gaan kyk goed na wat in die speletjies is...... ek het jare terug lekker DnD gespeel tot ek een aand my dinges afgeskrik het oor ek in droom gevoel het hoe ek in klip begin wegsak , soos my karakter kon doen. DIT was einde daarvan!

Kan maar net die Here dank vir Sy genade en hoe baie en hoe lank Hy al vir my sorg en nog gaan sorg.:pray::Amen:

mari
Oct 28th 2008, 11:00 AM
Phillip...

di studie is uitstekend en deeglike oordink werd.....

.... iets wat ek julle net almal wil vra m.b.t. die voorouer "bande" in berading..... wees uiters, uiters sensitif vir die Gees voor daar veronderstellings gemaak word wat dalk meer pyn kan veroorsaak as enige vorm van vryheid.......... ons is al deur "beraders" met soortgelyke lyste wat "quick fixes" soek, i.p.v. te hoor wat die Vader se, mooitjies meegedeel dat ons kind autisties is oor sy oupa 'n vrymesselaar was wat sy gelofte gebreek het.........

groetnis
m

paidforinfull
Oct 28th 2008, 03:19 PM
Phillip...

di studie is uitstekend en deeglike oordink werd.....

.... iets wat ek julle net almal wil vra m.b.t. die voorouer "bande" in berading..... wees uiters, uiters sensitif vir die Gees voor daar veronderstellings gemaak word wat dalk meer pyn kan veroorsaak as enige vorm van vryheid.......... ons is al deur "beraders" met soortgelyke lyste wat "quick fixes" soek, i.p.v. te hoor wat die Vader se, mooitjies meegedeel dat ons kind autisties is oor sy oupa 'n vrymesselaar was wat sy gelofte gebreek het.........

groetnis
m

Ja, Mari - wat jy se is baie waar, asook tragies. Hier is onderskeiding en gebed baie nodig.

My jongste kleinseun is ook autisties. Ek het aanvanklik gewonder of daar nie dalk 'n famielievloek of iets was wat die oorsaak kon wees nie, toe herhinner die Here my dat ek alreeds in Jesus se naam alle vloeke gebreek het - oor my en my nageslag.

Ek voel die Here het my kleinseun aan my dogter gegee omdat sy die regte persoon is om hom groot te maak. Hy is spesiaal vir haar gegee.

Jammer dat julle so-iets moes aanhoor.

Blessings.

mari
Oct 29th 2008, 06:28 AM
Dankie pff.... :hug:

in die Bybel kamer is 'n draad oor "die Bybel en gestremdes" waar so 'n bietjie van my storie hiervan beskryf ..........

... soms soek ons spoke waar daar eintlik baie blessings is........ die ironie is ek het self so met die lysies gewerk en veroordelinge uitgespreek wat ek nou heel anders insien...... die wereld om ons is alles behalwe perfek en die Vader stuur spesiale mensies wat volgens die wereld " onvolmaak" is, maar volmaak in sy plan val...... met 'n spesiale doel om ons "normales" die wereld bietjie uit 'n ander hoek te laat sien......

dit is uiters belangrik om bewus te wees van die okkulte se soms blatante, maar soms subtile inwurm in die kerk ...... en dit is net so ( indien nie meer ) belangrik om uiters gevoeling vir die Gees te wees in hierdie gevalle....... mens kan so maklik vasgevang raak in spoke in die donker jaag en jou fokus op die vyand rig ... en sodoende jou oe van die lig af weghou.......

onthou, die duisternis self het nie substansie nie.... dit is slegs afwesigheid van die Lig.......... as jy in die Lig wandel, het die duisternis geen vashouplek op jou nie.......:bounce:

groetnis
m

Philip dT
Oct 29th 2008, 09:05 AM
Terloops, daar is heelwat studies gedoen om aan te dui dat outisme grotendeels deur kwikvergiftiging veroorsaak word. Daar is 'n groot persentasie kwik teenwoordig in themerosol, die preserveermiddel van meeste inentings - veral dié wat deur die staat gegee word.

Ongelukkig is die farmaseutiese bedryf so groot, en geld speel so 'n belangrike rol, dat hulle alle studies wat 'n verband tussen kwikvergiftiging en outisme aadui, ontken, of hulle eie wetenskaplikes aanstel om die teendeel aan te dui. Hulle sal in elk geval nie al die eise teen hulle kan bekostig as die verband tussen kwik-gebaseerde inentings en outisme algemeen aanvaar word nie.

Ek het by ons twee dogtertjies se inentings spesifiek kwikvrye inentings aangevra. Dit kos bietjie meer, maar ek betaal dit met 'n smile, eerder as om my kind aan themerosol bloot te stel.

Seuns is egter meer vatbaar vir kwikvergiftiging en outisme. 'n Vriend van my kon 'n direkte verband lê tussen sy seuntjie se inenting en sy outisme. Hy reageer baie goed op dieselfde behandeling wat gegee word vir mense wat kwikvergiftiging opgedoen het.

mari
Oct 29th 2008, 10:04 AM
Terloops, daar is heelwat studies gedoen om aan te dui dat outisme grotendeels deur kwikvergiftiging veroorsaak word.


..... Jammer, Phillip, maar jou inligting is bietjie agter :blush: .... daar is eenvoudig net te veel kinders op die autisme spektrum wat geen van die inentings gehad het nie..... ( soos my eie outjie ) ..... navorsing die laaste paar jaar is besig om in heel ander rigting te wys en niemand kan nog heeltemal ooreenstem oor enige spesifieke "oorsaak" daarvan nie........ wel dat outistiese kinders se breintjies "anders bedraad" is as ons "nerotypicals" ..... maar hierdie is seker nie die draad daarvoor nie....... daar is baie inligting op die web vir die wat belangstel : www.autismsouthafrica.org (http://www.autismsouthafrica.org) bied die meeste inligting vir plaaslike verwysing en links na die nuutste navorsing.



..... medise navorsing het baie geloofs "mites" ook deesdae ontbloot - dinge wat as "demon possesion" gesien is, word nou darem gesien vir fisiese afwyking, ens....

... die mediese wetenskap bewys ook al meer en meer hoeveel jou geloof ( "positiewe houding" ) op genesing inwerk...... aan die een kant is dit waarom sommiges van die okultiese tegnieke "werk" - dit is eintlik net 'n mindset en nie die magic nie !!...... aan die ander kant is dit ook waarom van ons Christin mensies wat so ongenadiglik skuldbewus is, nie genees van eenvoudige toestande nie - want hulle glo dis straf !!......

groetnis
m

Philip dT
Oct 29th 2008, 11:32 AM
Hallo Mari, dankie vir jou respons. Ek ontken nie dat daar ander oorsake is vir outisme as inenting/kwikvergiftiging nie. Maar ek het al na heelwat studies gekyk wat wel 'n verband lê met inentings. My vriend se seuntjie het 'n direkte verband getoon. Ek sal bietjie gaan lees op die skakel.

Groete

;)

Son of the South
Nov 1st 2008, 08:34 AM
Ek stem saam dat hierdie 'n onderwerp is vir volwasse gelowiges. Meeste net vir kennisname en ek wens dat meer mense wil kennis neem. Hierdie goed beïnvloed elke aspek van ons lewens en 'n gebalanseerde ingeligdheid is nodig. Dit is glad nie volwasse om 'n volstruis mentaliteit in te slaan nie. Hierdie goed is nie 'maar net' nie, dit is een van dié aanvalsplanne van die vyand en mense het nodig om los te kom uit hierdie leuens.

Daar is ook 'n paar mense met 'n roeping om dieper te delf. Almal se roeping is nie dieselfde nie. Iemand moet tog uitwys dat die keiser nie klere aan het nie. Dankie Philip dT vir die artikel. Ja, daar is nie net 'n slang in die gras nie, daar is sommer 'n groot vet leeu...en sy boude steek heeltemal bo die gras uit. Net sodra iemand sê: "Haai kyk, daar is 'n leeu.", dan word hy gediskrediteer en afgemaak as iemand wat samesweringsteoriëe glo en wie weet wat alles. Daar is ontsettend baie goeie informasie hieroor, maar daar is net soveel goeie disinformasie (m.a.w. op die oog af baie geloofwaardig). Dit maak natuurlik onderskeiding, wat net die Heilige Gees gee, onontbeerlik. Ja, satan smee nog altyd plannetjies teen God en sy Kerk. Lyk my om regtig agter die kap van die byl te kom, sal mens al satan se plannetjies van Noag af tot nou toe moet navors! Ek was verstom om te sien hoeveel die Bybel te sê het oor al hierdie goed.

Baie dankie vir so baie sinvolle plasings. Ek haal 'n klomp van julle plasings aan, maar ek verkort dit maar bietjie om die punte waaroor ek wil saamgesels uit te lig.
...Kan iemand wat nie blank is nie deel word van hierdie groepe ?... Ja, beslis. Ek verstaan daar is Vrymesselaar lodges vir anderskleuriges ook. ...Hoekom doen Mogabe net wat hy wil en die wereld gryp nie in nie?... Mens kan nie anders as om tot die slotsom te kom dat hy die 'regte konneksies' het nie. Dit laat my ook vrae vra oor sy groot tjom Mbeki. In my agterkop wonder ek net nog altyd wie slaan nou eintlik die tromme en wie is die 'stooges'. Hulle moet maar lekker konkel; weet net dat as satan met jou klaar is, dan spuug hy jou uit.

Al die dinge is net nog 'n groter aansporing vir ons om gehoorsaam te wees aan die Bybelse opdrag om vir ons regerings te bid!

Waarna ek eintelik opsoek is, ...wat duidelik die lyne kan trek tussen Vrymesselary en die organisasies waarin ons Afrikaner-voorouers kon behoort het.Die Broederbond was dalk aanvanklik 'n goeie idee, maar die Vrymesselaars het beslis daar 'n hand in gehad. Daar is baie goed nagevorsde Afrikaanse artikels verkrygbaar by Kanaan Ministries (http://www.kanaanministries.org/kanaan.htm), onder andere ene rakende Geheime Organisasies wat presies hieroor handel. Die Broeders moes ook inisiasies deurloop en ede aflê; heeltemal okkulties.

Ek stem nie met alles saam wat Kanaan Ministries voorstaan nie. Ek dink bv. nie bloedlynvloeke en om satan en sy magte oor stede aan te vat is Bybels nie. Jesus het nie vir ons daardie voorbeeld gestel nie, het hy? Mens is ook skrikkerig dat van hulle kennis vanuit die okkulte ingewin is en dit is dus satan se weergawe en nie noodwendig korrek nie. Ek dink Mari het 'n punt beet:.... iets wat ek julle net almal wil vra m.b.t. die voorouer "bande" in berading..... wees uiters, uiters sensitif vir die Gees voor daar veronderstellings gemaak word wat dalk meer pyn kan veroorsaak as enige vorm van vryheid.......... ons is al deur "beraders" met soortgelyke lyste wat "quick fixes" soek, i.p.v. te hoor wat die Vader se, mooitjies meegedeel dat ons kind autisties is oor sy oupa 'n vrymesselaar was wat sy gelofte gebreek het.........

groetnis
m

Het so ruk terug DVD gekry en gekyk oor RKK en hull ebande met okkulte van prof van WITS wat afgekom het op sy skoonpa se illuminati boeke en toe begin navorsing doen het en die dvd nou versprei en mense vertel...Dan dink ek ok dat ek iewers gelees het dat hulle die tien gebooie so effe gemodify het? Weet iemand miskien daarvanSal baie graag daai DVD in die hande wou kry. Ek het al ad nauseam gepraat van die Verbasende Ontdekkings DVDs van Walter Veith en die God's Final Call DVDs van Mark Woodman. Baie insiggewend. Kyk, die SDA maak aanspraak daarop dat hulle die enigste protestante is en word daarom uitgemaak as anti-RKK. Dan is ek seker ook: die RKK is glad nie vars nie. As ek nou reg onthou het hulle die tweede gebod verwyder en die 9e gebod in twee gedeel, sodat hulle kon volhou met hulle beeldeverering.

Willem
Nov 2nd 2008, 11:35 PM
Sal baie graag daai DVD in die hande wou kry. Ek het al ad nauseam gepraat van die Verbasende Ontdekkings DVDs van Walter Veith en die God's Final Call DVDs van Mark Woodman. Baie insiggewend. Kyk, die SDA maak aanspraak daarop dat hulle die enigste protestante is en word daarom uitgemaak as anti-RKK. Dan is ek seker ook: die RKK is glad nie vars nie. As ek nou reg onthou het hulle die tweede gebod verwyder en die 9e gebod in twee gedeel, sodat hulle kon volhou met hulle beeldeverering.

Kontak my dan kan ek kopie vir jou sny en pos of iets, ek is in Randburg area.Kollega, het ook hele reeks oor sulke goed, maar die basics wat ek gesien het was genoeg vir my.... speel met vuur...Dankie ook vir die RKK en die tien gebooie, ek het iewers daarvan gelees/gehoor, maar kon nie onthou nie en kon nie met RKK lid daaroor praat nie, aangesien ek nie feite reg gehad het nie, nou kan ek, maar sal nog baie coaching van HG moet kry oor waar en hoe en wat om te se as geleentheid ooit voordoen.

Son of the South
Nov 3rd 2008, 06:25 AM
Willem,

Ek sien jou private messages is nie aktief nie. Baie dankie, ek sal graag die DVD wil kry, maar ons sal maar later moet gesels om 'n reeling te tref. Ons plaas nie sommer persoonlike e-pos adresse of ander kontakbesonderhede op die oop forum nie.

Hierdie plasing mag maar later verwyder word, dankie.

Willem
Nov 3rd 2008, 07:35 PM
[quote=Son of the South;1850861]Willem,


Ek sien jou private messages is nie aktief nie.
? sal gaan sien, browser was ge-highjack met daai anti-virus scanner scams. Die DVD was no 1 van Veith? , het kontak detail van ou wat al 36 het, die laaste 4 is omtrent net 7DAdventiste se promosie.

Ta-An
Nov 3rd 2008, 08:20 PM
Willem, watter denominaise se mense versprei die DVD's??

Philip dT
Nov 4th 2008, 09:25 AM
Willem, watter denominaise se mense versprei die DVD's??

Die Sewende Dagse Adventiste

Ta-An
Nov 4th 2008, 09:30 AM
Die Sewende Dagse Adventiste
En Philip volgens jou...... kan mens maar na hulle goed kyk?? :hmm:
Ek vra want ek het ook die mense op 'n Vlooi-mark hier by ons raak geloop waar hulle die Cd's beskikbaar stel aan mense...:hmm:

Ta-An
Nov 4th 2008, 09:37 AM
Philip dit is 'n lywige studie wat jy gemaak het, dankie dat jy dit met ons deel :)

CFJ
Nov 4th 2008, 12:02 PM
En Philip volgens jou...... kan mens maar na hulle goed kyk?? :hmm:
Ek vra want ek het ook die mense op 'n Vlooi-mark hier by ons raak geloop waar hulle die Cd's beskikbaar stel aan mense...:hmm:

Anneke,

Ek kan nou nie namens Philip antwoord nie, maar as ek mag, sou mens wil reken dat uit eie ondervinding mens daarna kan kyk, maar wees maar ingestel om die vis te eet en die grate uit te spoeg. Daar is verseker 'n hele paar dinge wat hulle glo, wat nie "kosher" is nie. Tog verkondig hulle Jesus Christus en die Drie-eenheid, soos ons dit basies sou verstaan en die kruis-boodskap word nie deur hulle negeer nie, maar effens aangepas, veral wat die effek op die wet is. Hulle maak 'n geweldige verskil tussen seremoniële wette en die 10 gebooie en net die seremoniële wette, is aan die kruis vasgenael, ons staan volgens hulle nog vierkantig onder die wet of 10 gebooie.

Philip dT
Nov 4th 2008, 01:49 PM
En Philip volgens jou...... kan mens maar na hulle goed kyk?? :hmm:
Ek vra want ek het ook die mense op 'n Vlooi-mark hier by ons raak geloop waar hulle die Cd's beskikbaar stel aan mense...:hmm:

Hallo ACCM.

Ja, interessante vraag daardie. Ek stem grotendeels saam met Ferdi. Ek dink die Adventiste maak te veel van die RKK as die antichris. Die RKK is nie die enigste sisteem waarin babilon te vinde is nie. Die SDA kerk steun baie sterk op die geskrifte van Ellen White. Trouens, hulle hanteer haar op die basis dat alles wat sy sê net soveel gesag dra as die bybel.

Van haar leringe is:

- annihilisme - niemand gaan hel toe nie, jy sterf en gaan tot niet by die dood. Jou siel lewe nie vir ewig nie
- Sabbatsonderhouding - Die 10 gebooie en die sabbatsgebod geld vir hulle nog net soos in die OT.
- Merk van die dier - Diegene wat nie Sondae kerk hou dra die merk van die dier
- Eet-wette - hulle het allerlei eet-wette. Hulle eet bv. nie vleis of dierprodukte nie. Hulle is vegan vegetarian.
- Die antichris is volgens hulle die Pous

Baie van hierdie leringe figureer sterk in Veith se video's

Son of the South
Nov 5th 2008, 11:08 AM
:agree:Philip dT, CFJ: julle vat dit mooi raak. Jong gelowiges kan erg gepootjie raak as hulle hul laat steur aan die SDA lering wat op die DVDs verkondig word. Ek dink ons het baie van die punte wat hulle voorstaan al van tevore hier op die forum bespreek en die teendeel bewys, soos bv. sabatsonderhouding, ens.

Ek het nogtans baie relevante inligting gekry deur die DVDs te kyk. Ons het al genoem dat hierdie onderwerp as geheel eerder deur volwasse gelowiges ondersoek behoort te word, so ek beveel die DVDs tog sterk aan, maar met groot rooi plakkers daarop.

Willem
Nov 9th 2008, 07:53 PM
Son of south, Philip dT, CFJ is almal reg, die SDA is blykbaar agter die dvd's en die laaste 4 is blykbaar suiwer SDA propaganda?

Maar ek het eerste een gekyk en genoeg gesien om te weet dat ek mense wat in Katolieke kerk is voor moet bid en vir hullemoet getuig.

Hulle het dan selfs 2e gebod gedrop en 9e ? in twee gebreek om nog tien te kan he?!

Philip dT
Nov 24th 2008, 12:41 PM
Om terug te kom na die stuk oor die Verborgenheid van Bablibon wat ek uitgewerk het: Een van die mees grondliggende ontdekkings wat ek gemaak het is hoe die magte van die duisternis die outentieke tradisie en die waarheid vervals, of okkultiese betekenis aan die waarheid gee. Een van die voorbeelde is dit:

Die tetragrammaton, die vier-letter-naam vir God, het ook in Vrymesselary magiese krag. Dit kan in die volgende aanhalings gesien word:

Pike skryf: “The Jews feared that the Heathen would get possession of the Name: and therefore, in their copies of the Scriptures, they wrote it in the Samaritan character, instead of the Hebrew or Chaldaic, that the adversary might not make an improper use of it: for they believed it capable of working miracles; and held that the wonders in Egypt were performed by Moses, in virtue of this name being engraved on his rod: and that any person who knew the true pronunciation would be able to do as much as he did.” (Morals and Dogma. p.621 – eie aksente).

Die naam van God is ook in die vorm van ‘n driehoek, die “Tetractys” geskryf. Dit het magiese betekenis in die okkulte. Pike skryf:
http://www.truthexposed.co.za/docs/DieverborgenheidvanBabilon_files/image053.jpg
http://www.truthexposed.co.za/docs/DieverborgenheidvanBabilon_files/image055.jpg“The triple triangle is peculiarly sacred, having ever been among all nations a symbol of the Deity. Prolonging all the external lines of the Hexagon, which also it includes, we have six smaller triangles, whose bases cut each other in the central point of the Tetractys, itself always the symbol of the generative power of the Universe, the Sun, Brahma, Osiris, Apollo, Bel, and the Deity Himself. Thus, too, we form twelve still smaller triangles, three times three of which compose the Tetractys itself.” (p. 826-827 – eie aksente).

Dit is min of meer op dieselfde trant waarop gnostisisme funksioneer. Die outentieke tradisie word verdraai deur mistiese, dieper, allegoriese betekenis daaraan toe te ken.

Dit is daarom nie vreemd dat die okkulte op baie plekke ook in die kerk ingesluip het nie. Kyk bv. na iets soos die "Bible Code." Dit is 'n amper klassieke toepassing van Joodse Kabbala

Philip dT
Sep 25th 2009, 10:34 AM
Ek het onlangs die boek van Willie Esterhuyse onder oë gehad: "God en die gode van Egipte (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=129&Itemid=15)." Hierin vertel hy van sy geloofsreis, en hoe hy uiteindelik tot die konklusie gekom het dat die Ou Testamentiese tradisie nie uniek of outentiek is nie, maar eintlik stam van metafore en simbole wat vanuit Egipte (en ook van die ander heidense godsdienste) kom. Ten grondslag van sy afleidings, lê 'n hele aantal liberale teologiese voorveronderstellings / aannames, wat hy nooit probeer verdedig of beredeneer nie.

Van hierdie aannames is o.m. dat die heidense tradisies ouer as die bybelse tradisie sou wees, dat die rigting van beïnvloeding vanaf die buite-bybelse tradisies na die bybelse tradisie was, ens. (ek bespreek dit in my artikel - skakel bo-aan).

Hy kom onder andere tot die konklusie dat die bybelse weergawe nie uniek is nie, en hy sê by implikasie dat mens ook nie Christus moet sien as die enigste weg tot saligheid nie.

Wat egter onrusbarend is, is dat sy wêreldbeskouing of geloofsuitkyk oor hierdie dinge tekens toon van 'n okkultiese wêreldbeeld. Hy sien die OT getuienis bloot as simbole, verhale en mites, wat 'n dieper betekenis het. Hierdie dieper betekenis verbind hy dan met die okkultiese, heidense tradisie, hoewel nie in soveel woorde nie.

protea
Sep 25th 2009, 12:32 PM
Ek sal nou nie deur DUISENDE beur om van bg teoloog se boeke onder oe te kry nie... Elke keer as ek n stelling van hom (EN ander moderne teoloe) hoor soos die een dat Jesus nie die enigste weg tot saligheid is nie, dan staan AL my antennatjies kiertsregop want hier word nou aan die KERN pilaar waarop die Evangelie staan , gekap. Ek dink so aan die invloed op mense wat nog nie SO vasstaan in die geloof nie en maklik deur sulke 'Suid-Oos-teologiee' skeefgewaai kan word:cry:.

SA Topsites