MercyChild
Nov 15th 2008, 03:22 PM
Hi almal, wil net gou vlugtig deel.
Ek is nie die perfekte mens nie, en maak soms baie verkeerde keuses. Ek het 'n geweldige innerlike stryd gehad om te kies tussen reg en verkeerd. Ek is so nuut in Christus en weet nie altyd of die keuses wat ek maak reg is nie.
Ek het die afgelope week 'n baie moeilike tyd deurgegaan. Het nie altyd iemand gehad om dit mee te deel nie.
Ek het altyd geweet gebed werk, maar was nie seker of ons moet bid oor onnodige klein goedjies is die lewe nie.
Ek het baie mense gehad wat saam met my gebid het, sommer vir baie dinge, en sommige goed was volgens my sommer nietige ou sakies.
Ek het met mense oor die Bybel begin gesels en sommer moedeloos geword, omdat ek nie al die kennis het nie, en ek het gedink dit gaan my 'n leeftyd neem om die Bybel deur te lees.
Wat ek eintlik wil deel, is dat God deur hierdie week elke liewe gebed van my en hulle wat saam gebid het verhoor het. Hoe weet ek dit? Ek was vir twee dae geweldig siek, en het voor keuses te staan gekom waarop ek nie antwoorde gehad het nie. Ek was so siek en moedeloos dat ek niks vir myself kon doen nie, ek kon nie eens behoorlik uit die bed opstaan nie. Ek het besluit dat ek nie net so in die bed kan le nie, en die Woord begin lees. Eers kon ek nie my oe oophou nie, maar ek het aanhou lees. Dit is ongeveer 1 uur terug. Ek is alweer op my voete en doenig op die internet.
Ek wil graag elkeen met die volgende inspireer. As die storms om jou woed, en die winde van omstandighede aanhoudend waai, as dit voel of daar geen uitweg is nie, of as jy antwoorde soek. GOD IS OP DIE TROON!
Deur Gebed en 'n verhouding met die Vader, sal Hy in elke behoefte voorsien. Ek moes leer met eerste handse ondervinding, en is so dankbaar in Hom.
Soms verstaan ons nie die Vader se tydsberekening nie, en ek wou onmiddelike resultate he, maar stelselmatig was my gebede beantwoord en op die regte tyd het God vir my die regte antwoorde gegee.
Kom ons maak soos Paulus ons beveel het: :pray:BID SONDER OPHOU!