RR van Wyk
Nov 21st 2008, 08:20 AM
In Genesis 27 lees ons hoe Rebekka en Jakop vir Issak kul, deurdat Jakop homself as sy broer voorhou om sy pa se seën te kan ontvang.
Dit laat nogal baie vrae ontstaan vir my...
God was lief vir Jakop, maar Sy gevoel teenoor Esau was 'n ander storie. Issak, hulle pa was 'n man van God. Sou God maar net Rebekka en Jakop laat wegkom daarmee?
Die seën wat op Jakop uitgespreek was, het later gerealiseer, sy nageslag was taamlik voorspoedig(die seën wat vir Esau bedoel was)
Toe Esau en sy pa uitgevind het dat hulle gekul was, was hulle natuurlik baie ongelukkig. Esau het sy pa gesmeek om vir hom tog ook te seën.
Issak was baie lief vir Esau, juis hoekom ek ook nie kan verstaan hoe Issak so 'n ongunstige seën oor Esau kon uitspreek.
Nog voor die geboorte van Jakop en Esau, het God aan Rebekka gesê dat sy gaan geboorte skenk aan twee verskillende volke, dat die een sterker gaan wees as die ander en dat die oudste onderdanig gaan wees aan die jongste. Dit was later vervul.
Sou God toelaat dat Issak om die bos gelei word net om bogenoemde te vevul?
Ek hoop enigiemand kan hierop uitbrei en inset daarop lewer.