Quick Links
Bible Search Christian Links
Online Bibles Link to Us
  Downloads Web Hosting  
  Domain Names  


PDA

View Full Version : Een van die dae terug


MercyChild
Dec 5th 2008, 02:15 PM
Hi al julle Suid Afrikaners

Ek het goeie nuus gekry. Ek gaan erens so vanaf 18 Januarie volgende jaar terug huistoe. Ek is redelik opgewonde, maar het ook gemengde gevoelens rondom huis toe gaan. Ek is nog nie eens seker waar ek gaan bly as ek terug keer nie. Die belangrikste dink ek op hierdie staduim dat dit soveel makliker vir my gaan wees daardie kant om myself te help en weer op my voete te kom. Dis nogal senu tergend om te weet dat ek moet terugkeer en ek het niks.

Ek wil vra dat julle asb saam met my sal bid, dat die Here vir my die nodige deure sal oopmaak daardie kant. Ek moet eerstens 'n kerk kry waarby ek kan aansluit. (dis seker die belangrikste en die lekker is ek sal die diens in my eie taal kan geniet en verstaan..........ek kan amper nie wag nie.) Ek moet ook blyplek kry en 'n werk. So as julle asb regtig net saam my kan bid sal ek dit baie waardeer. Aan die ander kant is ek beitjie katvoet, want ek keer terug na 'n bekende omgewing, en alles wat my in die afgrond ingestuur het, is daar. Bid asb dat ek net aan God alleen sal vashou al is die toekoms op hierdie staduim bietjie donker. Ek het God alreeds vir so baie dinge vertrou en soms het ek nie alles raakgesien wat Hy vir my tot dusver gedoen het nie, maar Hy was nog net goed vir my.

Verder is ek trots Suid Afrikaans................en kan amper nie wag om weer in ons mooi land terug te keer nie!

CFJ
Dec 5th 2008, 04:14 PM
Hi al julle Hongare... :D

Dis reg Linda, ek is seker jy sal regkom en daar wag iets groter vir jou as wat die oog kan sien. Ek bid graag vir jou en glo dat God jou persoonlike Helper en Raadsman is, dis ongelooflik om net te dink daaraan! :pray:

protea
Dec 5th 2008, 04:40 PM
Linda , ons kan jou onsekerheid verstaan . Jy gaan nou egter terug met n 'Passasier' as 'verstekeling' in jou hart! Hy is saam met jou Hongarye toe ook , maar jy het dit nie geweet nie. Om jou daar vir Hom voor te keer en vir die Koning op te eis! Jy het seker n baie spesiale plekkie in jou hart vir Hongarye want dis jou 'voorkeerland'. Die Here se egter ook Hy het ons nie n gees van vreesagtigheid gegee nie en daarom hoef jy nie bang te wees om terug te kom nie ,want Jesus is jou Metgesel , jou Beskermheer, jou Vriend. Wat meer kan ons vra? Vrees is van die vyand daarom moet jy dit uit jou gedagtes dwing met n wilsbesluit. Ons hou jou voor die Vader in ons gebede!:hug:

Ta-An
Dec 5th 2008, 07:25 PM
Lindakie, onthou net, die Satan kom om te steel en te verwoes, en hy sal altyd sy bes met jou probeer, maar dit moet jy onthou< Jesus het hom/satan oorwin, en jy is deel van Hom/Jesus, en Jesus is in jou deur Sy Gees. Jy is deel van die Wen-span.


Hê iets tasbaar wat jou aan G_d se teenwoordigheid herinner, en dra dit saam met jou..... en onthou HY sal jou NOOIT begeef of verlaat NIE!!!

marline
Dec 5th 2008, 07:29 PM
Hi Linda, dis fantasties.:pp:pp. Jy het so gegroei, dat ek weet jy sal Satan se aanslae met die Woord kan weerstaan. Onthou van die versies wat ek jou van vertel het wat my vriendin se ma in haar skoene sit, sodat sy letterlik op die Woord van die Here staan? Ons bid jou alle sterkte toe.

marline
Jan 6th 2009, 12:55 PM
LINDAAAA!!!! LINDATJIE!!!!! Hoeiiii!!! Gaan jy ons nou vertel of jy 'n kaartjie gekry het????:spin::bounce::lol::lol:

MercyChild
Jan 6th 2009, 01:16 PM
Ek sal vandag bevestiging he, ek het twee datums in einde volgende week. Ek moes amper 'n hele boek kompleet voordat ek gehelp kan word, omdat my visa verstrek het. So sal hopenlik teen die einde van die dag, die tyd en datum he. Jy kan nie oor vertel watse "slep" die hele episode was nie.......:o:o

marline
Jan 6th 2009, 01:46 PM
dit klink omtrent na schllepp! Siestog girl, darem is dit nou gedoen. Ek hou styf duime vas.

MercyChild
Jan 6th 2009, 10:29 PM
Daarsy Marline, ek het vir jou 'n datum. Ek vetrek die 15 Januarie en sal die 16 terug wees, in 'n heerlike sonnige, wonderskoon.........SUID AFRIKA!:pp:pp:pp

marline
Jan 7th 2009, 06:02 AM
Hi Linda, so bly vir jou!!! Die sonskyn is hier, maar ek weet nou nie van die skoon nie. :lol:

CFJ
Jan 7th 2009, 06:19 AM
As jy terug is moenie van ons vergeet nie hoor... :cool:

MercyChild
Jan 7th 2009, 08:25 AM
As jy terug is moenie van ons vergeet nie hoor... :cool:

Glad nie, ek sal hopenlik vir eers maar internet kafee's gebruik om kontak te maak. Hier is te veel vriende hier, wat my deurgetrek het! Dankie Ferdi, dat jy een van hulle is!:hug:

protea
Jan 7th 2009, 12:07 PM
Linda , ons is SOOO bly oor die nuus! Nou kan jy die slapies begin tel!:hug:

MercyChild
Jan 7th 2009, 02:12 PM
Linda , ons is SOOO bly oor die nuus! Nou kan jy die slapies begin tel!:hug:


Glo my..........ek het reeds begin tel, en vadag is ek reeds een slapie nader. Ek kan regtig nie wag nie!:pp

Willem
Jan 7th 2009, 08:55 PM
Glad nie, ek sal hopenlik vir eers maar internet kafee's gebruik om kontak te maak. Hier is te veel vriende hier, wat my deurgetrek het! Dankie Ferdi, dat jy een van hulle is!:hug:

Hi linda,

Bly om te hoor alles begin in plek val, die design is immers perfek volgens plan:pp:pray:

As jy selfoon gaan kry, kan blackberry dalk opsie wees ,want dan kan jy op die die forums ook oral access, en daar is nie limiet op surf op die foon nie? Weet net nie hoe groot screen is nie ( sorry /// jammer oom , ma ek werk elke dag met ingilse :lol: )

MercyChild
Jan 7th 2009, 10:13 PM
Hi linda,

Bly om te hoor alles begin in plek val, die design is immers perfek volgens plan:pp:pray:

As jy selfoon gaan kry, kan blackberry dalk opsie wees ,want dan kan jy op die die forums ook oral access, en daar is nie limiet op surf op die foon nie? Weet net nie hoe groot screen is nie ( sorry /// jammer oom , ma ek werk elke dag met ingilse :lol: )

Dankie Willem, ek sal dit beslis in gedagte hou!:)

SA Topsites