View Full Version : Help asseblief Soek en jy sal vind
mari
Dec 10th 2008, 02:03 PM
'n Draad vir onse dames se soek na daai gadget of boek of watookal wat nerens te krye is nie, maar iewers moet wees.....:help:
.... wees welkom om iets wat jy dalk iewers in 'n kas het, hier te noem LW : nie advertensies nie, maar met die idee om mekaar te help .....
......onthou net om nie kontak detail op die oop forum te plaas nie, maar slegs met pm's oor te dra.....
mari
Dec 10th 2008, 02:04 PM
Uit die koekies bak draad.... dis wat ek soek, maar met die koekie megafter om deeg in formdraade uit te druk....
http://cn1.kaboodle.com/hi/img/2/0/0/1c/3/AAAAAsemfbgAAAAAABwxgA.jpg
Sonia Smit
Dec 10th 2008, 02:23 PM
Uit die koekies bak draad.... dis wat ek soek, maar met die koekie megafter om deeg in formdraade uit te druk....
http://cn1.kaboodle.com/hi/img/2/0/0/1c/3/AAAAAsemfbgAAAAAABwxgA.jpg
Haai, toe ek nou die meulertjie van jou sien toe dink ek aan my Ouma. My oom het altyd geslag en sy het altyd die meulertjie gebruik om maalvleis te maak. Partykeer het ons haar gehelp. As ek reg kan onthou kry jy verskillende plaatjies (weet nie eintlik wat jy dit noem nie) wat jy kan gebruik by die meulertjie...
My boetie werk by 'n slaghuis en ek kan by hom hoor waar mens die meulertjie in die hande kan kry...
mari
Dec 10th 2008, 02:32 PM
Sonis, dankie...
die meultjie het so 'n aanskroef megafter met 'n liniaaltjie met verskillende vorms wat jy kan gebruik om koekie deeg deur te voer .... my ma het dit altyd gebruik, want ons het altyd baie maats gehad wat saam wou koekies eet.... dit maak die uitdrukkery soveel maklikker op groot skaal......
protea
Dec 10th 2008, 05:05 PM
'n Draad vir onse dames se soek na daai gadget of boek of watookal wat nerens te krye is nie, maar iewers moet wees.....:help:
.... wees welkom om iets wat jy dalk iewers in 'n kas het, hier te noem LW : nie advertensies nie, maar met die idee om mekaar te help .....
Mari , as jy 'kjoet' is , is jy cute! Dit was nou regtig n blink gedagte om hierdie draad te open. Ek hoop julle kry die 'lineaaltjie' wat op die meul pas. Ons hou almal ons oge oop.
mari
Dec 10th 2008, 06:08 PM
ag dankie blom...:spin: ek weet ek's kjute, my Vader het my so gemaak:pp
anyways......
ek het ook iets innie kas wat iemand dalk kan gebruik :
'n behandelde skaapvelletjie vir die gebruik by bedleendes..... om druksere te voorkom........ my ma het dit net 'n week of twee gebruik en dis nogal sentimenteel, maar hier mag dalk iemand wees wat dit kan gebruik om 'n verswakte geliefde gemaklik te maak ......
m
Ta-An
Dec 10th 2008, 06:46 PM
Mari, weet jy, hier in Jannesburg is 'n Oriental Plaza..... en hulle mag dalk so iets hê. .... maar ekke weetie wanneer ek ooit weer daar sal uitkom nie.... te bang om alleen meer so-toe te gaan:o
protea
Dec 13th 2008, 02:31 PM
As van julle dalk van hierdie rubberslange in n kind se speelgoedlaai kry, wil julle nie vir my PM nie asb? Ek gebruik hulle as voelverskrikkers in die paar huis vrugte bome in die tuin . By gebrek aan sulke 'slange' het ek stukkies ou waterpype so gedrappeer oor die takke en dit werk goed as jy die 'slange' se posisie so elke dag bietjie verskuif... Die voeltjies raak ook al hoe slimmer en hulle mors regtig met die vrugte as ek nie IETS doen nie , want hulle kom eet net die rooi puntjies wat ryp is en los die res wat nog nie ryp is nie en so verwoes hulle jou oes. As jy nie sterk is nie , moet jy slim wees....:idea:
Sonia Smit
Dec 15th 2008, 07:39 AM
:lol:
Ek het vir my 'n keybord aangeskaf en probeer die dingetjie nou uitsorteer. Ek het in my lewe nog nooit eens klavier gespeel nie, maar ek ken darem hier en daar 'n noot. Indien een van julle dalk 'n lesboek vir klavier speel iewers het wat rondlê en nie meer gebruik nie, kan ek dit by julle kry/koop?
mari
Dec 15th 2008, 08:38 AM
Sonia..... die internet is solank vol hulpmiddels om jou vingers te leer dans ....
kyk bv by : http://www.expertvillage.com/video-series/464_basic-piano-lessons-chords.htm
protea
Dec 15th 2008, 03:26 PM
Dankie Mari vir die skakel. Daardie manier van die keyboard-ding-doen is BAIE interessanter as my ou 'Teaching little fingers to play'...;)
|
|
Hosted By Webnet77vBulletin® v3.8.4, Copyright ©2000-2009, Jelsoft Enterprises Ltd. |