Gene
Dec 11th 2008, 07:58 AM
Roelof se aangrypende video oor 'n vader se liefde vir sy seun, het my laat dink aan hierdie e-pos wat ek onlngs ontvang het:
GOD SE VLERKE
Net ‘n kort verhaaltjie om dinge in perspektief te plaas….
Na ‘n hewige bosbrand in die Yellowstone Nasionale Park, het ‘n groepie natuurbewaarders teen ‘n berghang opgeklim om die skade wat die brand veroorsaak het, te bepaal.
Een bewaarder het op ‘n voel afgekom, wat letterlik verkool is tydens die brand, op die grond langs ‘n groot boom, met haar vlerke wyd uitgesprei. Hy het effens siek gevoel toe hy die toneel beskou, en het ingedagte die verkoolde voel met ‘n stok opgelig. Tot sy verbasing het drie klein kuikentjies onder hulle dooie ma se vlerke uitgekruip. Hierdie liefdevolle moeder moes maar alte bewus gewees het van die dreigende gevaar, en het klaarblyklik besluit om haar kuikens uit hul nes, grond toe te bring, omdat sy instinktief geweet het dat die rook sou styg en dat hulle veiliger op die grond sou wees.
Sy kon haarself red deur weg te vlieg, maar sy het geweier om haar kuikens te verlaat. Toe die vlamme haar bereik, het die hitte gou haar klein lyfie begin brand, maar sy het nie geroer nie. Met haar vlerke oor haar kleintjies gesprei, was sy bereid om te sterf, sodat hulle kon leef!
Psalm 91:4 “Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.”
Sulke liefde behoort ‘n verskil in enige mens se lewe te maak. Onthou die Een wat jou liefhet, en wees dan anders, juis daaroor!