marline
Dec 23rd 2008, 01:52 PM
Ek wil sommer net hierdie hartseer storie met julle deel. My buurman is 'n rukkie terug aan 'n haraanval dood. Hy was nog 'n jong man, en laat sy jong vrou met 3 klein kinders agter. Wat so hartseer is, is dat daar nou dinge uitkom wat hy gedoen het in sy leeftyd wat haar met hierdie diep teleurstelling laat. Sy familie ondersteun haar glad nie, en haar familie kan nie verstaan dat sy oor hom treur ten spyte van al hierdie leuens wat sy nou uitvind nie. Ag, my hart bloei sommer net vir haar!!!
