Quick Links
Bible Search Christian Links
Online Bibles Link to Us
  Downloads Web Hosting  
  Domain Names  

PDA

View Full Version : "The Shack" of "Die Shack" 'n Oorsig

Antonvs
Dec 27th 2008, 12:59 AM
Ek het vanoggend die Shack gelees wat 'n vriend vir my gegee het vir Kersfees. Ek het die eerste vier hoofstukke regtig geniet, en latere gedeeltes ook geniet. Tog los die boek 'n na-smaak in my gedagtes wat my regtig bekommerd maak oor die "vlak" en "diepte" van ons teologie.

Hier is my redes:
1) Ons trek God af tot op ons vlak - wat soms grens aan laster.
2) Ons is vaag oor ons teologie - daar is nie meer absolute waardes nie.
3) Ons neem die tyd / geld om boeke te lees wat regtig ons nie kan voed nie, maar trek ons neuse op as daar goeie materiaal beskikbaar is maar "Engels" is, of te "kompleks" is.
4) Ons lesers sal soms nie die onderskeid kan maak tussen fiksie en realiteit, tussen mense skeppings en bybelse teologie nie.

Ek plaas 'n volle boek "Kritiek" as 'n aanhegting.

protea
Dec 27th 2008, 12:12 PM
Anton, ek kan net 20% van die resensie oopmaak . Le die probleem by my of die skakel?

MercyChild
Dec 27th 2008, 02:06 PM
Ek is nog nie so seker, wat ek kan en nie kan lees nie, al wat ek wel weet, is dat daar vele boeke is om mense in Christenskap te mislei, so om veilig te speel hou ek maar by die Bybel vir eers. Natuurlik lees ek verskriklik baie, maar as ek nie van iets oortuig is nie, gaan soek ek dit weer op in die woord, en as dit nie vir my sin maak nie, verkies ek om dit neer te sit, en nuwe leessstof te soek!:D

Ta-An
Dec 27th 2008, 04:22 PM
Lindakie..... (Ek hoop nie jy gee om dat ek jou so noem nie, want jy lyk 'breekbaar en kelin' ons is omtrent almal 6 voeters in die huis....)

wanneer jy by die huis is, dan stuur ek vir jou 'n lekker boek om te lees.... 'The Choice'...... baie beter vir jou sielegenot :idea:

Ta-An
Dec 27th 2008, 04:23 PM
Anton..... so ,,, liewer moet ek nie my geld mors op die boek nie..?? :hmm:
Ek kon myself nog nie so vêr kry om dit te koop nie.... dit sit nie lekker in my gemoed nie.... :D

Antonvs
Dec 27th 2008, 07:12 PM
Ek dog ek plaas my evaluasie van "Die Shack" in die plasing - se my tog net of ek te 'krities' is. Ek wonder net as ons 'n beeld van God skep wat hy nie is nie - al is dit met taal en verbeelding is ons nie besig met 'n "afgods-diens" nie?

A Review on “The Shack” authored by William P. Young

A pastor friend of mine who highly recommended the value of the book gave me this book. Once I started reading it I simply could not put It down again – it captivated me right from the start. There is thus little doubt in Young’s ability as an author. “The Shack” was very much like a ride at six flags amusement park, and like most roller coasters, it takes the rider through phases of enjoyment – a phase of sheer exhilaration, then a phase of simply enjoying a ride, then a last minute twister that nauseates the rider.

In an interview with World Magazine's Susan Olasky, Young, who is no longer a member of a church, said "(The institutional church) doesn't work for those of us who are hurt and those of us who are damaged. . . . If God is a loving God and there's grace in this world and it doesn't work for those of us who didn't get dealt a very good hand in the deck, then why are we doing this? . . . Legalism within Christian or religious circles doesn't work very well for people who are good at it. And I wasn't very good at it."

Young’s theology is not conventional and this becomes very clear in the book. For one Jesus, appears to be the most conventional of the members of the Trinity, God the Father however appears to Mackenzie as an African-American woman called Papa – reminiscent of colonial America who seems to be an excellent cook. The third person of the Trinity who the author calls ‘Sarayu’ (a word connected with Hinduism) – is an Asian “worker class” women with some extra-ordinary abilities. William Young’s theology becomes clear – it is eclectic (drawing from Khalil Gibran, Bob Dylan, Soren Kierkegaard).

“The Shack” in its entirety leaves an after- taste of “emergent-theology.” It is doused with anti-traditional straw-man caricatures like the main character’s drunken “Bible-punching father (also see pp. 93, 107, 119 for more such examples). He never seems very clear on theological matters (p. 182); then again, which emergent proponent is? In what Young communicates and what the reader may perceive as “truth” leaves the door wide open, large enough for a big-rig to pass through. Face it – readers of Christian novels seem to have an expectation that such novels do contain biblical truth. Christian readers often expect the author’s statements to contain at least some level of theological truth woven in between pages of fantasy.

On this very basis it will make me a little hesitant to recommend it to just anyone. Young’s vague, fantasy-world-theology makes me nervous about the distortions that it may create in the minds of unsuspecting (undiscerning) readers. In fact, it may really mess-up your perception of God if you are not really discerning.

But, there are some good statements in the book, there are several really good statements e.g. regarding the law, which as Young states “is a mirror to reveal how filthy your face gets when you live independently” (202). On the other hand, his statements on page 182 about variety of religions, he leaves the door wide open for a variety of interpretations. He also makes some dubious statements that humans are “worthy of love,” – this statement is completely foreign to the pages of Scripture. Some statements may simply be communicating some falsehoods about God and his character e.g. that “there is no way he could sentence Katie, or any of his other children, to an eternity in hell just because she had sinned against him.” No – the Bible is clear that God will send people to hell even for just one sin and Young seems to leave the perception that it is not the case.

So, here is my opinion. If you are curious to read “The Shack” why not rather pick-up something like “Don’t Waste Your Life” by John Piper, or “The Cross-Centered Life” by C.J. Mahaney which will nourish your soul to a much greater degree than reading this type of fiction.

Ta-An
Dec 27th 2008, 07:22 PM
Dankie Anton..... elke keer as ek die titel van die boek sien lees ek 'die' nie as die Afr. nie maar as 'die' in Engels..... :D

MercyChild
Dec 28th 2008, 01:06 AM
[quote=Antonvs;1920221]Ek dog ek plaas my evaluasie van "Die Shack" in die plasing - se my tog net of ek te 'krities' is. Ek wonder net as ons 'n beeld van God skep wat hy nie is nie - al is dit met taal en verbeelding is ons nie besig met 'n "afgods-diens" nie?

Nee, ek dink nie jy is geensins krities nie. Nadat ek die evalusie gelees het, stem ek beslis saam dat dit wel 'n afgods diens is!

Willem
Jan 4th 2009, 09:36 PM
Thanks Anton!

Ek sukkel al ruk om mense en familie te waarsku dat shack nie volgens woord is nie. Het in begin reviews gelees en die mense het reguit gese dat nie in woord pas nie.

Nou het ek sel - lede en familie wat liries is oor die boek en se dat dit hulle nuwe insigte gegee het en ek het nie die gelees om iets te kan aanhaal nie.

“there is no way he could sentence Katie, or any of his other children, to an eternity in hell just because she had sinned against him.” No – the Bible is clear that God will send people to hell even for just one sin and Young
seems to leave the perception that it is not the case.

Dis mos nie God nie! Waar is sy Regverdigheid en Geregtigheid dan? En as mens verder wil gaan dan begin genade en vergifnis en Christus se offer vir ons ook maar bysaak word en dit gaan alles oor liefde...

Die Filadelfieer
Jan 5th 2009, 06:24 AM
Een van my famililede het ook die vakansie die boek gelees, en is net so negatief, sonder om werklik te besef hoekom.... sy sê "iets pla haar omtrent die boek".
Ek gaan vir haar hierdie draad wys, dankie Anton.

Phil Fourie
Jan 7th 2009, 07:01 AM
Wat pla omtrent die boek?

Die feit dat dit amper in totaliteit New Age Begingsels promofeer en 'n god probeer skep wat meer aanvaarbaar is vir die norm van die dag, nie 'n heilige God nie, nee, 'n god soos jy hom wil he, op jou vlak.

Glad nie 'n goeie boek om te lees nie, ek het te veel slegte ondervindings al gehad rondom hierdie boek.

Groete
Phil

protea
Jan 13th 2009, 11:48 AM

Phil, mag ons weet watter slegte ondervindings jy gehad het ? Ek skraap nog moed bymekaar om my eie resensie van The Shack te plaas....

Anel Frylinck
Jan 15th 2009, 07:15 PM
Hallo daar, almal,

Ek moet bieg, ek het vandag by BF aangesluit as lid - en het in 'n bitter kort tydjie 2 verwelkomings ontvang - sjoe, dit was lekker!!!!!

Om die eerlike waarheid te se, ek het die boek "Die shack" gelees, en in my kinderlike geloof het dit my regtig getref, en die 3 dinge in die boek wat vir my uitgestaan het, was :

God se onvoorwaardelike liefde - altyd
Ons absolute afhanklikheid van Jesus - altyd
Die Drie-enige-God wat onafskeidbaar van mekaar is - altyd

Ek verstaan dit nou beter as voorheen, want as jy die Een nie erken nie, dan verwerp jy as't ware al Drie.

Na aanleiding van "Die Shack" wat ek gelees het, het ek op Google search "Die Shack" ingetik, en dit is hoe ek op hierdie wonderlike Forum afgekom het. En na aanleiding daarvan het ek toe besluit om aan te sluit.

Ek hoop nie ek affronteer mense in enige manier nie, maar ek wil graag ook my eerlike opinie lewer. Ek weet net in myself hierdie boek het my lewe in baie opsigte verander, en ek sien die Drie-enige-God nie nou as minderwaardig nie, inteendeel, my respek en geloof en liefde in die Drie-enige-God het verdriedubbel.

God is so WAARDIG dat ons onwaardige mense nooit die perke van Sy liefde ooit sal verstaan nie, en hierdie boek het my bietjie meer "waardig" laat voel om te probeer om Sy oneindige liefde 'n bietjie te verstaan. Nooit, maar ooit het "Die shack" my laat voel dat God verlaag word na my vlak toe nie, maar eerder die teendeel, dat ek 'n bietjie nader na Sy vlak (as dit enigsins moontlik) geestelik beweeg het.

Baie dankie dat ek deel kan wees van hierdie Forum, en mag God se seen oor almal wees wat in Hom glo, en Sy Liefde met ander deel wat dit so broodnodig het.

Hierdie is maar my kinderlik opinie.

Liefde groete
Anel Frylinck:pray:

CFJ
Jan 15th 2009, 07:42 PM
Baie welkom by ons Anel! Jy is meer as welkom om jou opinie te lug en hopenlik sien ons jou gereeld. :)

Anel Frylinck
Jan 15th 2009, 08:28 PM
Baie dankie vir die verwelkomingsboodskap. Ek weet dat die Klein Jerusalem mense gewoonlik oor die berg kom na Mosselbaai toe vir hulle rustyd, as die groot lawaai terug is in Gauteng, Vrystaat en self Natal!!!! By julle is dit gewoonlik so snikhete warm dat selfs 'n stormwind julle sal afkoel. Ken jy dalk toevallig vir Nico en Alicia Minie, en hul 2 dogters. Ek en my man, het 'n wonderlike besigheidsvriendskap met hom. Stuur vir hom groete as jy hom ken. Hy was ook toevallig vanoggend hier by ons!!!!!

Nou ja, as die Here ons spaar, sal ek nog baie verryk word met hierdie forum, en ook my insette lewer - ek glo mos alles gebeur met 'n doel en rede.

Vrolike, optimistiese, opgewonde en gelukkige vreugde groete,
Anel:):):)

Leonie
Jan 16th 2009, 02:35 PM
:ppDit was vir my vreemd om te hoor dat soveel mense so negatief voel oor die Shack. Dis nie asof die skrywer probeer voorgee dat wat hy geskryf het die waarheid is nie. Die waarheid van God se liefde sal altyd dieselfde bly en dit is wat die boek maar net weereens vir my kom wys het. Hoe lief God ons het en gehad het en altyd sal hê. Ja, ons moet ernstige geestelike werke lees, maar daar moet balans in almal se lewens wees en solank jy nie elke brokkie fiksie jou persoonlike waarheid maak nie en dit aan die Woord toets. Geniet gerus jou fiksie!
Ek is baie bly ek het die Shack as 'n Kersgeskenk gekry, want dit het vir my baie beteken om weer herinner te word aan God se liefde vir ons almal.

Seën vir julle!

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 03:23 PM

Hi Leonie, ek voel dieselfde soos jy. Ek kan my net voorstel hoe iemand wat nie glo nie, hierdie boek sal interpreteer. God is Groot en die Drie-enigheid is vir my baie duideliker gemaak in hierdie boek. Dis omdat die mens onafhanklikheid van God geeis het dat die wereld in so 'n warboel is. Want onafhanklikheid van God beteken verkeerde keuses wat ons maak, en daarmee skep ons ons eie mag, wat meer geld beteken, en hoe meer die mens het, hoe meer wil hy he - ongeag van hoe hy dit bekom. Afhanklikheid van God beteken om in Hom rus te he, en om Hom met alles in jou lewe te vertrou, en DIT bring vrede en vreugde en liefde vir jou naaste.:kiss:

protea
Jan 17th 2009, 07:30 PM
Ons moet onthou dat 'The Shack' n roman is en nie n teologiese handleiding nie. Lees hom dus as sulks.

1. Hierdie boek skets deur die hoofkarakter eerstens die vooropgestelde idee van hoe die hoofkarakter , Mac, vir God sien. En dis vir my so tipies van hoe ons dit ook doen . Ons sien God as 'very white and very male' en daarmee impliseer ek glad nie dat ek God as vroulik sien nie.
2.Hierdie boek handel tweedens oor Mac se verhouding met God , Jesus en die HG en die vergifnis wat die mens van God ontvang deur Jesus se kruisdood. Die rede hoekom die skrywer God aanvanklik as n swart vrou uitbeeld, is eerstens omdat Mac homself nie op daardie stadium met n genadige , liefdevolle vaderfiguur kon identifiseer nie en tweedens om sy vooropgestelde voorstelling van God as 'very white and very male' af te breek. Niemand het al God gesien en bly leef om te kom vertel hoe God regtig lyk nie.
3. Die belangrike rol van vergifnis word kragtig uitgebeeld in Mac se vergifnis van sy pa, sy dogtertjie se moordenaar en ook 'judgement' teenoor God vir Sy kwansuise versuim om die moord te voorkom.Net so kragtig is die uitbeelding van die mens se verdorwenheid en sy keuse om baiekeer eerder die bose as die die goeie te kies.

Mag ek vra dat mense wat hulle mening oor die boek gee , eers die boek self gaan lees en nie die media of ander se menings gee nie.

Ta-An
Jan 18th 2009, 08:52 PM
Welkom Leonie :hug: .

Anel Frylinck
Jan 19th 2009, 05:49 PM

Liewe Protea,

Baie dankie vir die terugvoering. En ek stem volkome saam met jou opsomming!!!!

hansf
Jun 10th 2009, 03:52 PM
as die boek jou pla en jy is wedergebore dan is dit net 'n bewys dat die boek nie die regte leesstof vir jou is nie .
onthou GOD is en word as 'n VADER figuur gesien en aangespreek,so moenie dat snert jou laat wakker lê nie ,en HY is liefdevol.

Ek het vanoggend die Shack gelees wat 'n vriend vir my gegee het vir Kersfees. Ek het die eerste vier hoofstukke regtig geniet, en latere gedeeltes ook geniet. Tog los die boek 'n na-smaak in my gedagtes wat my regtig bekommerd maak oor die "vlak" en "diepte" van ons teologie.

Hier is my redes:
1) Ons trek God af tot op ons vlak - wat soms grens aan laster.
2) Ons is vaag oor ons teologie - daar is nie meer absolute waardes nie.
3) Ons neem die tyd / geld om boeke te lees wat regtig ons nie kan voed nie, maar trek ons neuse op as daar goeie materiaal beskikbaar is maar "Engels" is, of te "kompleks" is.
4) Ons lesers sal soms nie die onderskeid kan maak tussen fiksie en realiteit, tussen mense skeppings en bybelse teologie nie.

Ek plaas 'n volle boek "Kritiek" as 'n aanhegting.

Ta-An
Jun 10th 2009, 04:31 PM
Welkom hansf :) .

Johnny
Jun 12th 2009, 07:49 AM
EK het 'n dvd van 'n 2uur lange aanbieding van Pastoor Dries oor al die onheilighede van die Godslasterlike boek. Nog 'n topverkoper soos al die meeste ander onbybelse boeke en dvd's by "christelike" boekwinkels. Ek kan vir jou een stuur wie ookal belangstel.

mari
Jun 12th 2009, 10:03 AM
EK het 'n dvd van 'n 2uur lange aanbieding van Pastoor Dries oor al die onheilighede van die Godslasterlike boek. ..........

Johnny .... wie is die "pastoor Dries" en wat maak hom so spesiaal dat jy soveel vertroue in sy opinie plaas ?

soekieskorie....... wil regtig weet....

:hug: ..... m

Johnny
Jun 12th 2009, 10:06 AM
Johnny .... wie is die "pastoor Dries" en wat maak hom so spesiaal dat jy soveel vertroue in sy opinie plaas ?

soekieskorie....... wil regtig weet....

:hug: ..... m

Hy is my Pastoor....my leraar al vir 9 jaar. Ek het volle vertoue in die Woord wat hy bring....met vrees en ontsag vir die Here. Woordgebaseerde lering wat kosbaar is. Op die foto 4de van links..2de van regs.

Francois Marais
Jun 29th 2009, 05:08 PM
Het die britse weergawe gelees. Daar is iets in die boek wat baie mense laat dink dat dit die gospel is. En jammer, maar ek dink nie dit moet wees nie.

Ek het dit op 'n tyd in my lewe gelees wat dit glad nie goed gegaan het nie. Ek het stilte in my hart gekry oor van my probleme, maar daar het iets nie lekker gevoel aan die boek nie.

Ek sal nie voorstel dat mens die boek lees nie, maar dit is my persoonlike siening

SA Topsites