Lanie
Jan 14th 2009, 08:30 AM
Ek weet dis 'n ou klein dingetjie maar ek weet ook dat ons met die klein dingetjies ook na die Here toe kan gaan.... Soos julle weet is ons in 'n nuwe dorp en die skole het vandag begin. My hart was maar seer toe ek vir ousus moes aflaai by die skool want sy ken niemand nie en moet van vooraf maatjies maak. Ek dink die rede hoekom dit my so hartseer maak is omdat ons baie verhuis het toe ek klein was en ek kan onthou hoe hartseer ek gevoel het as al die kinders speel en ek sit alleen en eet my broodjies wat sommer so dik in my keel gevoel het. Gelukkig het kleinsus se beste maatjie ook hierheen getrek en hulle is in dieselfde klas, so oor haar het ek geen worries nie.
Ek hoop Carli maak sommer vandag al goeie maatjies wat goed vir haar sal wees... Maatjies is so belangrik in 'n kind se lewe en het 'n baie groot invloed op hulle....
Dankie vir julle gebede...
Ek hoop Carli maak sommer vandag al goeie maatjies wat goed vir haar sal wees... Maatjies is so belangrik in 'n kind se lewe en het 'n baie groot invloed op hulle....
Dankie vir julle gebede...