Lanie
Jan 26th 2009, 02:34 PM
Ek wil net gou met julle iets deel.
Gisteroggend staan my kleintjie op met waterige ogies... ons dink toe maar dis 'n allergie of iets en ons gaan kerk toe. Teen die middag is haar ogies rooi en dit wil nie ophou traan nie. Haar neusie het ook begin loop. Ek sê toe vir Marius ek dink dis die begin van 'n verkoue. Ek dwing haar toe om 'n middagslapie te vat en toe sy opstaan voel sy nog steeds nie lekker nie. Ons maak gereed vir kerk en toe ons by die kerk instap sê sy vir my sy is baie naar. Terug by die huis het ek haar gedokter met wat ek tot my beskikking het. Sy het redelik goed geslaap. Vanoggend toe sy opstaan is haar keeltjie baie seer en sy kan nie ophou hoes nie en die ogies traan vreeslik. En sy wil met alle geweld dokter toe want sy voel nie lekker nie. Nou, ons kan haar nie dokter toe vat of medisyne gaan koop nie want ons skraap op die oomblik bymekaar net om kos in hulle magies te kry.... so die beste wat ons kan doen is bid...... en op hierdie oomblik hardloop sy rond en speel met haar sussie en voel sommer stukke beter.... Dankie Here!