protea
Mar 13th 2009, 03:58 PM
Verlede week het my man en ek opgevlieg Natal toe om ons ekoloog Mirrelsis te gaan 'haal' en sommer die laaste 5 dae van haar 5 mde veldwerk daar saam met haar deur te bring . Ons eerste middag daar word ons toe vergas met n skoenlapper 'ballet' van die baie skaars soort die Groen Band Swaelstert Skoenlapper wat in n syfertjie kom water drink het. Die skoenlappers se 'ware kleure' word egter eers gesien as hulle vlieg en ons het behoorlik verjaar met die fotos want so tussen 20 en 30 skoenlappers het aan die 'dans' deelgeneem. Let ook op die amper turkoois kolle op die rand van hulle vlerke. Die engeltjies se hande was weer 'steady' in hierdie verfpoging.....;)5049
