Quick Links
Bible Search Christian Links
Online Bibles Link to Us
  Downloads Web Hosting  
  Domain Names  


PDA

View Full Version : Gebed: Ek wil werk vir Jesus


MercyChild
Mar 14th 2009, 05:33 AM
Die afgelope week in my lewe was totaal en al chaoties, maar as ek kyk na omstandighede, en elke slag as ek bid dat God beheer moet neem, is dit heerlik hoe 'n mens God se genade in ons lewens kan aanskou!

Ek het 'n groot uitdaging in die lewe gekry om my man te help met probleem tieneners, maar is nog nie so seker of ek die nodige Bybelse kennis het om op hierdie gebied te help nie. My man is heeltemal te besig deur die dag, en daar is nie mense in hierdie omgewing wat by hierdie kinders betrokke wil raak nie.
Ek sal graag wil betrokke raak, maar ek wil ook versigtigheid aan die dag lê. Hierdie is 'n groot verantwoordelikheid, en ek het tog nie kinders van my eie om te weet of ek dit het om hulle in die regte rigting te lei nie....

Ek moet teen volgende week 'n antwoord gee, en wil seker maak dat as dit is wat God wil hê ek moet doen, dat ek dit sal doen, maar as dit God nie sou behaag nie, dat ek dit van die hand sal wys, al wil ek hoe graag deel wees van die saak......:pray::pray:

Daar is baie gevare wat dit vir my ook inhou, omdat sommige verslaafdes is. :(Hierdie kan of 'n geleentheid wees, of 'n strik.........ek is nie seker:rolleyes:.
Ek wil werk vir Jesus, maar nie tot my gewin nie, en op hierdie staduim is dit seker vir my die belangrikste om binne Sy wil te bly en te beweeg........

CFJ
Mar 14th 2009, 08:24 AM
Hi MC,

Mens wil so graag 'n bevestigende antwoord vanuit mens self probeer gee, veral as dit gaan oor dienswerk vir die Here, want dit is iets wat elkeen moet doen. In hierdie geval is daar egter 'n strik in die feit dat daar verslaafdes ook is, maar soms is dit juis hoe die Here werk, deur iemand wat al daar was, te kan gebruik om ander wat daar is, by te staan.

Net jy sal weet of jou oorwinning al volkome gekom het en jy sal moet sensitief wees oor die deure wat die Here oopmaak of toemaak. As die deur oopgemaak word, moet jy deurstap en as dit toe is, moet nie probeer om die deur oop te maak nie.

protea
Mar 14th 2009, 03:06 PM
Linda, ek bid dat jy werklik by die Here sal hoor wat is Sy roeping vir jou en jou man. Die een ding wat so n bediening sonder verdenking kan laat voortbestaan is as jy EN jou man sou betrokke raak as n span al is dit vir eers na ure en naweke. Ons op die forum weet jy wil daardie kinders help , maar die wereld kan so n vrou-alleen-bediening so gou skeeftrek as hulle die geringste kans het. Maar as dit die Here se wil is , sal NIKS dit kan keer nie. Ons bid jou die Here se wysheid en kennis en insig toe .:hug:

Dauwq
Mar 19th 2009, 07:01 PM
:cry::cry::cry::pray::pray::pray::pray::pray:

SA Topsites