Trudie Myburgh
Apr 2nd 2009, 09:34 AM
God het die vrede gebring
Hy het die donker gat gevul
Hy het aan my Sy liefde getoon
Hy het my krag gegee.
Al die gesoek, die blinde gestaar na niks -alles vergeefs.
Die hand was altyd daar, uitgestrek, gereed om uit te lig.
Die donker het vergaan, Sy lig daarin geblaas.
Die warmte van die lig wat elke pyn en seer wegbrand het ook my hart verlig en 'n sagte warmte daarin geplaas.
Hy is Wonderbaar, Onwankelbaar!
Aan Hom al die eer, aan Hom al die lof
want hy is my God!
Ons God is nie 'n aannemer van persoon nie, as Hy dit vir my kon doen, kan Hy dit ook vir jou doen.